Kieslys

Close


*/

V

Wenke A | Wenke B | Wenke C | Wenke D | Wenke E | Wenke F | Wenke G | Wenke H | Wenke I | Wenke J | Wenke K | Wenke L | Wenke M | Wenke N | Wenke O | Wenke P | Wenke R | Wenke S | Wenke T | Wenke V | Wenke W

Vensters

Gebruik ou T-hemde om ruite mee skoon te maak. Die materiaal vorm nie wolletjies nie.

♦♦♦

Voeg twee eetlepels asyn by die water vir silwerskoon vensters. Vir vensters sonder enige strepe, venster wat glinsters, gebruik helfte water, helfte wit asyn. Droog die vensters af met ‘n sagte doek.

♦♦♦

Ou koerantpapier is uitstekend om vensters mee blink te poleer.

♦♦♦

Gebruik vertikale hale wanneer jy jou vensters aan die buitekant was en horisontale hale binne. So kan jy sien watter kant strepe maak.

♦♦♦

Moet nie jou vensters op ‘n sonnige dag was nie. Dit maak dan makliker strepe. (Maria)

Verf

Vanieljegeursel in ´n piering verwyder die sterk verfreuk in ´n pasgeverfde vertrek.

♦♦♦

Verwyder verf van jou vel met vloerpolitoer (die blikkies). Werk soos ‘n bom en droog glad nie jou vel uit soos terpentyn nie.

♦♦♦

Om verf uit matte uit te kry, spuit Doom daarop en skrop met ‘n harde borsel.

♦♦♦

Verminder die sterk reuk van verf deur 20 ml vanillaekstrak by 2 liter verf te meng.

♦♦♦

Verwyder verf op vensters met asyn.

Verfkwas

‘n Verfkwas met harde hare kan ½ uur lank geprut word in kokende asyn en agterna gewas word met skottelgoedwasmiddel.

Verfpan

Voer jou verfpan vooraf uit met kleefplastiek. As jy die plastiek uithaal is jou bak skoon.

Vetkolle

Gooi babapoeier op vetkolle in kledingstukke voor jy dit was.

♦♦♦

Vryf gewone margerine op vetkolle, los ‘n rukkie en was in warm seepwater.

♦♦♦

Sit bruinpapier oor die vetkol en stryk.

♦♦♦

Peet Cloete: “Om motorolie, diesel, parafien of ghriesvlekke of -kolle (enige oliekolle of vetkolle) sonder veel moeite uit kledingstukke te kry, week die kolle / merke / vlekke in gewone Detol vir so ‘n halfuur en was daarna met die hand en sunlight seep – kos nie eens baie vryf nie. Die laat jou wit klere mooi wit en gekleurde items se kleure sal nie verdof of uitbleik nie. Dit beskadig ook nie die materiaal nie en jou klere ruik daarna ook vars en skoon. Dit werk, glo my.”

Viltpenmerk

Gebruik naellakverwyderaar om viltpenmerke van jou vel te verwyder.

Vismotte

Sit gedroogde lemoenskil in plastieksakkies met gate in jou kaste om vismotte te verdryf. Dit gee ook ‘n lekker lemoenreuk aan jou klere.

♦♦♦

Verdryf vismotte deur lourierblare (vars of gedroog) in jou laaie of boekrak te plaas.

♦♦♦

Fyngedrukte kruinaeltjies en laventel beskerm boeke en klere teen vismotte.

Vlekke

Week die vlek in ‘n eetlepel sout en een koppie water en was.

♦♦♦

Vlugsout haal vetvlekke uit.

♦♦♦

Vryf olie- en vetvlekke op klere met bensien. Was dan soos gewoonlik en hang op om droog te word. Sit tussen twee stukke kladpapier en stryk.

♦♦♦

Verwyder vetkolle op leer met die wit van ‘n eier.

♦♦♦

Strooi dadelik sout oor ink wat op wit materiaal gemors is vryf met ‘n suurlemoen daaroor. Spoel die materiaal dan dadelik af en was soos gewoonlik.

♦♦♦

Waar ink op ‘n tapyt gemors het trek jy dit dadelik op met kladpapier, vryf die kol met ‘n lap wat in gekookte melk gedoop is en vryf daarna met ‘n droë lap.

♦♦♦

Sodra jy omring word deur dansende mense is dit maklik om rooiwyn op jou klere te kry …
Gooi dadelik sout op die vlek of gooi witwyn oor die vlek.

♦♦♦

Doom haal oliekolle uit klere uit.

♦♦♦

Gebruik Sunlight Liquid (met suurlemoensap) opwasmiddel vir skottelgoed. Jou tafeldoek of kledingstuk moet droog wees. Spuit dit op, was en vryf dit met baie warmwater, so warm as wat jou hande dit kan hou, as die kolle baie erg is, spuit nog sunlight liquid op en vryf nog, was dan normaalweg saam met ander wasgoed.

