Afrikaanse spreekwoorde en uitdrukkings – K

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | R | S | T | U | V | W | Y

kaal

Ons werk kaal-voorlyf. (as die mense van Kakamas en omgewing so sê bedoel hulle hul werk sonder ’n hemp)

kaartspeel

Die duiwel se briewe lees. (kaartspeel)

kak

Soms is die lewe soos ’n kakkerlak … meer k@k as luck!

kakebeen

Hy het ’n lang kakebeen soos ’n rewolwersak.
(Wian)

kalm

Hoe kalm moet ’n man wees? Soos ’n koei wat bul vat.
(Bothma Marx)

Hy’s so kalm jy kan in sy kosblik kak sonder dat hy worry.
(Faffa)

So kalm hy kan in sy broek skyt maar sal nie eers worry nie.
(ChrisC)

So kalm soos ’n daggawalm.
(ChrisC)

kans

Wat kom van kansvat? Pram stoot!
(Bothma Marx)

karakter

Dit lê nie in my aard nie. (nie volgens my natuur nie) (It is not in my nature.)

Te goed vir hierdie aarde. (Too good for this earth.)

kennis

Jy het nog nie die Kaap gesien nie. (jy weet nog niks nie)

kind

Die droëpram is al mooi groot. (droëpram = jongste van ’n klomp kinders)

Eers grootmense en dan langore. (kinders moet wag tot volwassenes klaar is)

Kinders vir wind en weer laat grootword. (jou nie bekommer oor die opvoeding van jou kinders nie)

Loop gee die hoenders kos! (as ’n kind volwasse geselskap moet verlaat)

Nog groenvoer op die land hê. (nog jong kinders hê)

Pa se pofmuis.
(Shaun)

kla

Kerm soos ’n kat oor ’n derm. (kla oor niks)

Sy hou van haar stembande om my ore rek. (sy hou van kla)

Toe maar, môre bak ma koekies. (sê dit vir kinders wat aanhou neul oor iets wat hulle wil hê)

klank

Dis asof die lank-rek van die laaste noot die kraai laat lekkerkry.

klap

Ek gaan jou klap dat jy lus kry vir niks.
(Gielie)

Ek klap jou laat jou hart bars.
(Rudolf Jonker)

Ek sal jou so hard klap dat jy soos ’n boesmantekening teen die muur sit.
(Hantam)

Ek sal jou so hard klap jou poephol sal ’n nul tjip op die teerpad.
(Braam)

Iemand met die vyf vingers van Moses gee. (To give somebody a smack.)

klas

Hy is soos ’n skool tydens vakansies – geen klas nie.

klein

Die berg het ’n muis gebaar. (iets groots verwag, maar iets klein het gebeur)

Die kamer is so klein, as jy jou mind wil change moet jy eers uitgaan.
(Milly)

Die kamer is so klein, ons verf sommer ons meubels op die muur.
(Marietjie Pretorius)

Die woonstel is so klein, jy moet die meubels teen die mure teken.
(Van Lill)

Dit is die klein botteltjies wat die groot gif het. (mense wat klein van persoon is het dikwels die meeste dryfkrag)

Hy’s klein, maar hy stink soos ’n grote.
(Sonika)

Jy is so klein jou check hemp het net een blokkie.
(Christopher Witbooi)

Jy is so klein, jy is kleiner as ’n halwe domino.
(Christopher Witbooi)

Sy is so klein, sy verdwaal in ’n telefoonhokkie.

Die dorp is so klein, daar is nie eens ’n PeP Stores nie.
(Quintus van Rensburg)

kleptomania

Die ding van kleptomania is, as jy dit het, kan jy altyd iets daarvoor neem.

klere

Al dra ’n aap ’n goue ring, hy is en bly ’n lelike ding. (mooi klere verander nie iemand se karakter nie) (An ass is but an ass though laden with gold. / Fine heathers don’t make fine birds.)

Iets sit of dit aangegiet is. (pas perfek) (Something fits like a glove.)

knie

Wonder waar was Jors en sy meisie gisteraand, sy het al weer kruipknietjies. (nerfaf knieë)

koffie

Die beeste het in die brand geloop. (daar is nie melk vir die koffie nie / swart koffie)

kompliment

Jy’s my hero as die skim se hond eendag vrek. (as iemand vir jou ’n guns bewys het)
(Yolandi Beukes)

kop

Hy’t ’n plat kop soos ’n petshop-slang.
(Narf)

Hy het ‘n klein koppie soos ‘n paartiefrikkadel.
(Gertjie & Milly)

Hy het ‘n klein koppie soos ‘n ver gooi kierie.
(Chris van Rooyen)

Hy’t ‘n skuins kop soos ‘n kwart pond kaas.
(Manus)

Hy het ‘n klein koppie soos ‘n lift knoppie.
(Nick Dreyer)

Jou kop is so lank, jou hoed het kruisbande nodig.
(Louwtjie)

Jy is baie atleties gebou, jou kop lyk soos ‘n diskus.

