Afrikaanse spreekwoorde en uitdrukkings – U

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | R | S | T | U | V | W | Y

(Hou jy van ons hulpbronne? Oorweeg asseblief ’n donasie in Bitcoin: 179nZqSyFmYPcvu4ZU733PgXBKUYXcy9DD)

uitdrukking

Hy het ‘n veraf uitdrukking in sy gesig soos ‘n boesman wat hout soek.
(Quintin)

‘n Veraf uitdrukking soos ‘n donkie wat ‘n nuwe hek sien.
(Barkvallas)

Van alles wat jy dra is jou uitdrukking die belangrikste.

uitlos

Haal asseblief jou tong uit my hol uit. (los my uit)
(Shirley Meyer)

uitoorlê

Apie kyk vir kerriekos! (wat jy sê as jy iemand uitoorlê)

uitstel

Moet nooit iets vandag doen wat iemand anders more kan doen nie.
(Hennie)

uitvindsel

Dit is iemand anders se breinkind. (iemand anders se uitvindsel)

Stuur asseblief enige Afrikaanse spreekwoorde, gesegdes, uitdrukkings en ander sêgoed aan bydraes@roekeloos.co.za.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | R | S | T | U | V | W | Y