A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | R | S | T | U | V | W | Y
jaag
Voet in die hoek sit. (baie vinnig ry)
jaloesie
Die geel baadjie aan hê. (jaloers wees)
Groen van afguns wees. (baie jaloers wees)
Jantjie se baadjie aanhê. (jaloers wees)
Jantjie wees. (jaloers wees)
jeug
Die jeug het geen deug. (jongmense swig maklik voor versoekings) (Youth will have its swing.)
jonk
Hy was kleindag so onbeskof. (van kleins af)
Skaars uit die dop wees. (jonk en onervare wees)
A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | R | S | T | U | V | W | Y