Wenke P

P

Wenke A | Wenke B | Wenke C | Wenke D | Wenke E | Wenke F | Wenke G | Wenke H | Wenke I | Wenke J | Wenke K | Wenke L | Wenke M | Wenke N | Wenke O | Wenke P | Wenke R | Wenke S | Wenke T | Wenke V | Wenke W

Parafien

Peet Cloete: “Om motorolie, diesel, parafien of ghriesvlekke of -kolle (enige oliekolle of vetkolle) sonder veel moeite uit kledingstukke te kry, week die kolle / merke / vlekke in gewone Detol vir so ‘n halfuur en was daarna met die hand en sunlight seep – kos nie eens baie vryf nie. Die laat jou wit klere mooi wit en gekleurde items se kleure sal nie verdof of uitbleik nie. Dit beskadig ook nie die materiaal nie en jou klere ruik daarna ook vars en skoon. Dit werk, glo my.”

Piesang

Jy kan jou skoene politoer met piesangskil.

Piouter

Meng 5 ml sout met ‘n koppie asyn en roer dan meel by tot dit ‘n pasta vorm. Smeer die pasta aan die piouter en laat vir 15 minute staan. Spoel af met warm water en vryf droog.

Portret

‘n Stukkie wondergom aan die onderkant van ‘n portretraam voorkom dat dit
gedurig skeef hang.

Wenke A | Wenke B | Wenke C | Wenke D | Wenke E | Wenke F | Wenke G | Wenke H | Wenke I | Wenke J | Wenke K | Wenke L | Wenke M | Wenke N | Wenke O | Wenke P | Wenke R | Wenke S | Wenke T | Wenke V | Wenke W

Lewer kommentaar

Leave a Reply