Afrikaanse spreekwoorde en uitdrukkings – V

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | R | S | T | U | V | W | Y

vaardig

Hy skil sy aartappels nie twee keer oor nie. (hy doen ’n ding een keer en hy doen dit goed)

vagina

Die lekkerste perske bly maar ’n vy.
(Y2K)

Kom ek jou nou ’n ding vertel nê, daai girl is so skurf, ha vleimossel lyk soos ’n uitgetrapte pantoffel.
(Frikkie Jansen)

Sy’t ’n hangparra soos ’n waterskilpadwyfie.
(Rocky)

Sy het ’n parra so lank soos ’n kerkvenster.

vakansie

Die beste vakansie is die een waar die vrouens byt en die muskiete nie.

val

“Die koringkorrels sjor op die dorsvloer neer.”
– Boerneef, Boplaas

Grond vreet. (hard val)

Hy het kaplaks van die stoel af geval.

Met die aarde kennis maak. (Come a cropper.)

’n Groot plaas koop. (hard val)
(Michael Rodgers)

vals

’n Adder aan jou bors koester. (goed doen aan iemand wat dit met kwaad vergeld) (Cherish a serpent in one’s bosom.)

Politici loop almal met twee aangesigte (is vals)

vanselfsprekend

Uit die aard van die saak. (It stands to reason.)

veilig

Moenie veiligheidsreëls per ongeluk leer nie.

vel

Jy is so skurf, as ’n mens jou kaalbors van ver af sien, lyk dit asof jy ’n tjek-baadjie dra.
(Levi Roberts)

Sy vel is so styf, as hy sy arms oplig dan dop sy piepie om.
(Jarros)

verafgod

Iemand wat wonders beskou. (Regard someone as a tin god.)

verantwoordelikheid

Iemand sal die babatjie moet vashou. (iemand sal die verantwoordelikheid moet dra)

Pa staan vir iets. (verantwoordelikheid aanvaar vir iets)

verbaas

Op dees aarde! (Good heavens! / My goodness!)

Praat van die ding! (Well, I never! You don’t say!)

Wat op aarde! (Good heavens! / My goodness!)

Wel, slaan my met ’n pap snoek en vee jam onder my arms.
(George – sêding van sy oupa)

verbygaan

Soos ’n skaduwee verbygaan. (vinnig verbygaan) (Pass like a shadow.)

verdienste

Jy het die musiek gekies, nou moet jy dans. (Serves you right.)

Sy het haar ytbetaal gekry. (verdien wat haar toekom)

verdra

Hulle breek nie brandhout van dieselfde tak nie. (hulle verdra nie mekaar nie)

verdwyn

Dit het verdwyn soos ‘n poep deur ‘n nagrokkie.
(Gerhard)

Hy is pad op. (hy het verdwyn)

Tussen neus en vinger verdwyn. (skelm of ongemerk verdwyn) (To take French leave.)

vererg

Ek het my nou so vererg dat my poepelspiere in ‘n spasma gegaan het.
(Elize Ehlers)

‘n Vuurpyl spoeg!

Werwels haak uit!

vergewe

Vergewe sodat jy kan vergeet maar onthou om te vergeet sodat jy kan vergewe.

(ingestuur deur Gerhard Schafer, sêgoed van sy oorlede pa)

verhouding

Ons het ’n verstandhouding, ek het die verstand, en hy het die houding.
(Luc)

Sy het nader aan hom gegroei – asof sy bakterieë was en hy Britse beesvleis teen kamertemperatuur.

verjaarsdagwens

Mag jy so oud word dat jou hol-hare jou voetspore toevee.
(Jana)

verkeerd

Agterstevoor te werk gaan. (verkeerd werk)

By die verkeerde boom blaf. (die verkeerde idee het)

Jy droom van roomys in die woestyn.

Jy sal vir jou moet laat kyk deur sewe skeel kamele. (as iemand iets verkeerd doen)

’n Blou Maandag. (dag waarop alles verkeerd loop) (Blue Monday.)

’n Perd agterstevoor ry. (’n saak verkeerd aanpak) (Put the cart before the horse.)

