Afrikaanse spreekwoorde en uitdrukkings – O

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | R | S | T | U | V | W | Y

oefening

Oefening baar kuns. (Practice makes perfect.)

omdraai

Toe Jors sy eks sien by die kroegtoonbank spring hy knipmes-om. (vinnig omdraai)

omgee

Nie omgee oor watter akkers die water loop nie. (jou nie aan die gevolge van ’n daad steur nie)

ompraat

Iemand afbring van iets. (Talk someone out of something.)

omslagtig

Hy gaan met aasdieromslagtigheid te werk.

omstandighede

Blom waar jy geplant is!

onaangenaamheid

As jy aas roer, stink dit. (moet jou nie met onsmaaklike sake bemoei nie) (Pitch defiles.)

Iemand staar iets in die gesig. (onaangenaamheid lê iemand voor)

Wie heuning wil eet, moet steke verdra. (vir iets besonders moet jy gereed wees om onaangenaamheid te verduur)

onbelangrik

Dit kom nie daarop aan nie. (dit maak nie saak nie)

onbenullig

Dit is net ’n brekfis. (dit is net ’n kleinigheid)

onbereikbaar

Die vêrste berge is die blouste. (onbereikbare dinge lyk altyd aantreklik) (Distance lends enchantment to the view.)

onbeskaaf

Agteraf mense. (Backward people.)

Van die gramadoelas kom. (van ’n onbeskaafde deel van die land kom)

onbeskof

Van ’n donkie kan jy ’n skop verwag. (van ’n onbeskofte persoon kan jy slegte behandeling verwag) (You should expect a kick from a donkey.)

onbetroubaar

Iemand sê aand- en môrepraatjies stem nie ooreen nie. (Someone changes his/her tune.)

’n Afgod met voete van klei. (A clay idol.)

onbevooroordeeld

Sonder aansien des persoons. (sonder om onderskeid te tref tussen mense) (Without fear or favour.)

onderbeklemtoon

Nie sodat jy dit sal agterkom nie. (skertsende antwoord op ’n vraag om die erns weg te neem)

onderduims

Agterbaks wees. (agter iemand se rug gaan)

ondergang

Op die afdraande wees met jou briek los. (jou eie ondergang bepaal) (Dig one’s own grave.)

onduidelik

Hy loop in sirkels soos ’n mal hond.
(Erika)

ongeduld

Ek is so ongeduldig, soos ‘n hoer met ‘n baba.
(Moonlite)

ongeleerd

Eendag as die leeubekkies brul. (Once in a blue moon.)

Wanneer ’n eier ‘n hen lê. (Once in a blue moon.)

ongeletterd

Nie ’n A van ’n B ken nie. (Not know A from B.)

ongelooflik

Wonder bo wonder. (Miracle of miracles.)

ongelukkig

Ek sweer ek is so ongelukkig, as dit sou heuning reën, sal ‘n bol kak my tref.
(Pietman)

ongemaklik

Voel soos ’n kraai met pouvere. (To feel out of place. / To feel ill at ease.)

ongemanierd

Hoe groter gees, hoe groter bees. (mense met buitengewone talente is dikwels ongemanierd)

ongeskik

Dis ’n slegte aasvoël wat bly sit as hy gevreet het. (wat iemand sê as hulle geëet het en wil vertrek)

Iemand hou sy lyf aasvoël. (kom net voor ete aan en vertrek onmiddellik daarna) (Be a sponger.)

ongesteld

Ek voel bietjie kop-onder-die-vlerk.

onhandig

Soos ’n aap in ’n glaskas. (Be like a bull in a china shop.)

onkant

Hy is met sy broek op sy enkels betrap. (Hy is onkant gevang.)

onkunde

Iemand ken nie die abc nie. (Someone doesn’t know the abc.)

Jy lyk ’n mooi aap. (jy sal dit nie regkry nie)

Nie weet waar jy aan of af is nie. (Not know whether one is coming or going.)

So min van iets weet soos ’n aap van godsdiens. (niks van ’n saak weet nie)

Van die hele moord niks weet nie. (weet niks van die saak nie) (To be quite ignorant of the whole affair.)

Vir iemand die abc moet leer. (vir ’n onkundige persoon met eenvoudige sake help) (Teach someone the abc.)

onmoontlik

Water in ’n mandjie probeer dra. (die onmoontlike probeer doen) (To try to carry water in a sieve.)

onnodig

Dit kom nie daarop aan nie. (dit is onnodig)

onopgevoed

Jy is so skurf mens kan kaas met jou rasper.
(Johan)

onopgewasse

’n Man van twaalf ambagte en dertien ongelukke. (iemand wat niks behoorlik kan doen nie) (Jack of all trades and master of none.)

onraad

Daar’s ’n geurtjie aan. (die saak is nie heeltemal pluis nie)

onregverdig

Hy is maar onder die belt. (sy gedrag word gekenmerk deur onregverdigheid / hy is van ’n lae klas)

onsamehangend

Die ding lyk maar tonteldoek. (onsamehangend – so praat hulle in die noorde van Suid-Afrika)

onseker

Dis nog nie aand nie. (dinge kan nog skeefloop) (Don’t bless the day before it is over. / There’s many a slip ‘twixt the cup and the lip.)

