Afrikaanse spreekwoorde en uitdrukkings – W

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | R | S | T | U | V | W | Y

waag

As jy in die vlakwater speel byt die haaie jou nie maklik nie. (mense met min waagmoed het minder geleenthede en geld maar ook minder risiko’s)
(Martin Grobler)

waaksaam

Die agterhoede dek. (Cover the rear.)

waarde

’n Goeie ding prys homself aan. (iets van goeie gehalte hoef nie geprys te word nie) (Good wine needs no bush.)

’n Nul op ’n kontrak. (van geen waarde nie) (Not worth a straw.)

Van iets ’n afgod maak. (te veel waarde aan iets heg)

waardeer

Krummels is ook brood. (mens moet die eenvoudige dinge ook waardeer) (Half a loaf is beter than no bread. / Beter small fish than an empty dish.)

waardeloos

Dis nie ’n pyp dagga werd nie.

waarsku

Alarm maak. (Give the alarm.)

wag

Jou malle moer af wag. (lank wag) (To become weary of waiting.)

Wag tot Letjie kom. (lank wag)

wakker

’n Ogie in die seil hou. (waaksaam wees)

was

Het jy al jou bakkies geskottel? (Het jy al jou gesig gewas?)

weer

Dis pannekoekweer. (koue of reënerige weer)

weg

Vlieg in jou moer. (gaan weg) (Go to the devil.)

wegbly

By die Kaap gaan haal. (lank wegbly as jy iets gaan haal)

wegloop

Uit die almanak wegloop. (spoorloos verdwyn) (Take French leave.)

wegsteek

Iets agterweë hou.

wen

Draai jou mantel na die wind. (Bly aan die wenkant.)

Iemand aapstert gee.

Iemand is een te veel vir iemand. (iemand kan iemand nie wen nie) (Someone is one too many for someone.)

Iets te breed aanvoor. (te veel onderneem) (Bite off more than one can chew.)

Ons het hulle lelike geoes. (vêr gewen) (We mowed them down; we ploughed them under.)

Te veel hooi op jou vurk laai. (te veel onderneem) (Bite off more than one can chew.)

werk

As die werk te veel raak – moet nooit op jou rug gaan lê nie, lê eerder op jou maag.
(Daniel)

Die agterstand inhaal. (onvoltooide werk klaarmaak) (Make up the leeway.)

Die woordeboek is die enigste plek waar sukses voor werk kom.

Dink positief, elke dag wat jy klaar gewerk het is nog ’n dag nader aan pensioen!
(Lombies)

Ek haat Vrydag want dit is te naby aan Maandag.
(Francois)

Ek werk so hard dat die kak aan my baard hang.
(Amanda van der Merwe)

Ek word alte ongelukkig as ’n grootman so inkokkewiet werk. (onbevredigende werk lewer)

Ek wou altyd iemand wees, maar ek moes seker meer spesifiek gewees het.

Gert erf, is Gert swerf. (jy verloor maklik besittings wat jy nie deur eie inspanning bekom het nie)

Hoe steiler die opdraand, hoe nader aan die end. (hoe harder ’n mens werk, hoe gouer kry jy klaar) (The longer way round is the nearest way home.)

Hy doen dermwerk. (niks spesifieks nie – uit Burgersfort se omgewing)

Iets op iemand aflaai. (onaangename werk vir iemand gee) (Saddle someone else with something. / Pass the buck.)

’n Agterryer wees. (vernederende werkies doen vir iemand anders) (Be a lackey.)

’n Gebraaide hoender vlieg niemand in die mond nie. (jy kry net iets met inspanning)

’n Man van twaalf ambagte en dertien ongelukke. (kan niks behoorlik doen nie) (Jack of all trades and master of none.)

“Moenie sê ‘lekker werk’ nie, sê ‘lekker speel'”
(Ronel Naude)

My pa het altyd vir my gesê word ’n dokter of ’n ding, toe word ek ’n ding.
(Theunis Smith)

’n Tjop val nie in jou mond nie. (mens moet werk)
(Quintus van Rensburg)

Te veel ape aan jou stert hê. (meer onderneem as wat jy kan hanteer) (Have too much hay on one’s fork. / Have too many irons in the fire.)

Te veel hooi op jou vurk hê. (meer onderneem as wat jy kan hanteer) (Have too much hay on one’s fork. / Have too many irons in the fire.)

Werk het nog nooit iemand doodgemaak nie, maar ek vat g’n kans nie.
(Dairybell)

wete

Dit weet die aap se stert. (almal weet dit)

Jy weet nooit wat jy nie weet nie.
(Floors)

windgat

Die man is so windgat selfs die Suid-Ooster is skaam vandag.
(Martin Grobler)

wins

Hy lag al die pad bank toe. (hy maak ’n wins, afgesien van wat ander sê)

wispelturig

Vandag “hosanna” en môre “kruis hom”. (’n waarskuwing teen die wispelturigheid van die openbare mening)

woorde

Sy woorde opeet. (onder dwang sy woorde terugtrek) (To swallow his words.)

Wat laat oom Japie weer die grootsê so hoog uit die takke haal? (onnodig groot woorde gebruik)

woordeskat

Elke woord was op een of ander stadium ’n neologisme.

Haar woordeskat was so sleg soos, wel, wat ook al.

’n Goeie woordeboek is soos ’n spieël: as jy weet hoe om dit goed te gebruik, sal jy vasstel wat jy reeds vermoed het.

wors

As die wors styf is, is dit gaar.
(Joe Coetzer)

wraak

Die swaarste ding om rond te dra is wraakgedagtes.

Stuur asseblief enige Afrikaanse spreekwoorde, gesegdes, uitdrukkings en ander sêgoed aan bydraes@roekeloos.co.za.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | R | S | T | U | V | W | Y