A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | R | S | T | U | V | W | Y
idee
Jou idees sal nie werk as jy dit nie ook doen nie.
’n Blink idee. (goeie idee) (A brain-wave; a bright idea.)
ignoreer
Die afstand bewaar. (nie toenadering soek nie) (Keep a safe distance. / Remain aloof.)
Iemand nie aankyk nie. (iemand ignoreer)
Jou aan iets afvee.
Nie ag slaan op iets nie.
imuun
Hy is gesout teen masels. (het dit gehad en kan dit nie weer kry nie)
indruk
Iemand se aandele styg/daal. (jy kry ’n gunstiger/slegter indruk van die persoon) (Someone’s shares rise/fall.)
inhibisie
Aan die kort hare beet hê. (ongeïnhibeerd wees) (Have someone by the short hair, by the short and curlies)
innerlike
‘n Mooi uiterlike vang die oog vir ‘n wyle, maar ‘n mooi innerlike word ‘n leeftyd deur die hart vasgevang.
(Celeste Herman)
insig
As jy wil hê ek moet ‘n diep indruk maak moet jy my punt insien.
(Lombies)
inspanning
Gebraaide duiwe vlieg niemand in die mond nie. (sonder inspanning kry jy niks reg nie)
invloed
By ’n agterdeur inkruip. (’n posisie deur beïnvloeding verkry) (Get in by the back door.)
irriteer
Jy gee my die olel. (jy irriteer my) (You irritate me beyond measure.)
Jy vat my handvatsels glad. (Jy irriteer my.)
Stuur asseblief enige Afrikaanse spreekwoorde, gesegdes, uitdrukkings en ander sêgoed aan bydraes@roekeloos.co.za.
A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | R | S | T | U | V | W | Y
