KKNK 2012 Telbord

Roekeloos.co.za span tegnologie in om vas te stel hoe die man op straat en kritici werklik voel oor 2012 se KKNK produksies en kunstenaars. Ons web scrapers lees elke Facebook-inskrywing, twiet en artikel wat in Oudtshoorn en omgewing gegenereer word tydens die fees.

Die lys word saamgestel op grond van feesgangers se kommentaar op Facebook, Twitter, Google+ en resensies in die media na afloop van die produksies. Weens die groot hoeveelheid data sal getalle twee maal per dag bygewerk word.

Net die gewildste 10 in elke afdeling word gelys.

[Die uitslag sal in die onderstaande spasies verskyn. Daar sal ook aparte daaglikse brokkies gepubliseer word met die jongste verwikkelinge. Afdelings sal bygevoeg word soos nuwe data beskikbaar word.]

Posisie Gewildste Teaterproduksies Gewildste Musiekproduksies Gewildste Kuns Gewildste Musikante
1.

Babbel

Haloda Voël Vry – Bernard Barry The Parlotones
2. Vagina Dentata – ‘n Kabarett Chris Chameleon – Klank van jou oë Kevin Atkinson Karen Zoid
3. Rooiland GPS vir die lewe Vrees en Verlies – Katie Barnard du Toit Die Heuwels Fantasties
4. Mafeking Road Coenie de Villiers – Hart van glas Ik ben een Afrikander – Teresa Lizamore Vusi Mahlasela
5. Journeys van die hart Afskop Treffer na Treffer James Malgas NRG energie
6. Die vrou vantevore Shanghai Brunch Voëlvry Toer – Grahamstad 1989 – Tim Hopwood Karlien van Jaarsveld
7. Teerling My broertjie, my bra Living Things: Handspring Puppets Now Nicholis Louw
8. Mooi Maria Ses Snare Marlise Keith Emo Admas
9. My Vrou se Man se Vrou Laurika Rauch – Nuwe temas Gestolde kreet Bouwer Bosch
10. My pa dink hy’s Elvis 20 Hande 1 Hart Reeksmoord – Juria le Roux Zolani Mahola

Posisie Gewildste Akteurs Gewildste Aktrises
1. Stian Bam Brümilda van Rensburg
2. Wessel Pretorius Greta Pietersen
3. Marcel van Heerden Roxanne Bain
4. Brendon Daniels Kelly-Eve Koopman
5. Tobie Cronje Milan Murray
6. Wilhelm van der Walt Kim Cloete
7. André Stolz Erica Wessels
8. Andrew Laubscher Tinarie van Wyk Loots
9. Matthew Lewis Amanda Strydom
10. Charlton George Anna-Mart van der Merwe

Die 2012 Woordfees is gebruik as ‘n toets. Die belangstelling het alle verwagtinge oortref en die aantal afdelings is uitgebrei vir die KKNK.

Hoe word dit gedoen?
1. Facebook, Twitter en Afrikaanse publikasies word ge-scrape en alle data wat moontlik verband hou met die KKNK word getabuleer. Vir Twitter en die publikasies is ‘n scraper geskryf in php. Vir Facebook word die Facebook API ingespan.
2. Die data word vergelyk met die lys van produksies en kunstenaars soos dit verskyn in die KKNK-program om te bepaal oor wie en wat gepraat word.
3. Die resultate word met die hand nagegaan en enige advertensies word verwyder.
4. Die oorblywende resultate word gebruik om die individuele tellings vir elke produksie en kunstenaar by te werk*.

*In gevalle waar produksies ‘n gelyke telling kry word die een wat eerste die telling behaal het eerste gelys.

Elize het gevra dat die name bekendgemaak word van publikasies wat ge-scrape word. Reg so! Die lys sal op hierdie kol verskyn:
Beeld, Die Burger, Krit (neem ‘n foto van ‘n Krit-resensie met jou selfoon en stuur dit aan bydraes by roekeloos.co.za), RSG, Vrouekeur

Enige voorstelle of vrae oor die stelsel kan gestuur word quintusvr by gmail.com.

Stuur enige resensies of bydraes oor die KKNK na bydraes by roekeloos.co.za.

Afrikaanse feeste en ander waarvan jy wil weet!

KKNK Telbord
KKNK Telbord

Sluit aan by die Gesprek

4 Kommentare

  1. Ek is baie beindruk met hierdie manier van ‘meet’. Ek glo dit gee n ware weergawe van hoe ‘die volk’ wat die toegangsgelde betaal en die sale volmaak die KKNK (of enige ander byeenkoms)ervaar het. Mens moet onthou dat baie van ons gewone mense (waarvan ek beslis die mees gewone is) nie altyd die tegniese of wetenskaplike of akademiese ‘effort’ verstaan wat ingesit word om daardie vertoning op die planke te kry nie. Ons bydrae (en ek praat net namens myself) is om hierdie vermaaklikheidssterre die geleentheid te gee om goed te voel oor hulself, om vir hulle n platvorm te gee om n boodskap oor te dra (kyk maar na Vagina Dentata – briljant!!). Roekeloos se fasiliteit sitdie ‘ware’ kommunikasieproses in plek. Goed gedoen ‘Roekeloos’.

Lewer kommentaar

Leave a Reply