Hierdie musiekspel bevat nuutgeskrewe sowel as 300-jaaroue melodieë, vervleg met verse oor die wêreld van die Kaapse Maleiers geskryf deur I.D. du Plessis.
Sleutelwoord Argiewe:Suidoosterfees
#suidoosterfees Cape Town Crooners
Hierdie briljante groep Kaapse musikante sal jou wegvoer na die sjarmante wêreld van die rokerige Jazz-klubs van die 50er en 60er jare, soos jy dit slegs in Distrik Ses kon vind.
#suidoosterfees Joanie Galant-hulle
Adam Small se toneelstuk is ‘n storie wat ons terug neem na die gedwonge verskuiwings wat tydens die Apartheid-era plaasgevind het.
#suidoosterfees Nommerpas Twee
Nommerpas Twee is ‘n vermenging van sketskomedie en skerpskerts.
#suidoosterfees Kalahari Swaan
Die stuk wat geïnspireër is deur Tsjaikowski se Swanemeer volg die Prins se stryd om vryheid. As tematiese ruggraat fokus die storie op ‘n jong mynwerker se droom vir ‘n beter lewe vir hom, sy ouma en sy gestremde suster.
#suidoosterfees Herinnering aan Distrik Ses
As jy iets van die ou Distrik Ses beleef het, sal die indrukke van die oorvol strate met gillende, laggende kinders, die gemoedelikheid van mense wat praatjies op straathoeke maak, wapperende wasgoed, visverkope op die sypaadjies met groente- en vrugtestalletjies jou altyd bybly.
#suidoosterfees ATKV-koorgala / Afsluitingskonsert
Hierdie spesiale aanbieding is ‘n hoogtepunt op die Suidoosterfees se program.
#suidoosterfees Hunkering na die Ses – ‘n musikale reis
Hunkering na die Ses – ‘n Musikale Reis is ‘n produksie vir stem en klavier wat uitgevoer word deur die talentvolle sopraan Lynelle Kenned en die veelsydige bariton Clint Lesch.
#suidoosterfees Distrik Ses Klassique
Van operasangers tot balletdansers kom uit die strate van Distrik Ses. Meeste van hulle was lede van die Eoan Groep wat kuns in Distrik Ses aan die gang gehou het.
#suidoosterfees Operapraatjie: La Bohème in District Six
Christine Crouse is waarskynlik een van Suid-Afrika se mees gesogte opera regisseurs.
