Fiëstas: En die wenner is …

Die wenners van vanjaar se Fiëstas is Donderdagaand by ’n glansgeleentheid by die Staatsteater in Pretoria bekend gemaak.


Beste akteur
Stian BamIn Glas (KKNK)

Beste aktrise
Tinarie van Wyk LootsHemelruim en In Glas (Aardklop en KKNK)

Beste manlike byspeler
Dean SmithDie Dag is Bros (Innibos)

Beste vroulike byspeler
Greta PietersenSon. Maan. Sterre. (Woordfees)

Beste regie
Nicola HanekomIn Glas (KKNK)

Beste teaterontwerp
Nico ScheepersAmper, Vrystaat en Die Dag is Bros (Vrystaat en Innibos)

Beste prestasie in ‘n musiekgedrewe produksie
Amanda StrydomAmanda Strydom: Die Hele Boksemdaais (KKNK)

Beste spel in ‘n solo-vertoning
Marlo MinnaarSanta Gamka (KKNK)

Beste nuutgeskepte Afrikaanse produksie
Nicola Hanekom – In Glas (KKNK)

Beste prestasie in klassieke musiek
US-koor onder leiding van André van der Merwe – US-koor (Woordfees)

Beste prestasie in visuele kuns
Nathani LuneburgAs die Vlooie Byt in La La Land (KKNK)

Beste musiekgedrewe produksie
Al Lê die Berge Nog So Blou (KKNK)

Beste aanbieding
In Glas (KKNK)

Blou Stoel-toekenning
Askoop (KKNK)

Gewildste fees
Innibos

Lida Botha (teater), Ronnie Samaai (musiek) en Pieter Fourie (woordkuns) is tydens die toekennings vir hulle lewensbydrae vereer.

Al die benoemdes van vanjaar se Fiëstas is Donderdagoggend by die Fiëstas-ontbyt vereer en het elk ‘n kunswerk van Sandra Hanekom ontvang. Hanekom, self benoem in die kategorie beste prestasie in visuele kuns, het in ‘n toespraak gesê dat sy deur die muse geïnspireer is.

“Dis ‘n groot voorreg om ‘n kunswerk te kon skep vir my mede-kunstenaars. Mag die muse altyd aanhou in julle ore fluister en vir julle nuwe werk bring, want dit is waaroor die kunste gaan,” het sy gesê.

Die kunswerk is in grafiet en kleurpotlood gedoen en volgens Hanekom is die gedagte agter die stuk om elke fees simbolies as ‘n muse te versinnebeeld. Heel voor en sentraal met haar volstruiskop-staf, is die KKNK. Links agter met haar oor teen die grond is Aardklop en regs tussen die takke is Innibos. Links agter fluister die Woordfees in ‘n godin se oor en in die agtergrond dans Oppikoppi se muse op ‘n heuwelkruin. Die Suidoosterfees word simbolies as ‘n wolk met kykende oë uitgebeeld en die Vrystaat-fees is die roos op die voorgrond.

Karen Meiring, M-Net se Hoof van Afrikaanse kanale, het gesê die nominante-ontbyt is om vir elkeen van die benoemdes erkenning te gee.

“Dit is ‘n cliché,” het sy gesê, “maar julle is almal wenners. Soms is die stempersentasie op ‘n naaldpunt en kan dit enige kant toe gaan. Vandag en vanaand is dus ‘n viering van julle almal.”

Die onderskeie feeste het ook erkenning gekry. Die KKNK is as gewildste fees benoem en was die voorloper met 20 benoemings. Die Woordfees is ook as gewildste fees benoem en het 18 benoemings gekry. Aardklop en Innibos is beide as gewildste fees benoem en het elk ses benoemings gehad. Oppikoppi is as gewildste fees benoem en die Vrystaat-fees en Suidoosterfees het elk vyf benoemings gekry.

Dit is vanjaar die sesde jaar wat die Fiëstas aangebied is. Die Fiëstas vereer die beste van die beste op die grootste kunstefeeste in Suid-Afrika. Die glansgeleentheid is regstreeks op kykNET uitgesaai.

Fiëstas
Fiëstas

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar