Nog ’n kans vir kaartjies vir een van SA se mees gewilde musiekfeeste!

Kaartjies vir beide Liefde by die Dam konserte in Johannesburg en Kaapstad, het binne `n dag na die verkope in Februarie oopgemaak het, uitverkoop.

Liefde by die Dam is terug!

Vir die afgelope twee jaar het die pandemie alle konserte gekelder, maar nou is dit gelukkig weer tyd om die hekke wyd oop te swaai en te laat waai! Liefde by die Dam is een van daardie feeste wat musiefliefhebbers op hul kalender merk. “Next level” soos die outjies in die voorste ry dit noem. Groot name op een van die grootste musiekverhoë in die land. Die program sorg vir die heerlikste musiek vir jonk en oud, `n ideale dag uit saam met jou vriende en familie.

Halfvol – die album

Die streng inperkings-reëls in 2020 het vir Corné Pretorius, `n bedrywige besigheidsman, skielik die kans gegee om sy droom om `n sanger te wees, te begin uitleef. Binne `n jaar het hy reeds groot sukses behaal met sy debuut-liedjies “Vuur en Vlam”, “Vergewe My”, “Halfvol” en “Biertjies.” Die nuutste enkelsnit “Liefde is `n Werkwoord” is verlede …

Suidoosterfees vier Erfenismaand op hoë noot

September is Erfenismaand, en die Suidoosterfees vier vanaf die 21ste dié spesiale gebeurtenis op Suid-Afrikaners se kalender met twee Lockdown Legato-aanbiedings: Kaapsentriek en Maestro’s en mentors.

Die Heuwels Fantasties se nuwe video: ‘Plekkie in die Son’ met Early B

Ten spyte van die uitdagings, het DHF in 2020 drie nuwe albums uitgereik. 2021 wat in Mei die lig gesien het, het drie treffers gelewer wat altesaam reeds om en by `n honderd miljoen luisteraars op radio bereik het. Liedjies van al drie albums, wat dan ook “Live in Lockdown” en “Herverbeel” insluit, is ook …