A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | R | S | T | U | V | W | Y
eenders
Alkant selfkant. (maak nie saak hoe dit kom nie) (It is six of the one and half a dozen of the other.)
’n Aardjie na sy/haar vaartjie. (Like father like son/daughter. / A chip off the old block.)
eensaam
Ek is so eensaam, as iemand by my inbreek plak ek sy gat aan die bed vas sodat hy nie wegkom nie.
(Elize Ehlers)
Die toppunt van eensaamheid is as jy jou ouma en oupa sien liefde maak en uitgelaat voel.
(Floors)
eer
Iets wat jy kan gee en nog steeds behou is jou woord.
eerlik
Reg deur see gaan. (To steer a straight course.)
eet
Brandewyn maak ook ‘n drol. (as mense sê jy moet eet by die braai)
Die inwendige mens versterk. (iets eet of drink) (To fortify the inner man.)
Etenstyd is die tyd wanneer ‘n kind nie wil eet nie.
Hy het ’n maag soos ’n volstruis. (kan alles verteer) (He has the stomach of an ostrich.)
Hy laat lê nie kos nie. (hy eet graag)
Jy kan vir Jan Raap en Skraap eet ou. (daar is genoeg vir almal om te eet)
Pa wat eet ons vanaand? Wel seun ek dink vannaand se menu is duiwemelk en spykers.
(ingestuur deur Johan de Klerk sêgoed van sy pa)
Sê groete aan die vrate. (sê dit vir iemand wat hou van eet)
So eet dat ’n kat nie met jou maag kan wegloop nie. (baie eet)
Solank as die lepel in die pappot staan. (solank daar iets is om te eet) (As long as there is something in the larder.)
eiebelang
Elkeen is homself die allernaaste. (eiebelang is die belangrikste) (Close is my shirt, but closer is my skin. / Everybody looks after number one.)
eiesoortig
Elke man soen sy vrou op sy eie manier. (Elkeen het sy eie manier van doen.) (Different strokes for different folks.)
Engels
’n Mak Engelsman. (verafrikaanste Engelsman)
ereksie
Ek is nou so styf jy kan met my kitaar speel.
(Floors)
erf
Gert Erf is Gert Swerf. (geld wat geërf is, word maklik uitgegee)
erger
Doller as kop-af kan dit nie. (dit kan nie erger as wat dit reeds is nie) (Worse it cannot be; in for a penny in for a pound.)
ervaring
Bietjie baard maar klipsteenhard. (geslepe en ervare)
Spieël jou aan hom. (laat sy geval ’n waarskuwing wees) (Take warning from him.)
Wie hom aan ’n ander spieël, spieël hom sag. (iemand wat uit die ongeluk van ander voordeel trek, word goedkoop slim) (It is cheap to lear at another’s cost.)
Stuur asseblief enige Afrikaanse spreekwoorde, gesegdes, uitdrukkings en ander sêgoed aan bydraes@roekeloos.co.za.
A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | R | S | T | U | V | W | Y
