A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | R | S | T | U | V | W | Y
raad
By die duiwel gaan bieg. (by jou vyand raad vra)
Iemand van advies dien.
ras
Pieter se nuwe meisie is ’n mooi melkkoffie. (mengsel van wit en swart)
reën
Dit het gister net so ’n slangsleepseltjie gereent in die Kaap. (bietjie gereën)
“Wanneer iemand gesê het dit reën nou lekker, was sy antwoord: O, ek dog dit reën water.”
(Ria Daneel (sêgoed van haar oorlede pa))
reg
Alles wel. (alles in orde) (All is well.)
reguit
Sy vertel hom waar die bus stop. (Sy vertel hom reguit die waarheid.)
rem
Hy hou van ankers uitgooi by elke stopstraat. (hard rem trap)
reputasie
Hy is bekend as die bont hond. (het ’n swak reputasie)
respekteer
Iemand in ag neem.
ritme
Die meisie het so min ritme, sy kan nie eers aan ’n deur klop nie.
(Rohan / Chirese van Wyk)
rof
Ek is so rof, ek drink boomslanggif as ’n shooter.
(Faffa)
Ek is so rof, ek skiet my tande met ’n haelgeweer skoon
(Faffa)
Kyk, daai ou is so rof hy bunnyhop die microwave.
(Frikkie Jansen)
Kyk, hy is so rof hy dubble clutch die Webber.
(Frikkie)
rook
As ek moes rook sou die Groot Baas ’n skoorsteentjie by my ore uitgebou het.
(ingestuur deur Gerhard Schafer, sêgoed van sy oorlede pa)
Daar is net een pad na jou longe toe, jy kan dit net sowel teer.
(Irene Myburgh)
Moenie rook terwyl jy borsvoed nie, jy mag dalk jou ma brand.
(Y2K)
rugby
As jou pad deur die kantvoorspelers versper word, gebruik jy die geweldbreek.
(Danie Craven)
Die Stormers moet nou opstaan uit daai lamrugby-groef waarin hulle verval het.
ruggraatloos
Die Jors is ‘n regte agterdeursuiper. (hy is ruggraatloos)
ruimhartig
My hart is soos ‘n taxi, altyd plek vir nog een.
(Milly)
rus
Ek gaan die naweek in ‘n hinderlaag lê … ek gaan laag lê, dan hinder niemand my nie.
(Willem Wikkelspies)
rustig
Jy is so rustig soos ‘n walvis in ‘n wasbak.
(Hannah)
So cool soos ’n kollie in ’n Gholf.
(Jurgen Hanekom)
ry
Almal wat stadiger as jy ry is ’n idioot en almal wat vinniger ry is ’n maniak.
ryk
Dit is baie beter om te huil in ’n luukse BMW as op ’n tweewielfiets en dit is nog beter om jou trane te laat val van ’n drieverdieping mansion as wat dit op jou kaia se grondvloer val. (ryk trou)
(Johann Nell)
Goed af wees. (Be well off.)
Stuur asseblief enige Afrikaanse spreekwoorde, gesegdes, uitdrukkings en ander sêgoed aan bydraes@roekeloos.co.za.
A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | R | S | T | U | V | W | Y
