A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | R | S | T | U | V | W | Y
laaste
Laaste maar nie die minste nie. (Last but not least.)
laat
Agter die net visvang. (te laat kom vir iets) (To turn up too late.)
lafhart
’n Lyf soos ’n berg en ’n hart soos ’n perskepit. (groot lafhartige persoon) (A giant of a man with the heart of a mouse.)
lag
Ek lag my ’n boggel met ’n skuifraam. (lag baie lekker)
Hy het diep uit sy keel gelag – soos daardie geluid wat ’n hond maak net voor hy opgooi.
Hy lag hom ’n skapie. (hy lag lekker) (He is limp with laughter.)
Hy lag soos ’n eskimo wat op ’n veldbrand afgekom het.
(Hugo)
’n Mens moet nooit lag as ’n dief op ’n fiets deur ’n trein getrap word nie. Dit kan moontlik jou fiets wees.
Sy lag soos ’n hoer op ’n worteltrok.
(Christelle Senekal)
lê
Van sit of staan bly lê die lekkerste.
ledigheid
Dit is beter om in die skaduwee van ’n boom te sit en stry oor die geld as om in die warm son daarvoor te werk.
leefstyl
Hoe kaler, hoe rojaler. (wie die minste besit, leef graag spoggerig)
lekker
Die brannwewyn loop soos ’n grys muis met pienk Croc’s aan. (As iets reg loop of as iets lekker is.)
(Lombies)
Dit is gulp-oopruk-veruklik-lekker, ek lê hom sommer in. (wanneer jy iets terdeë geniet)
(Jan Ployer)
lelik
Ek was so lelik toe ek gebore is, my ma moes my heeltemal in die bad druk om te kyk watter gedeelte van my haal asem.
(Lombies)
Ek wonder hoeveel hy sal vra om in ’n drie-slaapkamer huis te spook? (vir ’n lelike ou)
(Allan)
Enige verandering aan daardie gesig is ’n verbetering. (vir ’n lelike ou)
(Herman Janse van Rensburg)
Gogga maak vir baba bang. (as ’n lelike persoon met ’n kind speel) (He will frighten the child.)
Hoe het jy dit reggekry om uit die aborsiebakkie te ontsnap?
(Jackie)
Hy is so lelik dat die honde eerder tjank as om vir hom te wil blaf.
(Gerhard Schafer (sêgoed van sy oorlede pa))
Hy was so lelik, hulle het sy broeikas se vensters getint.
(Bruin Otto)
Hy was so lelik sy ma moes wors om sy nek vasmaak sodat die hond ten minste met hom sou speel.
(Skillie)
Hy is so lelik, sy ma roep hom toe oë.
(Ettiene Venter)
Is dit jou gesig of het jou nek opgegooi?
(Pieter Botha)
Jou etter portret!
(Frikkie Viljeè)
Jou ma is so lelik die laaste keer toe sy ‘n fluitjie gehoor het is toe sy getrap is deur ‘n trein.
(Clinton Buys)
Jy is so lelik, as jy skool toe gaan trek jou ma uit die huis.
(Zimdoller-roller)
Jy was so lelik by geboorte, die dokter het jou ma geklap.
(Noddy Schutte)
lengte
Hy is so lank, as hy rook en motor bestuur, as hy by die passasierskant uit.
(Q)
Hy’s so kort, hy slaan tot sy onderbroek se pype om.
(Y2K)
Hy’s so kort, hy weet nie of dit keelseer of aambeie is nie.
(Y2K)
Jy’s so lank! Het jy in ‘n boorgat grootgeraak?
(Awell)
leuen
Al loop die leuen nog so snel, die waarheid agterhaal hom wel. (Liars have short wings; truth will out; though a lie is well dressed it is ever overcome.)
Ons grootste leuens is die wat ons vir onsself vertel.
Hy druk almanakke. (hy lieg)
Hy lieg soos tien perde skop. (lieg verskriklik) (He lies like a gasmeter.)
Hy pluk alweer ’n veer van die teer.
(Martin Grobler)
Lieg dat ’n mens blou word. (vreeslik lieg) (Lie like a trooper.)
’n Leuen het maar ’n kort been. (Truth will out.)
’n Leuen in nood is so goed soos ’n stukkie brood. (’n leuen om uit die moeilikheid te kom is nie altyd verkeerd nie) (A lie may save one’s skin; a lie may do one grace.)
lewe
Die lewe is soos breiwerk: Eers as jy klaar is sien jy hoeveel steke jy gemis het.
Die lewe is soos ‘n highway. Sorg dat jy die regte afdraai vat anders is jy gefok!
(Bruin Otto)
Is die lewe die moeite werd om te leef? Dit hang af van die lewer.
Lewe, dis ‘n plek waar jy vandaan kom, nie waar jy heengaan nie.
(Bertus Strauss)
Moenie die lewe te ernstig opneem nie – niemand oorleef dit in elk geval nie.
’n Nuwe lewe begin. (’n beter, veranderde lewe begin) (To start life afresh.)
liefde
Afrikaans vir ‘Make love, not war’.
Nai man, moenie baklei nie.
(Izak Ferreira)
Ek smaak jou stukkend. (ek is lief vir jou)
’n Man se liefde gaan deur sy maag. ’n Vrou se liefde gaan deur haar beursie.
Ou liefde roes nie. (as jy eenmaal lief is iemand gaan dit nie sommer weg nie) (True love never grows old; old love renewed that loved I ever.)
lippe
Sole uit iemand se lippe kan sny. (dik lippe)
Sy lippe is so dik, hy praat in hoofletters.
(Absie)
lof
Eie lof stink. (afstootlik om jouself te prys) (Self-praise is no recommendation.)
Hoe bewierook hy nou sy baas. (lof toeswaai)
lui
Ek is nou so lui ek trou sommer ´n pregnant vrou.
Ek is nou so lui my hol hang oop.
(Lombies)
Hy is moeg gebore. (baie lui) (He was born lazy.)
Hy is so lui dat hy gereeld bid om nie werk te kry nie.
(Gerhard Schafer – sêgoed van sy oorlede pa)
Lui mense dra hul dood, flukse mense loop hul dood.
(Milly)
Luiheid is die gewoonte om te rus voor jy moeg is.
luister
Loop was jou ore. (luister na wat gesê word) (You should wash out your ears.)
lus
As ek net na my hande kyk kry ek al ’n horing.
(Obelix)
Ek is nou so lus ek dek sommer ’n tafel.
(Floors)
Ek is nou so lus ek gee sommer ’n dubbelbed met twee lakens sewe rekmerke.
(Henry)
Ek is nou so lus ek koop sommer ’n bed!
(Spottie)
Ek het nou so lus vir Eno’s ek eet sommer ’n pie.
Ek is nou so lus, twee poesklappe sal ook doen.
(Johan)
’n Ou bok lus ook nog ’n groen blaartjie.
Sy is so lus, sy drup soos ’n koshuis-geyser.
(Gerhard)
Ek voel soos ’n ryp sonneblom, wil net saad skiet.
(Pieter)
lyf
Sy het ’n regte naweeklyfie. (sy is mooi gebou)
lyfstraf
Ek lig nooit my hande vir my kind nie, dit laat my geslagsdele sonder beskerming.
Stuur asseblief enige Afrikaanse spreekwoorde, gesegdes, uitdrukkings en ander sêgoed aan bydraes@roekeloos.co.za.
A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | R | S | T | U | V | W | Y