Wenke R

R

Wenke A | Wenke B | Wenke C | Wenke D | Wenke E | Wenke F | Wenke G | Wenke H | Wenke I | Wenke J | Wenke K | Wenke L | Wenke M | Wenke N | Wenke O | Wenke P | Wenke R | Wenke S | Wenke T | Wenke V | Wenke W

Rekenaar

Koop eerder skootrekenaars, hulle gebruik veel minder energie as lessenaarmodelle.

Gebruik die stukkies plastiek waarmee jou brood toegemaak word om jou rekenaarkabels mee te merk.

Rekkies

Rekkies hou langer as hulle gevries word.

Reuke

Cathy Jordaan: Die karreukverfrissers is so duur en moet so te se weekliks hernu word. Een goedkoop en langduring wenk is om die plastiese hervulende sakkies Sta Soft onder die kar se sitplek te los. Die kar ruik dan lank vars.

Evert Minnaar skryf “Ek hoop julle kan my help. Ek het my meubels gestoor vir geruime tyd. Doelloos om te sê, het muise daar nes geskop, en my bank hul `sandbak` gemaak. Hoe kan ek die reuk nou uitkry ? Ek het die stel al laat was, suig en alles probeer wat ek ken, maar die reuke bly. Wat kan ek doen? Waarmee kan my meubels behandel?”
Suze: Jy sê nie waarvan die bank se sitplekke gemaak is nie. Indien daar hout is wat uitsteek kan jy dit afvee met ‘n skoonmaakmiddel wat suurlemoen bevat. Dit sal dalk uiteindelik nodig wees om die hout weer af te skuur en weer te vernis of olie.
Muispiepie is nie vir sussies nie. Die beste raad is om die professionele ouens in te roep.

Ringmerke

Ringmerke op meubels kan verwyder word met ‘n mengsel van ‘n paar druppels roulynolie en sigaret-as. Smeer aan met ‘n pluimpie watte en poleer daarna met ‘n sagte doek.

Ritsluiter

Ritsluiters wat vashaak kan met kerswas gevryf word.

Roes

Geroeste artikels kan in Coke laat lê word vir ‘n paar minute om die roes te verwyder.

Klein geroeste artikels kan ´n paar dae in asyn gelê word om die roes te verwyder.

Gebruik ´n mengsel van peroksied en Engelse sout vir roes aan ´n emaljebad.

Gebruik gelyke hoeveelhede sout en kremetart om roes te verwyder.

‘n Paar stukkies bordkryt in jou gereedskapkas absobeer vog en help roes teëlwerk.

‘n Mengsel van lemoensap en sout sal roes uit linne haal.

Wynsteensuur aangemaak met water sal roes uit linne haal.

Cathy Jordaan: “Vir roesaanpaksels op messe, skêre, gereedskap ens, druk dit eenvoudig binne in ‘n heel ui in. Los vir 24 uur. Haal uit en vryf die roes af.”

Rook

Plaas ‘n bakkie asyn in ‘n vertrek waar baie gerook word.

Roos

Rose hou langer in ´n mengsel van 1 liter koue water, 1 eetlepel asyn, een eetlepel Jik en ysblokkies.

Rotangstoele

Maak rotangstoele skoon met ´n mengsel van seep, warm water en spiritus.

Rubberhandskoen

Trek ‘n rubberhandskoen aan om ‘n skroefdop makliker oop te draai.

Ruite

Mara Reynecke: “Verwyder aanpaksels teen ruite agv boorgatwater vinnig en maklik as volg:
Gebruik soutsuur wat in bottel is. Maak ‘n lap nat en droog uit, hou lap styf teen bottel en giet klein bietjie soutsuur daarop en vee aanpaksels van ruit af. Onthou om handskoene te gebruik. Was ruite daarna soos normaalweg.”

Wenke A | Wenke B | Wenke C | Wenke D | Wenke E | Wenke F | Wenke G | Wenke H | Wenke I | Wenke J | Wenke K | Wenke L | Wenke M | Wenke N | Wenke O | Wenke P | Wenke R | Wenke S | Wenke T | Wenke V | Wenke W

Lewer kommentaar

Leave a Reply