Hoe om op ’n date te gaan as jou Citi Golf nie kan reverse nie

Ek sou haar gaan oplaai in ‘n wit Citi Golf sonder ‘n reverse gear en sy sou ontsteld wees want “how can they expect you to drive in this thing?” en ek sou net OK wees daarmee want ek is nie Engels nie en die kar het ronde wiele en kan vorentoe ry.

Koringpiskriek – ’n ware verhaal

deur Francois Koegelenberg Despite their bulky appearance and scary-looking armature are like most insects, completely harmless. Eeue terug in ‘n uitspansel ver hiervandaan het ek en hierdie hawt as hell cherry die aand bietjie uitgegaan. In die Bos. In ‘n kuierplek met blowpipes en suckpipes en skemerkelkies en shooters en yskoue draughts en dodgy burgers. …

Pa Jan se ware storie

Daardie aand slaap ek in die Kalahari, Oos van Gobabis, op pad na die destydse Betsjoeanaland-grens (nou Botswana). Dis Juniemaand en bitter koud. Ek maak ‘n vuurtjie agter ‘n swarthaakbos, sleep my slaapsak nader en ontspan daar terwyl die koffiewater in die swart keteltjie kook. Skielik hoor ek iemand sê: “Kleinbaas kan ek maar na …