A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | R | S | T | U | V | W | Y
pak slae
Iemand afpoeier. (’n pak slae gee)
Maer bokke dip. (kinders pakgee)
partytjie
Wat is ’n partytjie sonder koek.
(Swys)
penis
Die ou is so groot, as hy ’n ereksie kry dan pass hy uit van bloedarmoede.
(Fanie)
Sy voël is so groot, dit lyk soos ’n erdwurm met ’n handbriek aan.
(Bernedette)
persoon
Jy is nou by die verkeerde adres. (nie by die regte persoon nie)
persoonlik
Hy staan op die dak. (wanneer iemand persoonlike inligting uitbasuin)
(June Edwards)
In lewende lywe. (Face to face.)
Klim uit my boom. (jy raak te persoonlik)
(Johan Storm)
persoonlikheid
Vir jou het ek sien aankom. (weet hoe iemand is)
pessimisme
Nes ’n aap op ’n stok sit. (Be down in the dumps.)
pis
Ek het nou ’n pis soos ’n vandusie-os.
(Poenjapie)
politiek
’n Politieke veldtog kos veel meer as wat ’n eerlike man kan betaal.
positiewe
By jou positiewe bly. (jou bewussyn hou)
plan
’n Deurgestoke kaart. (voorafberaamde plan) (A trumped-up affair.)
’n Kaart in die mou hê. (plan hê wat later uitgevoer kan word) (Have something up one’s sleeve.)
plat
Jou kop is so plat soos ’n motorbike piston.
(Deon)
Sy kop is so plat soos ’n weeshuis-pannekoek.
platvloers
Die kommin mense is soos 123, 1 liter brandewyn, 2 liter coke en 3 liter ford.
(Zimdoller-roller)
Hy’s so commen soos beeskak op ’n stalvloer.
(Bruin Otto)
plooi
Sy het so baie plooie, sy skroef haar hoed op.
(Ja-Nee)
poep
Byt jy weer borrels. (poep in die bad)
(Lödveteig Nan uit Swede)
Dag Hol! (as iemand poep)
(Gatiep)
Niemand luister nie … totdat jy poep.
(Bokkie)
praat
Die henne wat die meeste kekkel lê nie die meeste eiers nie. (dié wat die meeste praat rig nie die meeste uit nie)
Dis nie die koei wat die hardste bulk wat die meeste melk gee nie. (die grootste praters doen nie veel nie)
’n Gordyn oor iets laat val. (nie verder daaroor praat nie)
Praat soos ’n advokaat. (glad van tong)
Praatjies vul geen gaatjies. (mens rig niks uit deur net te praat nie) (Talk is cheap.)
Sy gesang is uit. (hy het niks meer te sê nie)
Sy praat so baie sy sal die agterbeen van ‘n donkie afpraat.
predikant
’n Predikant is iemand wat ses dae onsigbaar is en op die sewende dag onverstaanbaar is.
pret
Sy kan altyd my battery natpiepie. (sy kan altyd my pret bederf)
probleem
Vir ’n man met ’n hamer lyk alle probleme soos spykers.
(Jimmy)
As jy die wind van voor kry, draai om.
(Elize Ehlers)
pronk
’n Perd knipmes ry. (’n perd laat pronk) (Make a horse arch its neck.)
puisie
Hy’s so vol puisies hy lyk soos ’n afstandbeheer.
(Y2K)
pyn
Deur iets opgekeil word. (pyn ly as gevolg van ’n besering of siekte)
Stuur asseblief enige Afrikaanse spreekwoorde, gesegdes, uitdrukkings en ander sêgoed aan bydraes@roekeloos.co.za.
A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | R | S | T | U | V | W | Y