Nie weet waar jy aan of af is nie. (Not know whether one is coming or going.)

onsinnigheid

Dié kaf kan jy op ’n ander mark gaan verkoop. (hou nie van jou onsinnige praatjies nie)

onsmaaklik

As jy aas roer, stink dit. (moenie jou met onsmaaklike sake bemoei nie)

onthou

Dis wanneer ons onsself vergeet dat ons dinge doen wat verdien om onthou te word.

ontspan

Klim uit die streskas! (ontspan)

ontuis

Hy lyk so uit soos ’n verdwaalde poep in ‘n sak spykers.
(Chris)

ontwikkel

Die mos begin werk. (die saak ontwikkel) (Matter are coming to a head; things are beginning to hum.)

onverklaarbaar

‘n Hond word kwaad as jy in sy gesig blaas, maar hy steek sy kop by die motorvenster uit.

onverwags

Hy het hier aangewaai gekom. (onverwags opgedaag)

onvriendelik

Iemand skeef aankyk. (iemand met afkeer aankyk) (Look down your nose at someone.)

oog

Jou oë blink soos nat beesmis in die maanlig.
(Hendrik)

Vandag voel my oë soos ganspoepholle in paartyd.
(Magda Landsberg)

Waterige ogies soos ’n hartseer fonteinpadda.
(Andre)

ooglopend

Jy kyk al weer in jou ooglede vas. (sien nie die ooglopende nie) (You are not keeping your eyes open.)

oorbodig

Dis nou druiwe na die Boland stuur. (dis oorbodig)

oordryf

Moenie die dam onder die eend uitruk nie.
(Meermin)

oorlas

Derdemannetjie speel. (’n verliefde paar pla deur jou teenwoordigheid)

oorskat

Hy probeer hoër vlieg as wat sy vlerke lank is. (hy oorskat homself)

oortref

Sy maters is klein dood. (hy oortref almal) (There is nobody quite like him; he has no match.)

opbring

Jongosse inspan.

opdaag

Êrens aangewaai kom. (onverwags opdaag)

openbaar

Aan die kaak stel. (Show something up.)

opgee

Van iets afsien.

opgewonde

Ek is nou so opgewonde soos ’n budgie op steroids.
(Boetman)

ophef

Veel geskreeu en weinig wol. (ophef oor iets kleins maak)

opinie

As ek jou opinie wou gehad het, sou ek dit vir jou gegee het.
(Kwagga)

oplettend

Oë van agter en van voor hê. (Have eyes in the back of one’s head.)

opskudding

’n Vals alarm. (’n opskudding veroorsaak sonder rede) (A false alarm.)

optimisties

Daar is nog koring in Egipte. (moenie moedeloos raak nie, dinge sal verbeter) (Beter times wil come; all is not lost.)

optree

Die daad by die gedagte voeg. (dadelik optree) (Suit the action to the word.)

opvoeding

Gebore en getoë. (Born and bred.)

ordelik

Iets agtermekaar sit. (Put something straight.)

Iets is agtermekaar. (Everything is ship-shape.)

ordentlik

Moenie die slagoffer van jou eie ordentlikheid wees nie.
(Simon)

ore

Mens kan mielies in sy ore plant. (ore is baie vuil)

ouderdom

Mag jy so oud raak dat die vlooie in jou plooie begin nesmaak.
(Janie)

Mag jy so oud word dat jou poepelhare op die grond sleep.
(Elize Ehlers)

’n Ou paal. (’n ou man)

Op jou oudag. (op ’n hoë ouderdom)

Oudword is nie vir sissies nie.

Sy is so oud haar tiete lyk soos ’n 1940 Ford se mudflaps.
(Cindy van Huyssteen)

Wat jong is, speel graag – wat oud is, neul graag. (kinders hou daarvan om te speel en oumense om te kla)

ouderwets

Uit die oude doos. (Out of date.)

ouer

Al is die ouer hoe arm, hy dek tog warm. (enige ware ouer sorg vir sy kinders)

oujongnooi

Bokwagter word. (oujongnooi word)

Stuur asseblief enige Afrikaanse spreekwoorde, gesegdes, uitdrukkings en ander sêgoed aan bydraes@roekeloos.co.za.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | R | S | T | U | V | W | Y