Afrikaanse spreekwoorde en uitdrukkings – F

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | R | S | T | U | V | W | Y

faal

As jy die eerste keer nie slaag nie, vernietig alle bewyse dat jy probeer het.

Moenie kyk waar jy geval het nie maar waar jy gegly het.
(Petro van der Westhuizen)

familie

Bloed kruip waar dit nie kan loop nie. (vir familie doen mens meer as vir vreemdelinge) (Blood is thicker than water.)

Familie van Adam se kant af. (baie vêr langs verwant) (Very distantly related.)
Jou eie vlees en bloed. (One’s own flesh and blood.)

fees

Krismis kom net een maal per jaar. (laat ons eet, drink en vrolik wees, want ons kan nie elke dag feesvier nie.) (Christmas comes but once a year.)

flankeer

Hy kollekteer al weer by haar. (Hy lê aan by haar.)

fluister

Sy praat mos so onder haar asem.

fluit

Meisies wat fluit word by die deur uitgesmyt en ’n hoenderhen wat kraai, word nek omgedraai. (is tergerig gesê as ’n meisie ’n deuntjie fluit) (A whistling maid, a crowing hen, is neither fit for God or men.)

fluks

Hy is so vlytig dat hy volgende week se klante al eergister bedien het.
(Gerhard Schafer – sêgoed van sy oorlede pa)

foksteriër

Foksteriër wet: As jy dit nie kan eet, spyker of byt nie, pis dit nat!
(Brakanjan)

fout

By die verkeerde adres wees. (nie die regte persoon nie) (Bark up the wrong tree. / Have the wrong sow by the ear.)

Die baba/kind met die badwater uitgooi. (die goeie saam met die slegte verwerp) (Throw out the baby with the bath-water.)

Die beste perd struikel ook. (elkeen kan ’n fout begaan) (To err is human.)

Dis die klein jakkalsies wat die wingerd verniel. (klein foutjies wat die groot moeilikheid veroorsaak) (Little leaks sink the ship.)

Enigeen kan ’n fout maak … selfs ek het ook amper eenkeer ’n fout gemaak.
(Jan van der Westhuizen)

Wat het oor jou lewer geloop? (wat is fout) (What is wrong with you; what is eating you.)

frustrasie

Ek is nou so gefrustreed ek kan die teëls met my naels lig.
(Carol Coetzee)

Stuur asseblief enige Afrikaanse spreekwoorde, gesegdes, uitdrukkings en ander sêgoed aan bydraes@roekeloos.co.za.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | R | S | T | U | V | W | Y