Afrikaanse spreekwoorde en uitdrukkings – G

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | R | S | T | U | V | W | Y

gaap

Moenie my insluk nie. (moenie oopmond gaap nie) (Don’t swallow me!)

gas

’n Huisgas is soos ’n vis. Na drie dae is hy nie meer vars nie.

gedagte

Sy gedagtes het in sy kop rondgetuimel en verwantskappe gesmee en gebreek soos onderbroeke in ‘n tuimeldroër.

gedoente

’n Mooi affêre. (afkeurenswaardige gedoente) (A pretty kettle of fish.)

gedrag

Jou gedra soos ‘n weerhaan. (verander dikwels van mening)

geduld

Geduld is ’n stadige manier om jou moer te strip.

gedwee

Hy is gedwee soos ’n delwersdonkie.

geheg

Hy dink hy kan biltong saamneem. (geheg aan aardse goed)

geheim

Daar sit iets agter. (There is something behind it.)

Die aap is uit die mou. (die geheim is bekend) (The cat’s out of the bag.)

Iets agteraf doen. (Do something behind someone’s back.)

Op iemand se kaarte kyk. (iemand se geheime uitvind)

Soos ’n dief in die nag. (geheimsinnig) (Like a thief in the night.)

geld

Daar is te veel maand aan die einde van my geld oor.
(Student)

Erfgeld is swerfgeld. (dit wat jy nie deur eie inspanning verdien nie, verloor jy maklik) (Easy come, easy go.)

Geld soos bossies. (baie geld) (Money in abundance.)

Geld wat sleg is, maak krom wat reg is. (geld maak baie knoeiery moontlik)

Hy leef op sy binnevet. (leef op sy kapitaal)

Mooiweer speel met ’n ander se geld. (iemand anders se geld mors)

’n Melkkoeitjie (’n saak/persoon waaruit mens geld maak) (A milk cow.)

’n Plaas se geld. (baie geld)

Om geld uit my uit te kry, is so moeilik soos om botter met ’n rooiwarm naald in ’n ystervark se hol op te stop.
(Jan van der Westhuizen)

geleerd

Iemand het baie letters geëet. (baie geleerd) (He is a well-lettered man.)

geleerdheid

Jou geleerdheid dryf jou tot raserny. (jy gedra jou dwaas as gevolg van jou geleerdheid) (Much learning makes one mad.)

geluk

Die gekke kry die kaarte. (die geluk help die dommes)

Die geluk in jou lewe hang af van die kwaliteit van jou denke.

Ek is so bly ek spuit sommer!
(Chris)

Hy is so gelukkig, hy moet ’n polisieman klap net om drama in sy lewe te hê.
(Pieter Botha)

’n Blinde hoender vind ook ’n korreltjie. (onverwagse geluk)

Na reën kom sonskyn. (na moeilikheid kom geluk)

Sy skop agterop. (sy is gelukkig) (Be in high spirits.)

gemeen

Jou vet sal braai. (gemeenheid sal aan die lig kom) (You will be shown up; your chickens will come home to roost.)

gemors

’n Totale balls-up van iets maak. (’n helse gemors van iets maak)

genade

Genade het nie ’n horing nie. [Dalk beter bekend as “Genade het nie horings nie”.] (genade word betoon sonder voorwaardes)

genoeg

Die aarde is toe te koud vir hom om op te trap. (niks is goed genoeg vir hom nie).

Hy is gatvol om gatvol te wees. (genoeg is genoeg)
(Martin Grobler

genot

Ek voel nou so goed, ek vul sommer die lottonommers verkeerd in.
(Joram)

Lekker is ’n vinger lank. (genot duur nie lank nie) (Pleasure is short-lived; all delights are vain.)

gerug

’n Windjie hoor waai. (’n gerug hoor)

gesig

Afdraende gesig soos ’n dors bobbejaan.
(Blauw)

Hy’t ’n skerp gesig soos ’n resies-snoek.
(Staal)

Hy het ’n afdraande gesig soos ‘n plaaskakhuis.
(Lulu)

Hy het ’n afdraande gesig soos wasklip.
(Buks)

Hy het ’n hallelujagesig en jazzvoete. (baie vroom gesig en dans graag)

Hy het ’n lang gesig soos ’n dorsdonkie.
(Jan van der Westhuizen)

Hy het ’n skerp gesig soos ’n kwart pond kaas.
(Quintin)

Iemand het ’n afdraande gesig soos ’n wasplank.
(Marinda le Roux)

Iemand het ‘n lang gesig soos ‘n perd wat berg-af kyk.
(Marinda le Roux)

Lang gesig soos ’n bok wat afdraand vreet.
(Plummes)

Sy het ‘n lang gesig soos ’n basaarbrood.
(Quintin)

Sy het ‘n lang gesig soos ’n kerkvenster.
(Quintin)

Sy het ‘n spitsgesig soos ’n resiessnoek.
(Jan Joubert)

geslepe

Bietjie baard maar klipsteenhard. (geslepe en ervare)

gevaar

Daar is ’n slang in die gras. (There is trouble brewing.)

Die dans vryspring. (gevaar ontkom)

Jy speel met jou ma se trane.

