Afrikaanse spreekwoorde en uitdrukkings – S

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | R | S | T | U | V | W | Y

saamstem

Akkoord gaan met.

sag

Mens vang meer vlieë met ’n lepel stroop as met ’n vat asyn. (met sagtheid word meer bereik as met geweld)

sake

Hy het uitgevind dat nul nul is. (hoe sake staan) (He now knows what is what; he has learnt a thing or two.)

Waar die boer nie is nie, word sy baard nie geskeer nie. (die eienaar moet vir sy eie sake sorg, anders word dit verwaarloos)

sedes

Daai girl is so los soos Tastic rys.
(Buf)

Sy is so los soos ‘n tuinhekkie.
(Christelle Senekal)

see

Die blou dam. (The deep blue sea.)

sekerheid

Dis nie altemit nie. (heeltemal seker)

Dis nou nie almaskie nie. (heeltemal seker) (Of that you can be sure.)

’n Koei kan moontlik ’n boom klim. (jy kan nooit iets met sekerheid sê nie) (You never can tell; you never know.)

seks

Al wanneer jy nee mag sê vir seks is wanneer iemand jou vra of jy genoeg gehad het.
(Spottie)

As ek in jou ore fluister, skop jou voete nou-nou die plafon raak.

As ’n meisie vir jou vra hoe hou jy van jou eiers in die oggend? Dan sê jy ‘liggies gekrap met lang naels’.
(Faffa)

Daai Jors kan vir jou lank ploeg! (Jors kan lank … hmmm … vry.)

Die mannetjie kwyl agter rok-goed aan. (hy kan nie vrouens uitlos nie)

Die meisies by Tukkies is gek oor mieliestamp.

“Dis jy wat met haar getjoing-tjoing het en nie ek nie.”
– Mikro, Gonnakolk

Ek is nou so lus om moord te pleeg. Ek soek net iemand wat my wil dood spyker.
(Eugene)

Hy wil graag op haar klein grasperkie gaan speel.
(Quintus van Rensburg 4 Januarie 2024)

Seks is soos jou salaristjek, mens praat nie regtig daaroor nie, want netnou kry die ander ou meer as jy.

Stop ’n mooi meisie so vol wors dat haar oë soos slaghuisvensters lyk.
(Faffa)

Van alles wat ek al gedoen het like ek seks die meeste.
(Gysie)

selde

Af en toe. (Off and on.)

selfvertroue

Uit jou skulp kom. (Te voorskyn kom. / Jou skaamheid vergeet.) (Creep out of one’s shell.)

selfvoldaan

Hy is so selfvoldaan, hy skree sy eie naam as hy klimaks.
(Pieter Botha)

siekte

Die bed hou. (weens siekte in die bed bly) (Be laid up.)

sit

Die spul daar op Bergplaas sit dassie, daar word nie geploeg nie. (sit in die son)

Ek sit nou so lekker ek staan sommer op en sit weer.
(Gielie)

skaaf

Hy is blikners gery. (sy boude en bene is deurgeskawe – kan ook beteken hy het hom halfdood gery)

skaam

Hy is so skaam vir meisies, hy kan nie eens ‘n hoer in ‘n hoerhuis optel nie.
(Floris)

Voel of jy in die aarde kan insink. (Feel as if the earth can swallow one.)

skaars

Dit is so skaars soos koekies in die weeshuis.
(Neeltjie)

So skaars soos ’n tweedehandse doodkis.

skade

Waar jy nie self by is nie, word jou gesig nie gewas nie. (jy ly skade as jy nie by jou goed is nie)

skeel

Die ou is so skeel dat hy met twee skeermesse gelyk moet skeer.

Een oog in die pot en die ander in die skoorsteen.

Hy is so skeel, die een oog kyk hel toe en die ander hotel toe.
(Hermien)

Hy’s so skeel, as hy huil loop die trane van sy rug af.

Hy’s so skeel, hy kan deur ‘n opgerolde tuinslang kyk.
(Glen Pretorius)

Hy is so skeel, hy kyk homself stip in die oë.
(Faffa)

Hy’s so skeel, hy maak die tuinhekkie oop en dan klim hy oor die muur.
(Staal)

Hy is so skeel, terwyl hy braai hou hy die vleis dop met een oog en soek solank nog hout met die ander.
(David Beukes)

Jy’s so skeel, jy kyk jouself diep in die oë.
(Willers)

Sy binneleisel is te kort. (hy is skeel)

skel

Ek sal jou oë uitsuig en omgekeerd terugspoeg sodat jy kan sien wat se kak in jou kop aangaan.
(Fish)

Jou klein aapstert! (You little rascal!)