Reël 1: Ek is nooit verkeerd nie!
Reël 2: Indien ek ooit verkeerd is, verwys na Reël 1!
(Hansie Lategan)

verkiesing

Op die bokwa wees. (aan die verkiesing deelneem)

verkleineer

Iemand afkam. (verkleineer)

verkoop

’n Goeie aftrek kry. (goed verkoop) (Find a ready market.)

verlede

Elke keer as die geskiedenis homself herhaal gaan die prys op.

Sy doopseel lig. (sy verlede openbaar)

verleë

Dit lyk of die aasvoëls iemand se kos afgeneem het. (To have a red face.)

verlief

Beenaf wees op iemand. (verlief wees op iemand)

verloop

Selfde kak ander bak.
(Jacalaz)

verloor

Onthou as jy tweede kom, is jy die eerste verloorder.
(Vlastie)

verlore

Die parlement is moerland toe. (is verlore)

Soos ’n vis op droë grond. (To feel like a fish out of water.)

Sy kompas staan stil. (hy weet nie wat om te doen nie) (He is at sea. He is at a loss. He does not know which way to turn.)

verlustig

Jou lippe aflek. (by voorbaat in iets verlustig) (Lick one’s lips.)

vermoë

Hy kan ’n bokkom braai. (hy is baie bekwaam)

Op jouself aangewys wees.

Ou bokke pluk die hoogste doringpeule. (ou mans oortref dikwels die jongeres)

verneuk

Vir ’n man horings opsit. (hom met sy vrou verneuk)

vernietig

In rook opgaan. (vernietig word) (To go up in smoke.)

Verskroeide aarde. (Scorched earth.)

vernuf

Die toppunt van vernuf is om ’n ossewa op ’n teerpad te spin.
(Johan Lotter)

verontskuldig

Adam sê dis Eva en Eva sê dis die slang. (wanneer iemand hulself verontskuldig)

verregaande

Iemand/iets vat die koek. (Something/someone takes the cake.)

versigtig

Arende vlieg wel hoog maar donkies word nie in vliegtuig-enjins ingesuig nie.
(Ozzy)

Bewaar jou gebeente! (wees versigtig)

In jou spoor trap. (Watch one’s step. / Mind one’s p’s and q’s.)

Moenie al die aanbrandsel uit die pot krap nie. (moenie alles waag nie) (Don’t put all your eggs in one basket.)

verskeidenheid

In die winkel kan ’n mens enigiets kry, van gemaalde spykers tot oorlogskepe.
(Ria Daneel (sêgoed van haar oorlede pa))

verslaaf

Hy het ’n aap op sy rug. (hy is verslaaf)

verspot

’n Regte aap wees. (Be an ass.)

versteur

Moenie die boot skommel nie. (moenie die rus versteur nie)

vertel

Laat ek vir jou vertel wat vis innie Kaap kos. (lekker vertel)

vertrek

Ek moet ’n wegmens wees. (moet nou gaan)

vertrou

Hy is ’n gladde kêrel. (mens kan hom nie vertrou nie)

verveling

Altyd op dieselfde aambeeld hamer/slaan. (Harp on the same string.)

Dis weer die ou liedjie. (ou vervelende saak) (It’s same old story.)

verwaand

Hy dink hy’s Krismis. (hy is verwaand) (He thinks he is a little tin god.)

verwaarloos

Allemansgoed is niemandsgoed. (dit wat nie onder een persoon se sorg is nie, word verwaarloos)

verwag

Op die Indiër se plaas lê die hoenders samoosas.
(Zimdoller-roller)

Waarvoor sien jy my aan? (hoe kan jy so iets van my verwag?) (What do you take me for?)

verward

Ek is nou so verward soos ’n honger baba in ’n Topless bar.

Hy is meer verward as ’n bergie onder huisarres.

Hy kyk na my soos ’n donkie ’n trein kyk.

