Afrikaanse spreekwoorde en uitdrukkings – B

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | R | S | T | U | V | W | Y

baard

Jannie is al ringbek. (het al baard – uit Prins Albert se omgewing)

baas

Die lakens uitdeel. (baasspeel) (To rule the roost.)

Ek meneer en jy meneer, wie sal dan die wa smeer. (altwee kan nie baas wees nie) (I stout and thou stout, who shall bear the ashes out.)

Elke haan is koning op sy eie mishoop. (elke persoon is baas op sy eie gebied)

Haar haan moet altyd koning kraai. (sy wil altyd baasspeel)

Iemand se haan moet altyd koning kraai. (iemand wil altyd baasspeel) (Someone always likes to be cock of the walk. / Someone always wants to rule the roost.)

baba

Berg toe gaan. (’n baba ryker word)

’n Baba is ’n soort engel waarvan die vlerke korter word namate die bene langer word.

’n Drie in beseringstyd druk. (’n baba op ’n hoë ouderdom verwek)

bakbene

Sy bene is so bak, sy voete hak in sy baadjiesakke vas as hy hardloop.
(Barkvallas)

bakkie

Dit sal ‘n hoer aftrek van ’n matroos wat ’n jaar lank op see was. (as jy wil spog met jou bakkie)
(Johan de Wet)

baklei

As ek jou vat, vat ek jou nie fliek toe nie.
(Elize Ehlers)

Ek het groter ouens as jy geslaan net om by die fight uit te kom.
(Braam)

Ek is sommer lus en oriënteer jou, eers teen die oor en dan teen die teer.
(Michael)

Ek sal jou klap dat jou kuite bars.
(Fafa)

Ek sal jou opkoffie as jy sê my span speel sleg. (sal jou opdons)

Ek sal jou slaan dat jy jou ouma vir ’n eendvoël aansien.

Ek sal jou so hard klap, jou ID-foto sal skeef trek.
(Mark Steenberg)

Ek sal jou so hard slaan jy sal in saal 1, 2 en 3 lê.
(Braam)

Ek sal jou so vinnig slaan, dit sal voel asof ek jou met ‘n sakkie lemoene gooi.
(Fafa)

Ek sal jou so vinnig slaan dit sal voel of jy in ‘n 3 phase fan vasgeloop het.
(Braam)

Ek slaan jou deur ’n tyre met die rim nog in die tyre.
(Braam)

Ek slaan ’n tonnel deur jou bors en dan slaan ek jou deur die tonnel.
(Braam)

Sy is ’n Amasone. (strydlustige vrou)

bakoor

Met sy ore sukkel hy om wind-op te loop.

bang

Ek is so bang vir ’n slang, ek kyk nie eens af as ek gaan pee nie.

Hy laat hom nie met blou ertjies op loop jaag nie. (hy word nie gou bang nie)

’n Lyf soos ’n berg en ’n hart soos ’n perskepit. (groot lafhartige persoon) (A giant of a man with the heart of a mouse.)

So bang soos ’n bok vir ’n skoot hael.

So bang soos ’n Bolander vir donderweer.

So bang soos ’n haas vir ’n hond. (baie bang)

bangmaak

Iemand die aapstuipe op die lyf jaag. (Frighten the wits out of somebody.)

bankrot

Hy is dopsak. (hy het alles verloor)

bedoel

Aan iemand se adres. (vir iemand bedoel)

bedrieg

Dis goud wat blink, maar koper wat stink. (skyn bedrieg)

been

Dun bene soos ’n gin drinker.

Sy het bobene wat ’n boeing aan die brand kan skop.

begin

Aanstaltes maak. (met iets begin) (Clear the decks.)

Die alfa en die omega. (die begin en die einde) (The alpha and the omega.)

Die bal aan die rol sit. (Set the ball rolling.)

Iets afskop.

Van A tot Z. (begin tot die einde)

beginsel

Die abc van iets. (die grondbeginsels van iets) (The rudiments of something.)

begrawe

Ter aarde bestel. (Lay to rest)

begroting

’n Begroting is ’n manier om sistematies bankrot te gaan.

behandel

Van ’n donkie kan jy ’n skop verwag. (van ’n onbeskofte persoon kan jy slegte behandeling verwag) (You should expect a kick from a donkey.)

behoeftig

Soebat en bangoog kyk help niks. (Boerneef)

behoorlik

’n Man van twaalf ambagte en dertien ongelukke. (hy kan niks behoorlik doen nie)

bekommerd

Jou iets aantrek. (Take something to heart.)

Kommer is soos ’n wiegstoel: Dit gee jou wel iets om te doen, maar bring jou nêrens nie.

Vandag is die môre waaroor jy gister bekommerd was.

belangrik

Alles vir iemand wees. (Be all the world to someone.)

Bo alles. (belangrikste) (Above all.)

Daardie ou mannetjie is darem maar ’n kapoevaproppie. (hy verbeel hom hy is belangrik)

Hy dink hy is die goewerneur se hond se oom. (hy verbeel hom hy is belangrik)

Voor alles. (belangrikste) (Above all.)

belediging

Aanstoot gee. (beledig) (Cause umbridge.)

Aanstoot neem. (beledig voel) (Take umbrage.)

Ek koop sommer vir jou ’n pak met 1 000 buskaatjies, sodat jy jou in jou moer in kan ry.
(Werner)

Iemand afhaal. (Speak ill of someone.)

Iemand afjak. (iemand kortaf antwoord) (Snub someone.)

Iemand afkam. (iemand verkleineer) (Belittle someone.)

Iemand se eer aantas.

Jou agterkant op iemand draai. (Look down one’s nose at someone.)