Jou ouma se bal! (as jy jou toon stamp of iemand praat snert met jou)
(Bosfeetjie)

Jou tannie se ballas.
(Blondie)

Toon respek volgende keer as jy iemand iets wil toesnou. In plaas van om te sê “Jou ma se …!” sê liewer “U moeder se …!”
(Vlindervlerk)

skelm

Hy is so skelm, hy bid onder ’n skuilnaam.
(Staal)

Hy’s so skelm hy steel ’n CD uit ’n CD-speler uit sonder dat die musiek stop.
(Faffa)

Hy’s so skelm, jy moet jou vingers tel nadat jy met hom handgeskut het.
(Montaine)

Klein diewe het ysterkettings, groot diewe goue kettings. (klein skelms word gevang, terwyl groot skelms wegkom)

Kraaie pik nie mekaar se oë uit nie. (skelm mense doen mekaar gewoonlik geen kwaad nie) (Hawks will not pick hawks’ eyes out. / Dog does not eat dog.)

Wie met die duiwel uit een skottel eet, moet ’n lang lepel hê. (wie met slegte mense sake doen, moet verwag om gekul te word) (He should have a long spoon to sup with the devil.)

skerp

Haar skoene het sulke skerp punte, sy kan ’n slang in die hol skop.
(Marius)

skielik

Voor jy “mes” kon sê. (Before you could say “Jack Robinson”.)

skiet

Dis aldag skietdag, maar nie aldag raakdag nie. (mens tref nie altyd die kol nie) (One has one’s off-days.)

skil

Met broek en baadjie (met skil en al).

skinder

Julle ruil gebedsversoeke uit.
(Bee)

Met iets aangedraf kom. (ongevraagde inligting verskaf) (Be a tell-tale.)

’n Klikbek wees. (ongevraagde inligting verskaf) (Be a tell-tale.)

skoon

Jou brandewyn bloots drink. (sonder om dit te meng met iets)

skoonheid

Skoonheid vergaan, maar deug bly staan. (Beauty without bounty avails not. / Beauty is but skin-deep.)

skop

Ek skop jou blaas droog.
(Kalla)

skouer

Hangskouers soos ’n kasteroliebottel.
(’n Sêding in die Noord-Kaap.)

skrik

Hy raak toe sommer doringbos vir haar. (skrikkerig)

Jou ’n aap skrik. (groot skrik) (Be frightened out of one’s wits.)

Jou uit lit skrik. (baie groot skrik) (To be frightened out of one’s wits.)

skryf

Gou met die pen. (’n vaardige skrywer)

skuld

Die skuld dra vir iets. (verantwoordelik wees vir iets) (Take the blame for something.)

Hy is op die afdraand met sy briek los. (het baie skuld wat sy ondergang gaan beteken)

Skuld maak. (iets koop wat jy nie dadelik kan betaal nie) (Incur a debt.)

Soveel skuld hê as hare op jou kop. (baie skuld hê) (Be up to one’s ears in debt.)

skurf

Hy is so skurf, hy loop sy skoene van binne af deur.
(Kudu)

slaag

Indien jy die eerste keer slaag – probeer om nie te verbaas te lyk nie.

slaan

Ek slaan jou met ’n sweep dat jou siel deur die tralies van jou ribbes loer.
(Andre)

Iemand slaan dat hy sy ma vir ’n eendvoël aansien. (so slaan dat hy nie lekker deur sy oë kan sien nie) (To make someone see stars.)

’n Afgedankste loesing. (kwaai pak slae) (The hiding of one’s life.)

slaap

Bietjie op my rug gaan staan.
(Arina Sterkenburg)

Ek het soos ’n pannekoek geslaap.
(Ester)

’n Gat in die dag slaap. (baie laat slaap)

Nie ’n oog toemaak nie. (Not get a wink of sleep.)

sleg

Dit gaan maar patats. (dit gaan maar sleg)

So tussen die by en die koek. (nie te sleg nie)

slegsê

Ek gaan jou ogies uitsuig en dit vir jou afterstevoor terugspoeg sodat jy kan sien hoe vol kak jou kop is.

Ek hou nie genoeg van jou om jou te haat nie.
(Pieter Botha)

Gaan spyker ’n kat sodat jou nageslag kan muise vang.
(Riempies)

Hy het ’n mond soos ’n oop deur in winter, jy wil dit net toeklap.
(Pieter Botha)

Jou bestaan alleen is ’n goeie rede hoekom seks onwettig verklaar moet word.
(Pieter Botha)

Mag jou vingers in vishoeke verander en jou knaters begin jeuk.
(Spikkelkat)

Ruik jy ook iets stink, ek dink dis die kak uitdrukking op sy gesig.
(Pieter van der Merwe)

Soos ’n opgewarmde bottermes smeer sy my met haar mond vuil.

slim

Slim vang sy baas. (jy kan jou vasloop as jy te slim probeer wees) (Be too clever by half.)

slordig

Hy lyk soos een wat met die nagtrein gekom het. (slordig) (To look as if one has slept in one’s clothes; to look like a scarecrow.)

sluheid

’n Aap in die mou hê. (’n slinkse plan beraam) (Have an ace up one’s sleeve.)

snert

Deur die wind wees. (kaf praat)

Ek ken kak en ek ken ice-cream, en hierdie is nie ice-cream nie!
(Bianca van Vuuren)

Hy het orale diaree.
(Andre)

Jy gorrel sop!

