Afrikaanse spreekwoorde en uitdrukkings – A

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | R | S | T | U | V | W | Y

aanlê

Hier is ek … so wat gaan jy met jou ander twee wense doen?
(Dirk Burger)

Jy hou jou latjiesbeen by ’n meisie. (jy lê aan by haar – uit Worcester se omgewing)

Sy het so ’n broeishennetjie-manier van aanlê by die seuns, draai al om hulle.

aanmoediging

Baie laastes sal die eerstes wees. (The last shall be the first, and the first the last.)

aantreklik

Jou pa se tollie was seker ’n chillie, want jy’s hot. (jy is baie aantreklik)

Jou rooi Russiese veghond! (jy is baie aantreklik)
(Sandra Kuhn)

aas

Waar aas is, vergader die arende. (mense gaan altyd iewers waar hulle iets kan kry)

advokaat

Wees duidelik en openhartig met jou advokaat … dit sal dan sy taak wees om alles deurmekaar te maak.

afkeur

Iets staan iemand nie aan nie. (hou nie van iets nie)

afluister

Daar is te veel dak op die huis. (daar is mense wat ons afluister)

agting

Hoog aangeskryf staan by iemand. (in iemand se goeie guns wees) (Be in someone’s good books.)

Hoog in aansien wees. (hooggeag wees)

Iemand van aansien. (iemand wat hooggeag word)

Laag aangeskryf staan by iemand. (in onguns wees by iemand) (Be in someone’s bad books.)

amper

Tussen die bye, maar nog nie by die koekie nie. (amper, maar nog nie)

angstig

Ek voel nou soos ’n tienerdogter met ’n puisie.
(Lizzy)

antwoord

Hy gee nie sy mond verniet kos nie. (altyd ’n antwoord gereed) (He has a ready tongue.)

Kopskote gee. (’n besondere raak antwoord gee; die waarheid onverbloemd vertel) (To give someone a telling answer; to deliver a stinging blow; to tell someone the truth unadorned.)

argument

As daar ‘n mossie verbyvlieg moet die vere waai.
(YY)

Die bene onder die lyf uitslaan. (iemand se argument verkeerd bewys) (To take the wind out of someone’s sails; to cut the ground from under someone’s feet.)

Ek sê nie ek is altyd reg nie, ek is net nooit verkeerd nie.
(Johan)

Moet nooit met ‘n idioot argumenteer nie, hulle lei jou tot op hulle vlak wen jou dan lyk jy soos die idioot.
(Lana)

armoede

Brood maak jou maag vol. Armoede maak jou gatvol.
(Basie)

Ek is so arm, ek moet my kar bottelstoor toe stoot.
(Gerrie Harmse)

Om ´n arm pa te hê is jou lot, om ´n arm skoonpa te hê is onnoselgeit.
(Joe M)

Ons in Namakwaland sê altyd iemand trek toon. Dit beteken hy loop met sy voete want hy is te arm om ‘n kar te bekostig.
(Rita)

Ons was so arm toe ons klein was, as ek nie ‘n laaitie was nie het ek niks gehad om mee te speel nie.
(Lombies)

Ons was so arm, die voëls het vir ons krummels aangedra.
(Bertus Strauss)

So arm soos ’n luis op ’n kam. (baie arm) (As poor as a church-mouse.)

astrant

Die Julius is hardekoejawel, inkoejawel en ingat!

Stuur asseblief enige Afrikaanse spreekwoorde, gesegdes, uitdrukkings en ander sêgoed aan bydraes@roekeloos.co.za.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | R | S | T | U | V | W | Y