Seun van die wildtemmer

Twintig jaar nadat die wildboer Kobus le Grange sy plaas verlaat het waar sy vrou, Jenny, dood is nadat sy deur ’n leeu aangeval is, keer sy seun, Rupert, terug saam met ou Tientong, ’n plaaswerker. Hy wil die vervalle plaas weer regruk, maar nes sy pa jare tevore het hy sonde met die bure en raak hy verlief op een van hul dogters, Ankia. Om sake te vererger het Rupert ’n mededinger wie se jaloesie geen perke ken nie.

‘n Pawpaw vir my darling

‘n Greep uit die lewe van die Beeslaer-familie van Frik Du Preezstraat 24, Damnville, vanuit die perspektief van hul hond, Tsjaka – ‘n pavement special.

Jonathan Die Movie

Jonathan, ‘n dromer en wannabe-stand-up komediant in sy laat 20’s, woon steeds by sy ouers. Na nog ‘n mislukte oop-mikrofoon optrede word hy dronk en bots met sy pa se motor op pad huis toe. Dit is die laaste strooi vir sy liefdevolle maar keelvol ouers en sy pa skop hom uit die huis.