Met die nagskuit kom. (nie weet waaroor gepraat word nie) (To be in the dark.)

verwerp

Die toppunt van verwerping is wanneer jou pa jou uitlos by die gesinsmoord.
(Lombies)

verwyfd

Hy is baie kamp. (Hy is baie verwyfd.)

vet

Ek is so groot soos ‘n stroper sê jy. Wel, as jy dink ek gaan my enjin aan die gang sit om net een mielie te stroop, maak jy ‘n hengse fout.
(Elize Ehlers)

’n Mens hoef nie soos ’n plank te lyk om gespyker te word nie.
(Saul)

Sy is so vet, as sy by die trein uitklim kan almal asem haal.
(met erkenning aan Peter Snyders)

Sy is so vet, as sy op die bed lê, val sy albei kante af.
(Levi Roberts)

Sy is so vet, haar hakskene bars oop.
(Marietjie Pretorius)

vind

Die maklikste om iets in die huis te vind is om nog een te koop.

vinnig

Daai manne by die spele ry toe-speek! (so vinnig dat jy nie die speke kan sien nie)

Die ouens sal moet losklos hardloop daar in Londen. (vinnig hardloop – losklos beteken ook onbetroubaar)

Hy vlie woerts om die hoekie.

Hy’t sommer so sjierts by ons verbygejaag.

Iets volstoom doen. (vinnig) (Go at something full throttle.)

In hoogste rat. (vinnig) (In top gear.)

In ’n paar tellings. (vinnig) (In a few ticks.)

Met groot spronge. (vinnig) (By leaps and bounds.)

Met ’n stink spoed. (vinnig) (At breakneck speed.)

Met rasse skrede vooruit gaan. (baie vinnig / suksesvol)

So gou soos blits. (baie vinnig) (Like lightning.)

Soos die bliksem. (baie vinnig) (Like lightning.)

Soos die wind. (vinnig) (Like the wind.)

Soos ’n pyl uit ’n boog. (baie vinnig) (Like a rocket.)

Soos ’n vetgesmeerde blits. (baie vinnig) (Like lightning.)

vlei

Hy vryf graag haar boud. (hy vlei haar)

Mooibroodjies bak. (iemand vlei) (To curry favour.)

vleis

Vanaand braai ons weer ’n slag skaalvleis! (vleis wat by die slaghuis gekoop is)

vlieg

Die sweep swiep deur die lug. (uit Ladismith se omgewing)

vloek

As iemand jou laat eerste loop en sê “Age before beauty” dan antwoord jy “kak val agter die koei”.

Mag die vlooie van ’n duisend Kalahari-donkies in die hol opkruip van die persoon wat jou dag gaan opneuk. En mag sy arms te kort wees om in sy hol te krap.
(Phillip)

Mog die vlooie van ’n duisend Kalahari donkies in die een se gat opkruip wat my dag opfok en mog sy vingers so kort wees dat hy ’n teerpaal nodig het om sy gat te krap.
(Kees)

Mog jou vingers verander in vishoeke en jou gat jeuk.
(Jasper)

Verskoon my Frans. (’n waarskuwing wanneer iemand kru taal gebruik)

vloermoer

Spin jy jou driewiel (gooi ’n vloermoer).

vlug

Die aftog blaas.

Die hasepad kies. (Take to one’s heels.)

voertsek

Gaan kak in die mielies.
(Albert Maritz)

Gaan skommel ’n bul!
(Nakes)

voete

Die kokkewiet het gebyt. (as iemand se voet gebars of gesny is) (Have athlete’s foot.)

Hy het ’n paar lang pote soos ’n Kalahari leeu.
(Nick Dreyer)

Sy doen die canyon tango. (loop snaaks weens seer voete)

volg

Hou op sit op my hakke. (hou op om my te volg)

volhard

Aanhouer wen. (deur aan te hou bereik mens jou doel) (Perseverance is rewarded.)

Agteros kom ook in die kraal. (Slow but sure wins the race. / It is dogged that does it.)

As ’n mens A sê, moet jy ook B sê. (One cannot say A without saying B.)

volkome

Hy is in hart en niere ’n Bok-ondersteuner. (volkome)

volmaak

Elke gek het sy gebrek. (niemand is volmaak nie)

volwasse

Iemand se tweede jeug. (beste volwasse jare) (One’s second lease of youthfulness.)

voor

Ter aanskoue van. (voor die oë van)

voorbeeld

In iemand se voetspore volg. (iemand se voorbeeld volg)

’n Blaadjie uit iemand se boek neem. (iemand se voorbeeld volg)

Spieël jou aan hom. (laat sy geval vir jou ’n waarskuwing wees) (Take warning from him.)

voorgee

Die mossies wil ook loerievere dra. (Keeping up with the Joneses.)

voorkoms

Die aasvoëls het iemand beetgehad. (iemand se klere is baie stukkend) (Someone is in tatters.)

voorkop

Hy het ‘n groot voorkop soos ‘n Afrika olifant.
(Quintin)

voorspoed

As alles jou kant toe kom, dan is jy aan verkeerde kant van die pad.

