Wenke G

G

Wenke A | Wenke B | Wenke C | Wenke D | Wenke E | Wenke F | Wenke G | Wenke H | Wenke I | Wenke J | Wenke K | Wenke L | Wenke M | Wenke N | Wenke O | Wenke P | Wenke R | Wenke S | Wenke T | Wenke V | Wenke W

Ghries

Peet Cloete: “Om motorolie, diesel, parafien of ghriesvlekke of -kolle (enige oliekolle of vetkolle) sonder veel moeite uit kledingstukke te kry, week die kolle / merke / vlekke in gewone Detol vir so ‘n halfuur en was daarna met die hand en sunlight seep – kos nie eens baie vryf nie. Die laat jou wit klere mooi wit en gekleurde items se kleure sal nie verdof of uitbleik nie. Dit beskadig ook nie die materiaal nie en jou klere ruik daarna ook vars en skoon. Dit werk, glo my.”

Glas

Gebruik asyn om glas skoon te maak.

♦♦♦

Verwyder krapmerke op glas deur dit met tandepasta te borsel.

Gloeilamp

Smeer kasterolie aan gloeilamp en vryf blink met ´n sagte lap. Dit verhoed dat vlieë hul merke maak.

Gom

Om gom (van plakkers ens.) van vensters, borde, tafels en meeste ander plekke te verwyder smeer jy botter oor die gommerige area en los vir ‘n dag. Môre kan jy dit afvee met ‘n sneesdoekie of lappie.

♦♦♦

Om die gom van plakkers van
bottels, glas of ander oppervlaktes te verwyder kan jy grondboontjiebotter
opsit. Herhaal indien nodig.

Gordyne

Voeg asyn by die uitspoelwater van gordyne. Dit sal verhinder dat stof maklik aan gordyne vaskleef.

Goue juwele

Maak goue juwele skoon sodat hulle lyk soos nuut! Meng Savlon met water in verhouding 2:1. Laat juwele in oplossing lê vir 10 tot 20 minute. Borsel liggies met ou tandeborsel OF spoel eenvoudig af met vars water en droog af met ‘n sagte lap!

Grasmerke op klere

Gebruik enige insekdodder. Spuit op kol los ´n ruk en was soos gewoonlik.

Groen merke

Indien die wit rugbybroekies groen merke op kry van die gras wanneer daar gespeel word. Spuit “windolene” daarop en vryf die broekie. Was dan soos gewoonlik en die groen merke sal weg wees.

Wenke A | Wenke B | Wenke C | Wenke D | Wenke E | Wenke F | Wenke G | Wenke H | Wenke I | Wenke J | Wenke K | Wenke L | Wenke M | Wenke N | Wenke O | Wenke P | Wenke R | Wenke S | Wenke T | Wenke V | Wenke W

Lewer kommentaar

Leave a Reply