Jou ma buk vir busgeld en loop nog steeds huis toe.
(Jimmy)

Jou oliekokkernostelikeakkepikkestrysvoël.
(Lelanie Pienaar)

Op iemand afklim. (iemand slegsê) (Jump down someone’s throat.)

belofte

Iemand goue berge belowe. (’n groot belofte) (To promise someone the earth.)

Met hart en mond belowe. (plegtig beloof)

bemoei

Elkeen op sy eie akker. (bemoei jou met jou eie sake) (Every herring must hang by its own gill.)

Vee eers voor jou eie deur. (moet jou nie met ander se sake bemoei voor jou eie nie) (People who live in glass houses shouldn’t throw stones.)

benadeel

Afbreuk doen aan iemand.

Onder iemand se duiwe skiet. (iemand benadeel) (To poach on another’s preserves.)

berispe

Op iemand se dak afklim. (iemand erg berispe)

beroep

Wie die altaar bedien, moet van die altaar lewe. (jy behoort uit jou beroep ’n bestaan te maak) (If it’s the altar you serve, it’s the altar you should live by.)

besig

Die boog kan nie altyd gespan wees nie. (mens kan nie altyd besig wees nie)

Jy is op en af soos ’n hoer se onderbroek. (loop baie rond)
(Jaan Roodt)

besitting

Die doodskleed het geen sakke nie. (jou besittings beteken niks na jou dood nie)

Hoe kaler jakkals hoe groter stert. (wie die minste besit spog gewoonlik die meeste)

Jou enigste ooilam. (enigste besitting) (Your ewe lamb; your one and only child.)

Op iets aanspraak maak. (beweer iets is joune) (Stake your claim to something.)

beskeie

Op die agtergrond bly. (Keep a low profile.)

besonderhede

Die naatjie van die kous wil weet. (die fynste besonderhede wil weet) (To want to know all the ins and outs.)

besonders

Dit was ’n aardigheid.

beste

Die beste in die lewe soek ‘n mens nie, jy vind dit.

Elke swart kraai dink sy eier is die witste. (Everybody thinks his own geese are swans.)

beterweterig

Die mense wat dink hulle weet alles maak die van ons wat alles weet die bliksem in.
(Lombies)

bewonder

Jou biesiepol! (uitroep van bewondering)

bieg

By iemand afpak. (Get something off one’s chest.)

bier

Bespaar water, drink bier.
(Hendrik Wijnmaalen)

binnekort

Sien jou in ’n dik ruk. (sien jou binnekort)

bitsig

Iemand se tong is so skerp soos ’n naald. (iemand is bitsig) (Someone has a sharp tongue.)

bitter

So bitter soos aalwyn. (As bitter as gall.)

So bitter soos als. (As bitter as gall.)

bitterheid

Iemand het aalwyn getap. (Someone is in a bad mood.)

Jou pen in gal en alsem doop. (bitter oor ’n saak skryf) (Dip one’s pen in gall.)

blameer

Sit die babatjie op iemand anders se drumpel. (iemand anders vir moeilikheid blameer)

bles

Hy groei deur sy hare. (word bles)

blydskap

In die lug spring en skyt soos ‘n kwagga!
(Riempies)

In die wolke wees.

boek

’n Deurskote eksemplaar. (’n boek met skoon blaaie tussen die gedruktes) (An interleaved book.)

borste

Borsies soos skorsies.
(DJ Opperman)

Ek het nie tiete nodig nie, ek het ‘n persoonlikheid.
(Annelize)

Haar tette is so groot, as sy op haar rug lê, dan lyk dit soos twee dart boards.
(Bossiejooi)

Sy het noord-wes tiete. Een kyk noord en die ander wes.
(Johan)

boud

Daar is net twee goed wat vanuit die ruimte op aarde gesien kan word! Die een is die groot muur van China en die ander een is jou ma se gat.
(Fafa)

Die leeu het gebyt. (as iemand se klere in die gleuf van die boude optrek)

Haar agterstewe lyk soos twee speenvarkies in ’n streepsak opsoek na ’n tiet.
(Johan Storm)

Haar boude is so groot, as sy loop lyk dit soos 2 bulldogs wat in ’n streepsak baklei.
(Cindy van Huyssteen)

Sy het ’n hang-gat soos ’n hok-leeu.
(N. Nieuwoudt)

Sy het ’n hanggat soos ’n dakspinnekop.
(Adri Lombard)

Sy het ’n hanggat soos ’n dameend.
(Adri Lombard)

Sy het ’n hanggat soos ’n Volla met slap sjoks.
(Gielie)

Sy het ‘n hanghol soos ‘n sirkusleeu.
(Flippie vanie vlaktes)

Sy het ’n knopgatjie soos ’n matriekboeksak.
(Hugo)

Sy’t ’n gat soos ‘n afgetrede polisieperd.
(Henc & Sandra Kuhn)

Sy’t ‘n hanggat soos ‘n bergleeu.
(Narf)

Sy’t ‘n hanggat soos ‘n skouvark.
(Staal)

Sy’t ’n hanggat soos ’n vlei-otter.
(Narf)

braaf

Dit vat ’n man om pienk te dra.

bril

Moet nooit ’n man met ’n bril slaan nie … moer hom met ’n krieketkolf.
(Lelanie)

broek

Hangbroekgat soos ’n koejawelsmous. (As jou broek se boude laag agter hang – ou Kaapse sêding)
(Kapenaar innie verte)

bruikbaar

’n Klein jukskeitjie met ’n groot knop. (iets wat mens oral kan gebruik)

bui

Hy het al weer aalwyn getap. (is in ’n slegte bui)

Met ’n aalwynpil in jou kies loop. (is in ’n slegte bui)

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | R | S | T | U | V | W | Y