Roekeloos.co.za span tegnologie in om vas te stel hoe mense werklik voel oor 2012 se KKNK. Ons scrapers lees elke Facebook-inskrywing, twiet en artikel wat in Oudtshoorn gegenereer word.
Sleutelwoord Argiewe:Anna-Mart van der Merwe
Doodsnikke
Vir Doodsnikke bring Janice Honeyman ’n formidabele span bloubloed-akteurs byeen om lewe te blaas in Sam Shepard se boeiende Pulitzer-bekroonde drama wat op ’n mespunt tussen humor en afgryse dartel.
God van chaos
Wanneer die Villiers-egpaar die Le Rouxs nooi om ’n bakleiery tussen hulle seuns uit te sorteer, ontaard dié
beskaafde bespreking in ’n volskaalse voorstedelike burgeroorlog.
Oom Wanja herleef in Afrikaans
Die Russiese dramaturg Anton Tsjechov is vanjaar 100 jaar oorlede en ter herdenking daarvan word Oom Wanja by vanjaar se KKNK opgevoer. Dit is ook tot dusver een van die fees se topverkopers en dis die eerste keer dat ´n volledige Tsjechov produksie by die fees te sien is.
Begeerte
‘n Koppige ou wewenaar wat sy seuns afgesweer en verlaat het, keer onverwags terug na sy plaas met ‘n nuwe, heelwat jonger bruid.