A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | R | S | T | U | V | W | Y
talent
Blom waar jy geplant is.
tande
Hy het sulke uistaantande, hy kan steak deur ’n tennisraket eet.
(Andre)
Jou tande laat dink my aan die sterre in die hemelruim; nie omdat hulle so skitter nie, maar omdat hulle so ver uit mekaar is.
(Lelanie)
Sy tand koggel hom. (Hy het tandpyn.)
teendeel
Met dit alles. (In spite of everything.)
teenspoed
Dit gaan op en af. (Up one day and down the next.)
teenwoordig
Ten aanhore van. (in teenwoordigheid van)
teleurstelling
Ek wens net een keer wil iemand my meneer noem sonder om ook te sê : ‘… al die mense staar vir jou’
(Lombies)
Vermy teleurstellings en fok net voort.
(Danny)
tevrede
Koffie drink soos die kan hom skink. (tevrede wees met wat jy kry) (To take things as they come.)
toegerus
Gestewel en gespoor. (goed toegerus)
toekoms
Die kuikens tel voor hulle gepik het. (op iets staatmaak wat nog moet gebeur) (To count one’s chickens before they are hatched.)
tradisie
Dit was ‘n werkersklas-tradisie, soos pa’s wat hul kinders met elektriese bore rondjaag.
treurig
Lyk of hy van die ape gekul is. (hy lyk betreurd)
trou
Die wat trou doen goed, die wat nie trou nie doen beter.
Hoe is jy getroud? Binne, buite of as gevolg van gemeenskap?
(Pieter Botha)
Hulle sit onder die spieël. (trou binnekort) (They are about to take the plunge.)
Nes skop. (regmaak vir trou)
tweegesig
Die blerrie tweegesig blaf met die honde en huil met die wolwe.
twyfel
Nie weet waar iemand sal aanland nie. (twyfel oor wat met iemand gaan gebeur)
tyd
Haas en spoed is selde goed (as ’n mens oorhaastig te werk gaan, mors jy uiteindelik tyd) (More haste, less speed.)
Sit jou hand op ’n warm oondplaat vir ’n minuut en dit voel soos ’n uur. Sit langs ’n mooi meisie vir ’n uur en dit voel soos ’n minuut.
Vader tyd is ’n gemene ou bliksem.
(Christo Jacobs)
tydelik
In leen hê. (vir tydelike gebruik hê) (Have on loan.)
Stuur asseblief enige Afrikaanse spreekwoorde, gesegdes, uitdrukkings en ander sêgoed aan bydraes@roekeloos.co.za.
A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | R | S | T | U | V | W | Y
