Met die negentigste viering van Afrikaans as amptelike landstaal word die lewe en werk van Totius, bykans sinoniem met Afrikaans, in die kollig geplaas met getoonsette gedigte en vertellings.
Sleutelwoord Argiewe:Aardklop
#Aardklop Byderhand
Ervaar nuwe werk van skrywers en kunstenaars soos T.T. Cloete, Strijdom van der Merwe, Hans du Plessis, Harry Kalmer, Roela Hattingh, Johan Myburg, Frederick J. Botha, Gerrit Jordaan en Deon Meiring.
#Aardklop ATKV Blits-gedigte-werkswinkel
Alliterasie, assonansie, simboliek en rymelary. Leer so vinnig soos blits om gedigte te skryf wat roer, vermaak en verlei.
#Aardklop MA!
Maggie is pas ontslaan uit die rehabilitasiesentrum en probeer haar voete vind.
#Aardklop Klein jakkalsies
Julle ontmoet, raak smoorverlief en trou. Die eerste drie jaar is een lang wittebrood. Maar dan lui die voordeurklokkie op een onvoorsiene dag en die een ongenooide klein jakkals ná die ander stap in.
#Aardklop Jani
Jani Allen – ’n liefling vir sommige en uitgesproke teenoor almal, ’n intelligente kommentator en taal-virtuoos.
#Aardklop Hemelruim
Mariaan en Roelof ontmoet by ’n braai. Hy is ’n sukkelende byeboer, sy is ’n lektor in kosmologie aan die Universiteit van Kaapstad.
#Aardklop Aartappels en ammo
Aartappels en ammunisie – dís wat jy moet opgaar voor die Groot Ramp ons tref.
Mini-Fees in Roodepoort
Lefra Produksies bring ‘n minifees na die Roodepoortteater van 19 tot 21 November met produksies wat uitstekend gevaar het met die onlangse Aardklop Nasionale Kunstefees.
#Aardklop After-party
Laataand weerklink die klanke gemik op die jonges van gees met Bittereinder, Jack Parow en DJ Naaldekoker wat tot 00:30 die Aardklop-terrein op horings gaan neem.
