Woordfees 2012 Telbord

Die Woordfees is vanjaar oorval met groot groepe feesgangers. Roekeloos.co.za se eksperiment om die Woordfees data op sosiale media te ontleed was ewe suksesvol. Groot getalle mense het die daaglikse telborde geraadpleeg om uit te vind wat gewild is by die fees.

Op Facebook en Twitter het dit gegons. Die grootste verrassing was egter die produksies waaroor gepraat is. Kwaliteit produksies het voorkeur geniet, veral die keuse van musiek was van hoër gehalte as by meeste ander Afrikaanse feeste. Daar is selfs oor kuns gesels.

Ons haal Coenie Visser aan wat op Facebook geskryf het : “Stellenbosch Woordfees is die nuwe KKNK?”
‘n Meer volledige ontleding van die KKNK se data word tans oorweeg.

[72% van die feesgangers het Twitter gebruik en 28% Facebook. Die oorweldigende meerderheid het hul selfone gebruik om kommentaar te lewer, gevolg deur skootrekenaars en ‘n paar tablette (iPads ens.) – Blackberry was die gewildste handelsmerk onder die selfone.]

Gewildste teaterproduksies by Woordfees.
Gewildste teaterproduksies by Woordfees.
Gewildste musiekproduksies by Woordfees.
Gewildste musiekproduksies by Woordfees.
Gewildste kuns by Woordfees.
Gewildste kuns by Woordfees.
Gewildste persoonlikhede by Woordfees.
Gewildste persoonlikhede by Woordfees.

TEATER

(net die gewildste 10 gelys)

1. N is vir Neurose

2. Ont

3. Thom Pain (based on nothing)

4. Nag, Ma

5. Die Francois Toerien Show 8 – soos gesien op TV!

6. Grieta kry geleerdheid

7. Die rebellie van Lafras Verwey

8. Bullets over Bishop Lavis

9. Paloekas – Die dagboek van ‘n single girl

10. ‘n Lewe in die teater

MUSIEK

(net die gewildste 10 gelys)

1. Karen Zoid & Zolani Mahola

2. Vusi Mahlasela & Lize Beekman

3. Jak de Priester – van Nougat tot nou

4. Chris Chameleon & Kaleidoskoop

5. Cape Consort Baroque

6. Romanz & Die Gugulethu Tenore

7. USSO – Franse program

8. Dan Patlansky

9. Suiderkruis Mis

10. Transkripsie

KUNS

1. Paul Emsley

2. Ik ben een Afrikaander 2

3. Sanlam Kultuurplesier!

GEWILDSTE PERSOONLIKHEDE

(net die gewildste 10 gelys)

1. Wessel Pretorius

2. Emo Adams

3. Lize Beekman

4. Jak de Priester

5. Zolani Mahola

6. Karen Zoid

7. Sandra Prinsloo

8. Martelize Kolver

9. Chris Chameleon

10. Vusi Mahlasela

KLIK HIER OM MEER TE LEES OOR HOE DIE LYSTE SAAMGESTEL IS

… en hier is ‘n kiekie van ‘n Eva in die Bos

Eva in die Bos
Eva in die Bos

(NOG FOTO’s VAN MENSE WAT GEVERF WORD IN DIE BOS … deur Silene PSO)