Kieslys

Close


*/

W

Wenke A | Wenke B | Wenke C | Wenke D | Wenke E | Wenke F | Wenke G | Wenke H | Wenke I | Wenke J | Wenke K | Wenke L | Wenke M | Wenke N | Wenke O | Wenke P | Wenke R | Wenke S | Wenke T | Wenke V | Wenke W

Was

Raak ontslae van kerswas op klere deur ‘n bruin papiersak daarop te sit en dit met ‘n warm strykyster te stryk.

Wasgoedversagmiddel

Gooi ‘n ½ koppie suurlemoensap in die laaste spoelsiklus van jou wit wasgoed. Dit hou jou wit klere mooi wit.

♦♦♦

Gebruik asyn as ‘n wasgoedversagmiddel. Die klere ruik nie daarna nie, dit maak die wasgoed sag en dit breek die waspoeier in so ‘n mate af dat dit nie persone met allergieë irriteer nie.

♦♦♦

Gooi ‘n koppie witasyn in die laaste spoelsiklus van jou wit wasgoed. Dit verwyder die seep meer deeglik.

Wasmasjien

Wanneer jy jou wasmasjen skoonmaak moet jy die waspoeierbakkie uithaal (indien moontlik) en in warm water laat week. Borsel die hoekies met ‘n tandeborsel.

♦♦♦

Maak jou wasmasjien skoon deur dit ‘n wassiklus te laat doen sonder wasgoed en waspoeier met net warm water en 750 ml asyn.

Watervlek

Gebruik ‘n mengsel van peroksied en Engelse sout vir watervlekke in ‘n emaljebad.

Wit

Hou jou wit klere wit deur dit in 5 liter water en 1 koppie asyn te week.

♦♦♦

Om wit handsakke of skoene skoon te maak vryf jy hulle met ´n lap gedoop in Dettol.

Wol

1 teelepel olyfolie by wit wolgoed laat dit mooi spierwit bly.

Wondergom

Wanneer jy iets op ‘n muur plak met wondergom maak dit soms ‘n vetkol. Plak eers kleeflint waar jy die wondergom gaan plak. Dit verhoed die kolle.

Wyn

Verdun ‘n rooiwynvlek dadelik met witwyn en was.

♦♦♦

Strooi dadelik sout op die rooiwynvlek en was.

Wynsteensuur

Net ‘n wenk vir diegene wat in Brittanje bly en nie wynsteensuur by ‘n supermark op die rak kry nie – probeer apteke!

Wenke A | Wenke B | Wenke C | Wenke D | Wenke E | Wenke F | Wenke G | Wenke H | Wenke I | Wenke J | Wenke K | Wenke L | Wenke M | Wenke N | Wenke O | Wenke P | Wenke R | Wenke S | Wenke T | Wenke V | Wenke W

Advertensie

Instagram

Volg ons op Instagram

Gewilde onderwerpe

Gereeld gelees

11 Julie 2010
Aardig
Verklarende Afrikaanse Woordeboek
Die Verklarende Afrikaanse Woordeboek (waarvan die eerste uitgawe reeds 70 jaar gelede verskyn het) is die handwoordeboek waarin die grootste versameling trefwoorde in Afrikaans verklaar word.
08 November 2012
Aardig
Kort grappe
Jou ma is so kort, mens ...
27 November 2010
Aardig
Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte
Die vierde, uitgebreide uitgawe van Die Mooiste Afrikaanse Liefdesgedigte is nou chronologies georden, sodat lesers kan sien hoe die Afrikaanse liefdesgedig oor die afgelope eeu ontwikkel het.
24 Mei 2012
Aardig
Kort grappies
Wat is die verskil tussen ’n voël en 'n vlieg?
15 November 2005
Aardig
Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom
Op elke nuwe blaadjie wat omgeslaan word, is daar vir nuuskierige agies interessante brokkies en stories oor hoe van Afrikaans se bekendste en minder bekende uitdrukkings ontstaan het.

Onlangse kommentaar

Zenzi Makeba Lee & Amanda Tiffin | Roekeloos
2018-05-31 13:32:27
[…] meer inligting oor Zenzi Makeba Lee Zenzi Makeba Lee & Amanda Tiffin Genre: Jazz Taal...
Stoffel: die beste stories | Roekeloos
2018-05-30 14:35:38
[…] (2004), Stoffel se veldnotas (2007), Stoffel in Afrika (2010), Stoffel op safari (2012) en...
Anja Louw
2018-05-29 16:54:12
Ek wil net graag weet wat het jou geinspireer om hierdie gedigte te skryf?...

Advertensie

Hou jy van ons hulpbronne? Oorweeg asseblief 'n donasie in Bitcoin: 179nZqSyFmYPcvu4ZU733PgXBKUYXcy9DD | Ons toets tans ’n kode om wiskundige probleme op te los met behulp van gebruikers se blaaiers; om nie afhanklik te wees van advertensies nie.