Wenke D

D

Wenke A | Wenke B | Wenke C | Wenke D | Wenke E | Wenke F | Wenke G | Wenke H | Wenke I | Wenke J | Wenke K | Wenke L | Wenke M | Wenke N | Wenke O | Wenke P | Wenke R | Wenke S | Wenke T | Wenke V | Wenke W

Dakwaaier
‘n Dakwaaier kan ook handig wees in die winter. Laat die waaier teen ‘n baie stadige spoed kloksgewys draai. Dit hersirkuleer die warm lug wat opstyg en hou so die vertrek warmer.

Dasse

Maak dasse self skoon met bensien.
Plaas die dasse in ‘n fles, voeg genoeg bensien by, skroef die
deksel op en skud goed. Haal die dasse uit en hang op om uit te droog.

Deodorant

Verwyder die deodorant vlekke uit jou klere deur dit met wit asyn op te vryf voor jy dit was.

Dieet

Indien jy ‘n dieet volg, gebruik laevet mayonnaise of slaairoom pleks van botter op jou toebroodjies. Dit het minder kilojoules en smaak heerlik.

Dieselvlekke

Peet Cloete: “Om motorolie, diesel, parafien of ghriesvlekke of -kolle (enige oliekolle of vetkolle) sonder veel moeite uit kledingstukke te kry, week die kolle / merke / vlekke in gewone Detol vir so ‘n halfuur en was daarna met die hand en sunlight seep – kos nie eens baie vryf nie. Die laat jou wit klere mooi wit en gekleurde items se kleure sal nie verdof of uitbleik nie. Dit beskadig ook nie die materiaal nie en jou klere ruik daarna ook vars en skoon. Dit werk, glo my.”

Dose

Skryf of plak ‘n datum op alle dose waarin jy dinge wegpak. Gooi dit weg indien jy nie die doos binne ‘n jaar oopmaak nie.

DVD

Asyn kan help vir ‘n DVD wat nie meer lekker speel nie. Vee die DVD af met asyn deur ‘n sagte lappie te gebruik. Sorg dat die DVD droog is voor jy dit probeer speel.

Wenke A | Wenke B | Wenke C | Wenke D | Wenke E | Wenke F | Wenke G | Wenke H | Wenke I | Wenke J | Wenke K | Wenke L | Wenke M | Wenke N | Wenke O | Wenke P | Wenke R | Wenke S | Wenke T | Wenke V | Wenke W

Lewer kommentaar

Leave a Reply