A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | R | S | T | U | V | W | Y
haastig
Ek is nou so haastig my gat kook soos ‘n seeppot.
Hoe meer haas hoe minder wortels.
(Gideon Furst)
haat
As jy nie van iemand hou nie: “Ek sal nie eers in sy bek pis nie, al is sy tande aan die brand.”
(David)
hak
Skurwe hakke soos ‘n vleipatat.
(Plummes)
handeling
’n Gedurige gedrup maak ’n gat in ’n klip. (nietige handeling wat lank aanhou, kan groot gevolge hê)
handrem
Die ou trek sy handbriek so gou op dat sy spaarwiel eintlik spin.
(Audrey Kloppers)
hang
Hy het afhang skouers soos ‘n kasteroliebottel.
(Ria Daneel (sêgoed van haar oorlede pa))
hard
Die botter het alleen geslaap. (die botter is baie hard)
hardloop
Die hiele lig. (hardloop) (Show a clean pair of heels.)
Hardloop asof die duiwel agter jou is. (vinnig hardloop) (Run as if the devil were at one’s heels.)
Hardloop dat jy klein word. (vinnig hardloop) (Run as fast as one’s legs can carry one.)
Hardloop dat jy ooplê. (baie vinnig hardloop) (To run at breakneck speed.)
Hardloop soos ’n ribbok. (vinnig hardloop) (Run like a deer.)
Hardloop vir die vale. (hardloop op jou vinnigste) (Run for all one is worth.)
Jou bene onder jou arms neem. (vinnig hardloop) (Take to one’s heels.)
Jou bene roer. (vinnig hardloop) (Take to one’s heels.)
Jou knieë dra. (vinnig hardloop) (Move one’s stumps.)
Laat lees. (vinnig hardloop) (Take to one’s heels.)
Loop dat die stof so staan. (vinnig hardloop) (Run for all one is worth.)
Mens moet haar sien beweeg. (sy hardloop vinnig) (One has to see her move.)
hardlywig
So hardlywig soos ’n klei-os.
(Moose Mostert)
hare
Opgeskeerde kop soos ‘n resieshoender. (lelike haarstyl)
(Milly)
heeltemal
Van A tot Z. (From A to Z.)
Van alfa tot omega. (van begin tot einde) (From A to Z.)
heildronk
Gesondheid in die rondheid, al die mooi meisies in die blomtyd. (’n rympie vir wanneer jy ’n sopie drink)
help
Die sout van die aarde. (mense wat ander moet help verbeter) (The salt of the earth.)
Help vir Henna en troos vir Koos. (help daar)
Julius se gesante en trawante raak al minder. (sy helpers, veral in slegte sake)
herhaal
Die geskiedenis herhaal hom. (History repeats itself.)
herstel
Jou roes uitslaap. (herstel van ‘n babbelas)
hinder
Dit steek my in die oog. (hinder my; dis lelik) (It’s an eyesore to me.)
hoeveelheid
Hou matigheid voor oë. (moenie te veel gebruik nie)
hof
’n Aksie instel. (’n hofsaak begin)
hond
Die hond moet net kan lees en skryf. (vir ’n slim hond)
honger
Ek is nou so honger ek sal ’n ronde paai soos ‘n pil sluk.
(Jacques)
Ek is so honger, ek kan ‘n perd opeet en my mond met die joggie afvee.
(Montaine)
Nie honger nie, dankie. Kos maak kak in ‘n mens se maag …
(Norms)
hoogmoed
Dassie het ’n stert gekry. (Vir mense wat hulle skielik hoogmoedig gedra.)
Die groot meneer uithang. (grootdoenerig wees) (To pretend to be high and mighty; to have a lordy air.)
Hy verbeel hom hy is die koning se hond se oom. (hy is hoogmoedig) (He is full of himself.)
’n Geswolle hoof hê. (Have a swollen head.)
Staan of hy geld in die bank het. (To behave as if one owned the Bank of England.)
hoogte
Jors se opsykind is al pramhoog. (Jors se buite-egtelike kind is al pramhoog) [pramhoog – hoe vrouens in Namakwaland hoogte aandui]
hoop
Terwyl die son sak in die weste kom dit iewers anders op in die ooste. (daar is altyd hoop na teleurstellings
(ingestuur deur Gerhard Schafer – sêgoed van sy oorlede pa)
houding
’n Air aanneem. (Give oneself airs.)
huisvrou
Iets geleer vandag? (om tuisteskeppers mee te treiter)
(Pieter Botha)
hulle
As iemand sê ‘Maar hulle het so gesê’, dan sê jy ‘Hulle het ook gesê die aarde is plat’
(Dexter)
humeur
Gou op jou agterpote wees.
huwelik
Ek en my vrou is van mond en oor geskei … sy praat nie met my nie, en ek luister nie na haar nie.
Voor die altaar. (by die huweliksbevestiging)
Stuur asseblief enige Afrikaanse spreekwoorde, gesegdes, uitdrukkings en ander sêgoed aan bydraes@roekeloos.co.za.
A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | R | S | T | U | V | W | Y
