Chamaedorea elegansHierdie is die ideale palm vir ‘n beskutte of binnenshuise tuin. Dit het oranjegeel blomme.Plant dit in grond wat maklik dreineer en gee gereeld voeding en water.Die plant kan droë lug verdra, maar spuit die blare gereeld af. Die plante floreer indien hulle goed kan asemhaal.
Kategorie Argiewe:Plante
Perskes
Daar is verskillende perskes, almal gewild weens hul heerlike geur en omdat hulle oor so ‘n lang tydperk dra.Die ideale klimaat is ‘n warm somer en koue winter. Indien die winter nie koud genoeg is nie is die bome traag om te bot. Indien jy nie in ‘n ideale gebied woon nie moet jy kultivars …
Eiers vir jou tuin
Fyngemaakte eierdoppe is ‘n uitstekende bron van kalsium vir die tuin. Werk dit by die grond in. Dit bevorder selgroei en wortelvorming.
Tuinbeplanning
Indien jy iemand soek om jou tuin te beplan kan jy aanklop by die Instituut vir Landskap-argitekte van Suid-Afrika. Professionele landskapargitekte kan by hulle aansluit nadat hulle ‘n etiese kode onderteken het. Besoek http://www.ilasa.co.za/ vir meer inligting.Jy kan ook die Suid-Afrikaanse Landskapering-instituut kontak by val@sali.co.zaBaie van hul lede is landskapkontrakteurs.
Koljander
Coriandrum sativumKoljander is eenjarig. Dit word direk gesaai en ontkiem na ongeveer 10 dae. Saai die plante in groepe om mekaar te ondersteun. Saai liefs in die herfs of lente, anders sal dit te vinnig saad skiet. Moet dit nie naby dille of vinkel saai nie.Koljander verkies grond met baie kompos.
Pietersielie
Petroselinum neapolitanumPetroselinum neapolitanum is Italiaanse pietersielie. Mens kry ook Petroselinum crispum, krulpietersielie. Eersgenoemde is die meeste geskik vir gebruik in kos. Krulpietersielie word gebruik vir garnering.Pietersielie is gewoonlik ‘n tweejarige plant, maar Italiaanse pietersielie kan tot 4 jaar groei voor dit saad skiet, veral as die hart uitgeknip word. Saai so van tyd tot tyd …
Plant bome en struike
Indien jy in die lente nuwe bome en struike plant moet jy dit nie verbrou deur die grond te bederf met die byvoeging van organiese materiaal nie.’n Gat vol kompos en sagte organiese materiaal is ‘n gemaklike bed vir die wortels en hulle sal nie sommer in die omliggende area versprei nie. Indien die wortels …
Potplante
Voordat plante in ‘n hout houer geplant word is dit raadsaam om eers ‘n plastiese voering in te sit om die hout te beskerm.* Moenie ‘n stukkende kleiblompot weggooi nie. Jy kan die skerwe onder in’n ander pot sit om dreinering te bevorder en om die plant vogtig te hou.* As ‘n plant te groot …
Son op jou groente
Hoeveel son het jou groentetuin nodig?Groente verkies son deur die hele loop van die dag, maar indien jy in ‘n skaduryke omgewing woon hoef jy nie hande in die hare te sit as dit kom by groente kweek nie. Die volgende minimum son is nodig vir die volgende groente:Vrugdraende groente – het ag ure son …
Plantluise
Plantluise hou nie van kappertjies nie. Laat week twee handevol kappertjieblare in 500ml kookwater vir 15 minute. Gebruik 10 druppels van die aftreksel saam met 1 liter water om jou eie spuitstof teen plantluise te maak. Jy kan ook kappertjies by ander plante kweek om plantluise weg te hou.Spuit plantluise met ‘n mengsel van 2 …
