Afrikaanse spreekwoorde en uitdrukkings – M

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | R | S | T | U | V | W | Y

ma

Die hand wat die wieg skommel, regeer die wêreld. (die ma het die meeste invloed in die wêreld)

maag

Ek het nie ’n groot pens nie, ek het net ´n groot hammer, want mens het ’n groot hammer nodig om so ’n groot spyker in te slaan!
(Lombies)

Hy het ’n maag soos ’n volstruis. (kan alles verteer) (He has the stomach of an ostrich.)

maagd

Komkommers is soos maagde: hulle kan nie te lank bewaar bly nie.

maandstonde

Die sirkus is toe want die apie is bloedneus.

maatreël

Sagte dokters maak stinkende wonde. (halwe maatreëls doen meer kwaad as goed)

maer

Hy is al klaar deur die kraaie bespreek. (so maer, dit lyk asof hy doodgaan)

Hy is so maer, as hy langs ’n wit muur loop lyk dit soos ‘n kraak wat beweeg.
(Spottie)

Hy is so maer, as hy ’n horing kry, lyk hy soos ‘n erdwurm met ’n handbriek.
(Andre)

Hy’s so maer, as hy sy arms oplig, val hy deur sy hol.

Hy is so maer, hy lyk soos ’n boesmantekening.
(Hugo)

Hy is so maer, hy lyk soos ’n potlood met ’n handbriek.
(Ja-Nee)

Hy is so maer, hy lyk soos ’n skeur in ’n aartappelsak.
(Bernedette)

Hy is so maer, hy moet rondspring in die stort om nat te word.
(Skillie)

Hy is so maer, hy moet swart koffie drink om ’n skaduwee te gooi.
(Spottie)

Hy is so maer soos ‘n vark op ’n grondhervormingsplaas.

Hy’s so maer, hy sluk ’n ertjie in om sy broek op te hou.

Jy is so maer soos ’n depressiesprinkaan.
(Hansie du Plessis)

Sy is so maer, as sy ’n ertjie insluk lyk dit of sy agt maande swanger is.
(Spottie)

mag

Mag gaan bo krag. (magtige persone mag maak wat hulle wil) (Might is right.)

Mag is reg. (magtige persone mag maak wat hulle wil) (Might is right.)

maklik

Daai girl is so los soos ’n ou tuinhekkie.
(Marika)

Daar is niks aan nie. (It’s as easy as pie.)

Hy is so los soos ’n druiwetros.

Kyk, daai girl is makliker as Tetris.
(Frikkie Jansen)

So maklik soos brood en botter. (verspot maklik)

Sy is cheaper as ’n please-call-me.
(Gerhard Schafer)

Sy’s so maklik sy voer haar self ’n date rape drug.
(Faffa)

mal

Die kwaaikind moet uitgebrand word. (bose geeste / malheid moet uit ’n persoon verwilder word – iets wat plattelandse mense letterlik gedoen het op ’n tyd, die persoon oor ’n vuur gehou)

Hy is al sy alies kwyt.

Hy is twee Castles kort van ’n sixpack.
(Andre)

Jou houtwurms loop los.

Jou ratjie is uitgehaak.

Jy kort batterywater.

Jy sien paddas op die maan spring.

Jy snuif Vim.

’n Krakie hê. (Have a screw loose.)

Sy bont varkie is weg.

Sy is totaal en al bonkers. (van haar kop af)

man

Die pad na ‘n man se hart is deur sy borskas met ‘n broodmes.
(Gideon Furst)

Mans is soos perskes en pere – soet net voor hulle sleg word.

‘n Man is ‘n nuttelose skepsel. Hy het tieties sonder melk, ‘n voël sonder vere en sakke sonder geld.
(Naomi)

Kool sonder spek. (ouens sonder meisies) (A stag party.)

Maljan onder die hoenders. (enigste man onder ’n aantal dames) (A thorn among the roses.)

manier

Niks van dié aard nie. (glad nie op hierdie manier nie) (Nothing of the sort.)

maniere

Die enigste plaasvervanger vir goeie maniere is vinnige reflekse.