Jy is besig om vis te vang in ’n pispot.
(Zinobel Liebenberg)

sneuwel

In die gras byt. (sneuwel)

In die sand byt.

In die stof byt. (To bite the dust.)

soen

’n Soen sonder ’n snor is soos n eier sonder sout.
(Jared)

’n Soen sonder ’n snor is soos pap sonder sout.

Sy soen soos ’n stofsuier. As sy klaar is, moet jy jou onderbroek uit jou hol uit trek.
(Gerhard)

soms

Af en aan. (Off and on.)

son

Die son het uit die see opgerys soos ’n gloeilamp uit ’n bad water.

Die son sit manshoogte van die berg af.

sonbrand

Die Gautengers lê witpens op Kampsbaai se strand.

sooibrand

Ek is nou so lus vir ‘n Rennie ek eet sommer ’n pastei.
(Leroy)

spandabel

Vinniger by die agterdeur uitgaan as wat dit by die voordeur inkom. (Live beyond one’s means.)

speelgoed

’n Penis is die beste speelding wat ouers vir ’n kind kan gee, want hy gaan nie uit fashion uit nie.
(Jimmy)

spoed

Die definisie van spoed is om ‘n poep in ’n rondawel se hoek vas te keer met 3 knopkierries.
(Johan Lotter)

sport

As jy deelneem in sport maak dit nie saak wie wen of verloor nie, wat saak maak is wie die gespatste raak by die party na die tyd.
(Lombies)

spot

Iemand vir die aap hou. (spot met iemand) (Make a monkey out of someone. / Make an ass of someone.)

sproet

’n Gesig soos ’n kalkoeneier. (gesig vol sproete)

stadig

Net goed wees om die dood te gaan haal. (as jy baie stadig is)

Te laat vir sy eie begrafnis wees. (baie stadig wees)

staatmaak

Moenie die beer se vel verkoop, voordat hy geskiet is nie. (moenie op iets staatmaak voor dit ’n werklikheid is nie) (Don’t count your chickens before they are hatched.)

’n Agtermekaar kêrel. (A fine fellow.)

steel

Geleentheid maak die dief. (as iemand die kans kry sal hy steel / kwaad doen)

‘Kak en betaal!’ was die wet van Transvaal. Nou is ‘Steel daai deng!’ die wet van Gauteng.”
(Jason Marshall)

stem

Hy hou van op die lawaaiwa klim. (met die meerderheid saamstem)

sterf

Asem uitblaas.

sterk

In die krag van sy lewe. (op sy sterkste en beste) (In the prime of his life.)

Op krag kom. (sterker raak) (To regain one’s strength.)

steur

Dit laat my koud. (ek steur my nie daaraan nie)

stil

Ek is so stil soos ’n duikboot, ek kom net op om kak te maak.
(Kalla)

Jy is so stil soos ’n bedlampie.
(Hannah)

Op grond van Hannah se bydrae: Sy is so stil soos ’n bedlampie, maar pasop as sy afgaan.
(Quintus van Rensburg)

stilbly

As ek met jou wil praat sal ek die toiletketting trek!
(Rudolf)

stink

Hier het een gesit en pikstele knyp. (jy loop in ‘n toilet in wat stink.) (Lödveteig Nan uit Swede)

stof

Die pad is snuif tussen Soebatsfontein en Koingnaas. (die pad is vol fyn stof)

stomp

Mens kan op dié mes Kaap toe ry. (die mes is stomp)

straf

Met iemand afreken. (Get even with someone.)

suinig

Agterstevoor suinig wees. (geld bespaar op klein dingetjies en dan onnodig bestee daarna) (Be penny wise and pound foolish.)

Hy is ’n regte cheapskate.

Hy’s so suinig, hy haal deur sy neus asem om sy tande te spaar.
(Riempies)

Uit suinigheid die boel bederf. (Don’t spoil the ship for a ha’p’orth of tar.)

sukkel

Ou Jors boer agteruit. (Go downhill.)

Ou Jors sleep darem nog so aan. (sukkel voort)

suksesvol

As dikmelk kaas geword het. (as mense suksesvol raak, word hulle dikwels verwaand)

Goed van iets afkom. (op ’n bevredigende manier uit die moeilikheid kom)

swaar

Hy het al harde korsies gebyt. (hy het al swaar gekry)

Jou akker sal kraak. (jy sal swaar kry)

swakplek

Iemand se Achilleshiel. (Someone’s Achilles heel.)

sweet

Jy sweet soos ’n hoer in die kerk.
(Johan Deug)

swyg

Iets agterweë laat.

Stuur asseblief enige Afrikaanse spreekwoorde, gesegdes, uitdrukkings en ander sêgoed aan bydraes@roekeloos.co.za.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | R | S | T | U | V | W | Y