// Wenke D


D

Wenke A | Wenke B | Wenke C | Wenke D | Wenke E | Wenke F | Wenke G | Wenke H | Wenke I | Wenke J | Wenke K | Wenke L | Wenke M | Wenke N | Wenke O | Wenke P | Wenke R | Wenke S | Wenke T | Wenke V | Wenke W

Dakwaaier
* ‘n Dakwaaier kan ook handig wees in die winter. Laat die waaier teen ‘n baie stadige spoed kloksgewys draai. Dit hersirkuleer die warm lug wat opstyg en hou so die vertrek warmer.

Dasse

* Maak dasse self skoon met bensien.
Plaas die dasse in ‘n fles, voeg genoeg bensien by, skroef die
deksel op en skud goed. Haal die dasse uit en hang op om uit te droog.

Deeg

* Plaas ‘n stukkie plastiek oor deeg wat moet rys. Dit voorkom dat ´nm harde lagie vorm.

Dieet

* Indien jy ‘n dieet volg, gebruik laevet mayonnaise of slaairoom pleks van botter op jou toebroodjies. Dit het minder kilojoules en smaak heerlik.

Dieselvlekke

* Peet Cloete: “Om motorolie, diesel, parafien of ghriesvlekke of -kolle (enige oliekolle of vetkolle) sonder veel moeite uit kledingstukke te kry, week die kolle / merke / vlekke in gewone Detol vir so ‘n halfuur en was daarna met die hand en sunlight seep – kos nie eens baie vryf nie. Die laat jou wit klere mooi wit en gekleurde items se kleure sal nie verdof of uitbleik nie. Dit beskadig ook nie die materiaal nie en jou klere ruik daarna ook vars en skoon. Dit werk, glo my.”

Druiwe

* Om druiwe te skil – doop dit vir 2 minute in kookwater en dan in koue water.

Share and Enjoy:
  • del.icio.us
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • Ping.fm
  • RSS
  • Digg
  • FriendFeed
  • Google Buzz
  • Live
  • MySpace
  • Twitter

Switch to our mobile site