Hy moet nie met sy rondloperhondmaniere hier kom kuier nie.

masturbeer

Kuier by Ma-palm en die vyf dogters.
(Stoffel Fourie)

Slaan hand aan eie vlees.
(Stoffel Fourie)

matigheid

Brandewyn en vroueraad is goeie dinge, maar jy moet dit bietjies-bietjies gebruik. (matigheid in alles)

medisyne

Bitter in die mond maak die hart gesond. (slegte medisyne is goed vir jou)

meerdere

Jy moet onder sy arm gaan ruik. (erken dat hy jou meerdere is)

meerderwaardig

Hy dink dat hy ’n aap aan die stert beet het. (hy dink hy weet alles)

meisie

Die by wat die lekker heuning maak, steek seer. (dis die mooi meisies wat die moeilikste is)

Dis makliker om ’n korf vlooie op te pas as ’n dosyn jong meisies.

In die donker is alle katte grou. (in die donker is daar nie ’n verskil tussen mooi en lelike meisies nie)

mens

Meeste mense leef net omdat dit onwettig is om hulle te skiet.

menstruasie

Die rooibaadjies is in die baai.

middele

As jy nie hande het, kan jy nie ’n vuis maak nie. (sonder de regte middele kan jy niks doen nie)

Moenie al die aanbrandsel uit jou pot krap nie. (moenie al jou middele gebruik nie)

min

Daar is net ’n trekseltjie koffie oor in die pot. (’n bietjie)

Dit het gister net so ’n slangsleepseltjie gereent in die Kaap. (bietjie gereën)

mindere

By niemand agterstaan nie. (niemand se mindere wees nie) (Play second fiddle to nobody. / Be second to none.)

minderwaardig

Ek voel nou so minderwaardig soos die Zim Dollar.

minste

’n Halwe eier is beter as ’n leë dop. (iets gering is beter as niks) (Beter small fish than an empty dish. / Half a loaf is beter than no bread at all.)

misbruik

As jy jouself wil uitgee as ’n toffie, moet jy maar gekou word. (as jy mense toelaat om misbruik te maak van jou)
(Hans Matthee)

misdaad

Die blou baadjie kry. (tot gewoontemisdadiger verklaar word)

misgis

Die bal misslaan. (jou misgis) (Miss the mark.)

mishandeling

Mishandeling is dissipline sonder liefde.

mislei

Hy het ’n dubbele tong. (kan nie altyd beoordeel wat hy sê nie) (He is double-tongued.)

misluk

Die koek het in die as geval. (die saak het misluk) (It has come to nothing. It has fallen flat.)

Iemand is die Jona. (die persoon om te blameer vir ’n mislukking) (Someone is the Jona.)

Tussen die hand en die mond, val die pap op die grond.
(Rene Bezuidenhout)

Tussen lip en beker lê ’n groot onseker. (op die laaste oomblik kan dinge nog misluk) (There’s many a slip ‘twixt the cup and the lip.)

mode

Liewer dood as uit die mode. (die mode onder alle omstandighede volg) (As good be out of this world as out of fashion.)

Moedersdag

Moedersdag is presies nege maande na Vadersdag.
(Spottie)

moeg

Afgerem lyk. (Look run-down.)

moeilik

Dis ‘n ander sport.
(Anna Janse van Vuuren)

Dit gaan gatstamp.

Dit gaan poepknyp.

Ons sit in strontstraat.

moeilikheid

As die hemel val, is ons almal dood. (sê vir iemand wat onnodige moeilikheid in alles sien)

As jy ’n spies na ’n olifant wil gooi, maak seker dat jy nie mis nie.
(Liberiese spreekwoord)

As jy nie nou ophou nie ruk ek jou arm af en slaan jou met die bloed kant!
(Mark Myburgh)

Die baas knor weer vanmôre soos ’n muishond met ’n seer bal.

Die poppe is aan dans. (die moeilikheid het begin) (The fat is in the fire.)

Die wind van voor kry. (teenstand / moeilikheid kry)

Dit opdraand kry. (moeilikheid ondervind) (To have an uphill struggle.)

