// Wenke H


H

Wenke A | Wenke B | Wenke C | Wenke D | Wenke E | Wenke F | Wenke G | Wenke H | Wenke I | Wenke J | Wenke K | Wenke L | Wenke M | Wenke N | Wenke O | Wenke P | Wenke R | Wenke S | Wenke T | Wenke V | Wenke W

Haarsorg

Meng bergamond-essens met shampoo. Was hare soos gewoonlik. Onthou om bottel goed te skud voor gebruik.

Kougom in hare kan met grondboontjiebotter gesmeer word wat dit sal sag maak en maklik laat uitkom.

Gousblomme wat in kookwater laat trek is is ‘n uitstekende spoelmiddel vir blonde hare.

Hout

Waterringe van nat glase op houtmeubels kan verwyder word met ’n mengsel van gelyke dele wit asyn en olyfolie. Vryf saam met die grein van die hout.

Was houtwerk met ’n mengsel van 250 mℓ ammoniak, 125 mℓ wit asyn, 60 mℓ koeksoda en 4 liter warm water. Spons die mengsel or die oppervlaktes en spoel af met skoon, koue water.

Vernisde hout kan met koue tee skoongemaak word.

Koop jou braai- en kaggelhout in die somer, terwyl dit nog goedkoop is. Houtpryse styg in die winter.

Share and Enjoy:
  • del.icio.us
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • Ping.fm
  • RSS
  • Digg
  • FriendFeed
  • Google Buzz
  • Live
  • MySpace
  • Twitter

Switch to our mobile site