Klein koppie nes ‘n petshop slang.
(Chick)

My kop is so plat, ek moet deur my neusgate kyk om te sien wat rondom my aangaan.

‘n Klein koppie soos ‘n hotelsepie.
(Gypsey Ferreira)

Sy kop is so plat, daar is nie eens plek vir ‘n hoofpyn nie.

Vierkantige kop soos ‘n weeshuisbrood.
(Barkvallas)

korrigeer

Iemand wys waar Kain Abel vermoor het. (iemand op sy / haar plek sit)

kort

Haar rokkie is so kort, die paddatjie se beentjies hang uit.

Hy is ‘n ou stofpoeper.
(Flippie vanie vlaktes)

Hy’s so kort, as hy op die mat sit hang sy voetjies af.
(Karin)

Hy is so kort, hy weet nie of dit keelseer of aambeie is nie.
(Montaine)

Sy is so kort, sy kan ’n vlieër onder ’n mat vlieg.
(Hubertus)

kos

Wat nie doodmaak nie, maak vet. (wanneer jy iets onbekends of onaangenaams moet eet) (What does not kill, fattens.)

kosbaar

Dit is met geen geld te betaal nie. (It is worth its weight in gold; it is priceless.)

koud

Die ghnorrawindjie waai weer vanoggend. (dis is koud)

Hier kom nou weer baie loopneusdae meneer. (koue dae, uit Worcester se omgewing)

krag

Met geweld kan mens jou duim in jou hol afbreek. (met krag kan mens alles doen, maar soms is die gevolge sleg)

krisis

Die laaste strooi (wat die kameel se rug breek). (die ding wat ‘n krisis laat ontstaan) (The last straw (to break the camel’s back).)

Dit was nou die laaste haar van die kameel gewees.
(Elize Ehlers)

kry

Aan iets kom.

Agter iets wees. (iets probeer kry) (Be after something.)

Vir g’n geld of goeie woorde te kry nie. (onmoontlik om te kry)

kuier

Op iemand se agterdeur lê. (iemand te veel besoek) (Haunt someone’s doorstep.)

kul

Iemand om die tuin lei. (iemand kul) (To lead someone up the garden path.)

Iets aan iemand afsmeer. (op ’n oneerlike manier iets aan iemand verkoop) (Palm something off on someone.)

kultuur

Hulle probeer alweer Renoster se horing vir Seekoei opsit. (om kulturele verskille te ontken en dit op mekaar af te wil druk)
(Martin Grobler)

kundig

Oefening maak die meester. (mens leer deur oefening) (Use maketh mastery.)

kwaad

As die kos koud word, word die vrou warm. (die vrou word kwaad as die kos op die tafel koud word) (As the food grows cold the housewife becomes heated.)

Bobbejaanstuipe kry. (baie kwaad word)

Daar is slegte bloed tussen hulle. (daar is slegte gevoelens tussen hulle)

Die ou is so kwaad sy kuitspiere trek so styf dat sy toonnaels deur sy skoensole druk.
(Johan Lotter)

Dit sal my laat ystervarke vang. (kwaad maak)

Ek is nou so die bliksem in, ek soen sommer ’n slang oopbek.

Ek is nou so die moer in ek kan ’n bom kou.
(André)

Ek is nou so kwaad dat ek my poepelhare in ‘n Franse vlegsel kan vleg.
(Magda Landsberg)

Ek is nou so kwaad ek kan die hel doodpis!
(Billy Kamffer)

Ek is nou so kwaad ek kan my agterstewe met ’n pynappel afvee.
(Carol Coetzee)

Ek is nou so kwaad, jy kan met my sweis.
(Venessa Visser)

Ek is nou so kwaad soos ’n mak meerkat wat met ‘n laphoed gemoer is.
(Piet)

Ekke is nou so kwaad – ek kan ’n eier in drie sekondes in my hol kook.

Ek kon die vloer met my ooghare polish soos ’n Columbus polisher.
(Amanda van der Merwe)

Gou op sy agterpote wees. (gou kwaad word)

Hy skiet al weer ’n cadenza. (Hy is al weer woedend.)

Iemand dwarsdeur kyk. (baie kwaad wees vir die persoon)

Jacob is doringskof vir Julius. (kwaad)

Stoom afblaas. (woede uitpraat) (Blow off steam.)

Sy hempie is kort. (hy word gou kwaad)

Sy is ’n regte ou tierwyfie. (sy is ’n kwaai vrou)

Warm onder die boordjie wees. (kwaad wees)

Stuur asseblief enige Afrikaanse spreekwoorde, gesegdes, uitdrukkings en ander sêgoed aan bydraes@roekeloos.co.za.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | R | S | T | U | V | W | Y