Ek gaan jou bors oopruk en op jou longe kak sodat jou asem stink vir die res van jou lewe!
(Nicolene Myburgh)

Ek ken kak, en ek ken jêm, en hierdie smeer jy nie op jou brood nie.
(Joe Hamman)

Elke hart het sy smart. (elke persoon het sy / haar eie moeilikheid)

Hou jy van hospitaalkos? (jy soek moeilikheid)
(Herman Janse van Rensburg)

Hy’t sy gat gesien sonder ‘n spieëltjie.

In dieselfde bootjie wees. (in dieselfde moeilikheid wees) (Be in the same boat.)

In tamatiestraat wees. (in moeilikheid wees) (To be in Queer street.)

Jou ore gaan brand!
(Alet)

Jy hang aan ‘n vrot tak.

Jy kielie die leeu se klokke.

Jy krap aan die leeu se gat met ‘n baie kort vuurhoutjie.

Jy krap nou met ‘n stok in ‘n honger leeu se gat!
(Jackie)

Jy lek ‘n gek.

Jy slaan jou tande in die leeu se stert. (Don’t try your luck.)

Jy soek donker wolke.

Jy soek vir gips en steke.

Jy speel met die lykswa se starter. (Don’t try your luck.)

Jy speel op AVBOB se stoep.
(Hannah)

Jy tender vir gips.
(Hannah)

Jy vat my hond!
(Pieter van der Merwe)

Klei trap. (uit die moeilikheid probeer kom) (To be at a loss for an answer or a solution; not to know which way to turn.)

Met die kop teen die muur loop. (onoorkomlike moeilikheid ondervind) (To run one’s head against the stone wall.)

Moenie aan ‘n leeu se seer bal krap nie!
(Cindy)

Moenie krap waar ek nie jeuk nie.
(Lizzy)

Moenie probeer om `n sambreel in my hol oop te maak nie.
(Meermin)

Moet my moerie koerie.
(Janie)

’n Aksie teen iemand hê. (moeilikheid met iemand hê) Be at loggerheads with someone.

Nou gaan die poppe dans. (nou is daar moeilikheid) (The fat is in the fire; the sparks are beginning to fly.)

Pasop vir my groottoon, hy hou van stamp.

Steek slegs in jou gedagtes met jou spies na ’n mamba.

Vermy ’n krokodilaanval. Moenie in ’n dam waar groot krokodille woon swem nie.
(Francois)

Vroumense, oumense, kinders, spietkops, ford’s en 50’s. Solank hulle tiete of wiele het sal hulle jou kak gee.
(Jurie J Fourie)

Van die reën in die drup kom. (van die een moeilikheid in die ander beland) (Fall from the frying pan into the fire.)

moeite

Vir die swartste moerbei klim mens die hoogste in die boom. (as dit die moeite werd is, is dit die inspanning werd) (If a thing is worth having, it is worth the trouble.)

mond

Haar mond is so opgeblaas, John Deere kan hulle trekkers se bande oortrek met haar dik lippe.
(Lelanie Pienaar)

Oop bek soos ’n gaar vis.
(Victor)

mooi

Ek is klaar so mooi, as ek nog maer moes wees, was Charlize Theron, geskiedenis.
(Annelize)

Iets van die blink kant bekyk. (iets van die mooiste kant beskou) (To see the brighter side of something.)

’n Mooi pop. (mooi meisie) (A doll.)

Nie onaardig nie.

moontlik

Tot by oom Daantjie in die kalwerhok. (so ver moontlik)

motor

Die kar draai sommer hier rûens in die pad. (draai dwars in die pad) (’n Sêding in Riversdal.)

Sy kar is so warm, as hy die handbriek optel dan spin die spaarwiel.
(Jackie)

musiek

Hy kedoem sy kitaar so nou en dan.

“Hy tweng-tweng en pang-pang aan die snare.”
– Boerneef, Boplaas

Van die blad speel. (sonder voorbereiding ’n musiekstuk speel) (Play at sight.)

Stuur asseblief enige Afrikaanse spreekwoorde, gesegdes, uitdrukkings en ander sêgoed aan bydraes@roekeloos.co.za.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | R | S | T | U | V | W | Y