Dit gaan voor die wind. (dit gaan goed)

Mag dit reën waar jou beeste wei. (mag dit goed gaan)

Met ‘n silwerlepel in die mond gebore wees. (Be born with a silver spoon in one’s mouth.)

Noem my polonie, want ek is op ‘n rol. (as dinge voor die wind gaan)
(Frikkadel)

Party mense word met die goue lepel in die mond gebore. Ander, soos ek, is met die doringdraad deur die dinges gebore.
(Elize Ehlers)

voortplant

Julle is so baie in die huis, as jy ‘n klip op die dak gooi dan lyk dit asof die hoërskool uitkom.
(Diesel)

vorder

Selfs ‘n skilpad maak vordering as hy net sy kop uitsteek.

vra

Om iets aanklop. (iets vra)

vraatsug

’n Regte aasvoël wees.

Waar die aas is, vergader die aasvoëls. (mense gaan altyd na waar hulle iets tot hulle voorkeer kan kry) (The vultures gather where the carcass is.)

vreemd

Die ou is ’n ander Valiant se wieldop.
(Van Lill)

Dis ’n ander pampoen se pitte die.
(Van Lill)

vriendskap

Allemansvriend is niemandsvriend. (hulle wat almal se vriend wil wees word dikwels geminag) (A friend to all is a friend to none.)

Die beste manier om goeie vriende te maak is om een te wees.

Die lied te hoog insit. (te gou vriende word) (To overdo a friendship.)

Dik vriende wees. (baie goeie vriende wees)

Hulle is dik soos diewe. (is goeie vriende)

Laat jou met akkers in, word jy deur varke gevreet. (slegte vriendfe is nie goed vir jou nie) (Touch pitch and be defiled. / He who lies down with dogs will get up with fleas.)

’n Mooiweersvriend wees. (iemand wat net vriende met jou is wanneer dit goed gaan)

Vriende loop in as al die ander uitloop.

vroeg

Vroeg uit die bed, maak die beursie vet.

vrolik

Ek is in die dolliwarie. (opgewek en vrolik)

vrou

’n Hen met spore. (’n vrou wat soos ’n man wil wees)

’n Man sonder vrou is soos ’n kombuis sonder vuur.

’n Vrou is soos Kentucky Fried Chicken. Dit het lekker bene, borste en ’n smerige doos waar jy jou been insit.
(Lombies)

Onder die besemstok staan. (deur die vrou regeer word)

vry

Aandskof ry. (by ’n meisie kuier) (Go courting.)

By ’n meisie aanlê. (na ’n meisie vry) (Set one’s cap at a girl.)

Die laaitie se hakskene word rooi. (hy begin na meisies kyk … of seuntjies)

Donkie vasmaak. (vry)

Ek gaan bietjie by haar afsaal. (bietjie vry)

Hy loop aandklas. (kuier saans by ’n meisie)

Iemand se bene begin rooi word. (Iemand raak vryerig.) (Someone is becoming amorous.)

Kaas eet. (by ’n meisie kuier)

Likkewaan staan. (gaan vry) (To go a-wooing.)

Van liefde en koue water leef. (gesê van mense wat net wil vry) (To live on love and fresh air.)

vuil

Daai ou is so vuil soos my gedagtes.
(Porno Pete)

Hy het Shoprite-voete. (wanneer iemand se voete vuil is)
(Maritsa)

Sy huis is so vuil, jy moet jou voete afvee wanneer jy uitstap.

Stuur asseblief enige Afrikaanse spreekwoorde, gesegdes, uitdrukkings en ander sêgoed aan bydraes@roekeloos.co.za.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | R | S | T | U | V | W | Y