Roekeloos.co.za span tegnologie in om vas te stel hoe die man op straat en kritici werklik voel oor die produksies en kunstenaars 2012 Nasionale Kunstefees in Grahamstad. Ons web scrapers *probeer elke Facebook-inskrywing, twiet en artikel lees wat uit Grahamstad en omgewing kom tydens die fees.
Die telbord word saamgestel op grond van feesgangers se kommentaar op Facebook, Twitter, Google+ en resensies in die media na afloop van die produksies. Die getalle op hierdie bladsy word van tyd tot tyd aangepas.
Posisie | Gewildste Teaterproduksies | Gewildste Musiekproduksies | Gewildste Kuns | Gewildste Musikante |
1. | Exhibit A | The Muffinz | Retinal Shift (Mikhael Subotzky) | The Muffinz |
2. | The Three Little Pigs | Shannon Hope | Venus at Home (Usha Seejarim) | Shannon Hope |
3. | Mies Julie | Kelebogile Boikanyo | Kelebogile Boikanyo | |
4. | … miskien | Paige Mac | Guy Buttery | |
5. | Owl | Hassan’adas | Sibongile Khumalo | |
6. | Brothers in Blood | Nibs van der Spuy and Guy Buttery | Ayanda Sikade | |
7. | Moffie | Mango Groove | Paige Mac | |
8. | Race | Reflect. Celebrate. Live. | Afrika Mkhize | |
9. | The Cradle Of Human Kind | The Fox and the Horn | John Ellis | |
10. | Through Blue | Afrika Mkhize | Shane Cooper |
Posisie | Gewildste Akteurs | Gewildste Aktrises |
1. | James Cuningham | Thembi Mtshali-Jones |
2. | Shaun Acker | Nondumiso Tembe |
3. | Beren Belknap | Cindy van Acker |
4. | Albert Pretorius | Lerato Lipere |
5. | Michael Richard | Jessica Harrison |
6. | Graham Hopkins | Briony Horwitz |
7. | Rob van Vuuren | Stefania du Toit |
8. | Martin Evans | Nicola Haskins |
9. | Mlu Zondi | Hilda Cronje |
10. | Omphile Molusi | Thoko Ntshinga |
Net die gewildste 10 in elke afdeling word gelys.
(* Twitter beperk die aantal navrae wat Roekeloos se program op een slag kan rig. Tydens die gestoei met Twitter glip daar beslis hier en daar ‘n twiet deur en kan Roekeloos nie aanspraak maak dat elke twiet definitief gelees word nie.)
Hoe word dit gedoen?
1. Twitter en Suid-Afrikaanse publikasies word ge-scrape en alle data wat moontlik verband hou met die fees word getabuleer. Die Facebook API word ingespan om inligting op Facebook in te samel. Google+ word met die hand nagegaan – soek nog ‘n manier om die inligting outomaties te versamel.
2. Die data word vergelyk met die lys van produksies en kunstenaars soos dit verskyn in die feesprogram om te bepaal oor wie en wat gepraat word.
3. Die resultate word met die hand nagegaan en enige advertensies word verwyder.
4. Die oorblywende resultate word gebruik om die individuele tellings vir elke produksie en kunstenaar by te werk*.
(*In gevalle waar produksies ‘n gelyke telling kry word die een wat eerste die telling behaal het eerste gelys.)
Enige voorstelle of vrae oor die stelsel kan gestuur word quintusvr by gmail.com.
Stuur enige resensies of bydraes oor die Nasionale Kunstefees na bydraes by roekeloos.co.za.
2012 Woordfees Telbord (die eerste probeerslag)
Lewer kommentaar