So reg in die leeu se bek. (direk in die gevaar) Right into the lion’s mouth/jaws.

gevoelens

Haar hart lê op haar tong. (sy loop met haar gevoelens te koop)

Sonder om ’n gesig te trek. (sonder om gevoelens te verraai) (Without batting an eyelid. / With a straight face.)

gevolgtrekking

Een bont kraai maak nog nie somer nie. (jy maak nie ’n algemene gevolgtrekking van een feit nie) One swallow does not make a summer.
’n Gevolgtrekking is die punt waar jy moeg raak vir dink.

gewete

’n Goeie gewete is ’n sagte kussing. (iemand wat nie deur sy gewete gepla word nie slaap goed)

Sy gewete is toegeskroei. (hy het nie ‘n gewete nie)

gewild

In aanvraag wees.

Opgang maak. (gewild raak)

gewoon

Hy is maar onder die belt. (sy gedrag word gekenmerk deur onregverdigheid / hy is van ’n lae klas)

gil

Sy gil soos ’n driejarige in ’n speelgoedwinkel.
(Quintus van Rensburg)

goed

Dit gaan jou blikkies. (dit gaan goed)

goedhartig

Alte goed is buurmansgek. (as mens te goedhartig is, word jy deur ander misbruik)

gou

Gou speel!

In ’n vloek en ’n sug. (baie gou) (In a trice.)

Met twee vloeke en ’n drafstap. (baie gou) (In two shakes of a lamb’s tail.)

grap

’n Grap is ’n grap, maak ’n krom stok in ’n reguit ou se hol is nie ’n grap nie.
(Barkvallas)

’n Uil tap. (grap vertel) (Crack a joke.)

Net vir die aardigheid. (For the fun of it.)

Griekwas

Daar is net een kwas en dit is die Griekwas.
(Daniel)

gril

Sy trek holrug. (gril)

grimering

“Pluk so ’n spierwit dingetjie uit haar handsak en paf-paf op haar neus.”
– CM van den Heever, Langs die Grootpad

Sy ly aan bek-en-klouseer. (Sy smeer haar lippe erg rooi en verf haar naels erg rooi.)

groei

’n Ereksie tel nie as persoonlike groei nie.
(Skemer)

groet

“As iemand jou vra: Hu ganit? Kak ma orait!”
(Ryno van Zyl)

“As iemand my groet dan sê ek altyd, as hulle vra hoe gaan dit, ‘Vet en gesond’. As hulle groet om te loop sê ek ‘Soet wees!’.”
(Bertus Schwan)

As iemand vir ’n man vra hoe dit gaan: “Dit hang nog op 6-uur en by jou.”
(Hermanus)

As iemand vra hoe dit gaan: “So stil soos ‘n sonneblom; ritsel net sagweg terwyl ek saadskiet” En partykeer agterna: “En op my ouderdom is dit nog net so per geleentheid!”
(Boet)

As iemand vra hoe gaan dit, dan sê jy: Dit gaan pielies in die mielies.
(Jackie)

As iemand vra hoe gaan dit: “So stil soos ‘n stootskraper, ek raas net as ek stoot.”
(Spyker2000)

Die beste vir die 6de, dieselfde vir die 11de en groete vir sproete.
(Skillie & Milly)

Groetnis by die jaart.

Hoe brand jou kole?

“Hoe gaan dit?”
“Dik en Moerig”
(Van Lill)

“Hoe gaan dit?”
“Rond en gesond”
(Van Lill)

“Hoe gaan dit?”
“Goed! Stil en lustig …”
(Plaasjapie)

“Hoe gaan dit?”
“Stil en vrugbaar.”
(Pedro Commanche)

Hoe loop die stroop?
(Stompie)

Laat ons nou maak so beeskak en val in die pad.
(Irene Myburgh)

Nou maar laat dit goed gaan. Sien jou by die boom … as ek hom nie rook nie.
(ChrisC)

Slaap met toe oë én by die huis.

“Vraag: Hoe gaan dit?”
“Antwoord: ‘Stil en rustig’ of ‘Arm en eerlik’ of ‘Jags en gewillig en te skaam om te vra’.”
(Jurie J Fourie)

Wanneer jy groet sê jy: “Daars nie kak nie want daars nie kos nie.”
(Jackie Booysen)

Wat skop in die pot?

Wat stoom?

groot

Die antie is so groot die lewensredders moes haar vra om die strand te verlaat sodat die gety kon inkom.
(Fanie)

Gaan groot of gaan huis toe.
(Annelize)

Jou ma is so groot sy biep soos ‘n mynlorrie as sy agteruit loop.
(Kees)

’n Mens kan met ’n bokwa en ’n lang span osse daarin draai. (dis baie groot)

grootpraat

Hy is ’n held met die mond. (grootprater) (A braggard.)

grootte

Dis dalk nie die grootte van die boot nie, maar die motion of the ocean, maar ‘n mens sal nooit in Londen uitkom met ‘n roeibootjie nie.
(Elzette)

groter

Dit is net die oortjies van die seekoei. (Only the tip of the iceberg.)

Stuur asseblief enige Afrikaanse spreekwoorde, gesegdes, uitdrukkings en ander sêgoed aan bydraes@roekeloos.co.za.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | R | S | T | U | V | W | Y