♦♦♦

Peet Cloete: “Om motorolie, diesel, parafien of ghriesvlekke of -kolle (enige oliekolle of vetkolle) sonder veel moeite uit kledingstukke te kry, week die kolle / merke / vlekke in gewone Detol vir so ‘n halfuur en was daarna met die hand en sunlight seep – kos nie eens baie vryf nie. Die laat jou wit klere mooi wit en gekleurde items se kleure sal nie verdof of uitbleik nie. Dit beskadig ook nie die materiaal nie en jou klere ruik daarna ook vars en skoon. Dit werk, glo my.”

Vlieë

Basiliekruid op die vensterbank in die kombuis sal die vlieë uit die kombuis hou.

♦♦♦

Neem houertjies en gooi asyn daarin, hoe sterker die asyn hoe beter (met ander woorde die persentasie asyn wat op die bottle staan). Plaas dit nou oral rond. In die somermaande plaas ek ‘n bakkie voor die waaier en dit vul die vertrek totaal. Dit verfris die vertrek en hou muskiete weg.

Vloere

Jy kan asyn gebruik op vloere wat jy nie mag politoer nie. Gooi ’n halwe koppie witasyn by die warm water waarmee jy die vloer was.

Vlooie

Kneus vars kakiebos en strooi dit in die huis rond. Die skerp reuk verdryf al wat ‘n vlooi is. Herhaal oor ‘n week indien nodig.

♦♦♦

Strooi Karbadust op die matte vir vlooie en laat dit vir ‘n ruk voordat die matte gesuig word. Dit is veilig om ook die troeteldiere daarmee te poeier.

♦♦♦

Strooi sout op die matte vir vlooie en laat dit oornag. Stofsuig die matte dan goed.

Vrugtevlekke

Vrugtevlekke moet net met kookwater afgespoel word en dan moet die materiaal in die son drooggemaak word.

Vuil kraag

Maak ‘n pasta van asyn en koeksoda en vryf dit aan die kraag.

Vullisblik

Spuit ‘n mengsel van Jeyes Fluid en water op jou vullisdrom om te sorg dat diere dit uitlos.

♦♦♦

Spaar geld met vullissakke deur plastiek winkelsakke te gebruik. Maak hulle aan jou asblik vas met wasgoedpennetjies.

Vuuraanstekers

“Ek het so n rukkie terug ‘n histerektomie gehad en het nou ‘n vooraad ongebruikte doekies, wat ek natuurlik nooit weer sal gebruik nie. Ek het geen koerantpapier of blitz gehad nie en toe dink ek aan die doekies. 4 is genoeg om dieselfde doel as blitz te dien. Werk soos ‘n bom.”

♦♦♦

Vir maklike, bekostigbare en doeltreffende vuuraanstekers, gebruik ou gebruikte teesakkies. Laat dit droog en doop dit in parafien. Neem dit uit en laat droog. Gebruik dan vir vuuraanstekers. Dit werk wonderlik.

Wenke A | Wenke B | Wenke C | Wenke D | Wenke E | Wenke F | Wenke G | Wenke H | Wenke I | Wenke J | Wenke K | Wenke L | Wenke M | Wenke N | Wenke O | Wenke P | Wenke R | Wenke S | Wenke T | Wenke V | Wenke W

Advertensie

Instagram

Volg ons op Instagram

Gewilde onderwerpe

Gereeld gelees

11 Julie 2010
Aardig
Verklarende Afrikaanse Woordeboek
Die Verklarende Afrikaanse Woordeboek (waarvan die eerste uitgawe reeds 70 jaar gelede verskyn het) is die handwoordeboek waarin die grootste versameling trefwoorde in Afrikaans verklaar word.
08 November 2012
Aardig
Kort grappe
Jou ma is so kort, mens ...
27 November 2010
Aardig
Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte
Die vierde, uitgebreide uitgawe van Die Mooiste Afrikaanse Liefdesgedigte is nou chronologies georden, sodat lesers kan sien hoe die Afrikaanse liefdesgedig oor die afgelope eeu ontwikkel het.
24 Mei 2012
Aardig
Kort grappies
Wat is die verskil tussen ’n voël en 'n vlieg?
15 November 2005
Aardig
Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom
Op elke nuwe blaadjie wat omgeslaan word, is daar vir nuuskierige agies interessante brokkies en stories oor hoe van Afrikaans se bekendste en minder bekende uitdrukkings ontstaan het.

Onlangse kommentaar

Roekeloos
2018-01-15 09:15:59
Julle moet die onderskeie fees-organiseerders en/of kunstenaars direk kontak....
Annatjie Smit
2018-01-13 05:19:03
Goeie more. Met wie kan ek kontak maak vir optredes van kunstenaars asseblief. E-mail annatjiesmit1...
Roekeloos
2018-01-10 13:57:45
Miskien is daar 'n antwoord by sy Facebook-blad: https://www.facebook.com/sakka.stone...

Advertensie

Hou jy van ons hulpbronne? Oorweeg asseblief 'n donasie in Bitcoin: 179nZqSyFmYPcvu4ZU733PgXBKUYXcy9DD | Ons toets tans ’n kode om wiskundige probleme op te los met behulp van gebruikers se blaaiers; om nie afhanklik te wees van advertensies nie.