Trivia G

G

Trivia A | Trivia B | Trivia C | Trivia D | Trivia E | Trivia F | Trivia G | Trivia H | Trivia I | Trivia J | Trivia K | Trivia L | Trivia M | Trivia N | Trivia O | Trivia P | Trivia R | Trivia S | Trivia T | Trivia U | Trivia V | Trivia W | Trivia Y | Trivia Z

Galsteen

Galsteenprobleme tref meer vrouens as mans.

Garnaal

´n Garnaal se hart sit in sy kop.

Gas

Natuurlike gas is reukloos. ‘n Reukmiddel word bygevoeg sodat lekke opgespoor kan word.

Gat

Die Groot Gat in Kimberley is nie die wêreld se grootste gat wat met die hand gegrawe is nie. Die Jagersfontein Myn, suid-wes van Bloemfontein, is die grootste.

Die diepste gat wat die mens gegrawe het is die Kola-boorgat in die noorde van Rusland. Die gat is 12,26 km diep. Die voormalige Sowjet Unie het daarmee begin en 24 jaar later eers opgehou, omdat dit te warm begin word het.

Gauteng

Die enigste ekonomie in Afrika wat groter is as die van Gauteng, is Egipte s´n.

Gemorspos

Vanaf die jaar 2000 tot die jaar 2002 het gemorspos (spam) 21 keer vermeerder.

Gebou

Die hoogste gebou in Afrika is die Carltonsentrum in Johannesburg. (2007)

Getroud

Sowat 35% van mense wat normaalweg by ´n Hoekie vir Eensames aansluit is gewoonlik reeds getroud.

Gholfbal

´n Gholfballetjie het 336 kuiltjies.

Gil

Indien jy aaneen gil vir 8 jaar, 7 maande en 6 dae sal jy genoeg energie produseer om een koppie koffie warm te maak.

Glase klink

Om te wys dat die wyn nie vergiftig was nie het die middeleeuse gasheer die gas se wyn in sy glas gegooi en eerste gedrink. Indien die gas sy gasheer vertrou het, het hy sy glas geneem en geklink met die van sy gasheer ter aanduiding dat die gasheer se gebaar onnodig is. So het ons begin glase klink.

gloeilamp

Die wêreld se oudste gloeilamp werk nog steeds – al sedert 1901.

Gom

´n Suid-Afrikaner, George Pratley van Krugersdorp, het Pratley Putty uitgevind.

Google

Google se eerste naam was Backrub.

Goud

´n Stuk suiwer goud so groot soos ´n vuurhoutjiedosie kan platgemaak word tot ´n dun plaat so groot soos ´n tennisbaan.

Al die goud wat al ooit ontgin is sal pas in ‘n kamer wat 17 m lank, 17 m hoog en 17 m breed is. (2007)

Die wêreld se tandartse gebruik elke jaar meer as 60 ton goud. (2007)

Die wêreld se grootste goue standbeeld is die 15de-eeuse Sukhotai Traimit-standbeeld van Boeddha in Bangkok, Thailand. Dit is 5,4 m hoog en weeg 5,4 ton. (2007)

‘n Goudstaaf so groot soos ‘n vuurhoutjiedosie kan so dun uitgeslaan word dat dit ‘n tennisbaan bedek.

Goudvis

Indien jy ´n goudvis in ´n donker vertrek aanhou sal dit na ´n sekere tydperk wit word.

´n Goudvis se geheue is net sowat 3 sekondes lank.

Graslande

Suid-Afrika se graslande het sowat 30 spesies per vierkante kilometer – hierdie tipe biodiversiteit laat reënwoude sleg lyk.

Griep

Sowat 36 000 sterf jaarliks in Amerika aan griep.

Groei

Seuns kan groei tot hulle 21 is, terwyl meisies ophou groei op omtrent 16.

Grond

Die totale grondoppervlak van alle lande is 13 056 million hektaar. Gelykop verdeel tussen die wêreldbevolking sal elke persoon laat met 2,1 hektaar. ‘n Hektaar is 100 meter by 100 meter groot. (2006)

Grondboontjies

Grondboontjies is een van die bestandele van dinamiet.

Grot

Die langste grotstelsel in die wêreld is die Mammoth Cave-stelsel in Kentucky in die VSA wat 571 km lank is.

Die Kango Grotte in Oudtshoorn is een van die grootste natuurwonders ter wêreld.

Sudwala het die wêreld se oudste grot (200 miljoen jaar).

Daar is bewyse dat die Sudwala-grotte tot 1.8 miljoen jaar lank menslike bewoners gehad het.

Trivia A | Trivia B | Trivia C | Trivia D | Trivia E | Trivia F | Trivia G | Trivia H | Trivia I | Trivia J | Trivia K | Trivia L | Trivia M | Trivia N | Trivia O | Trivia P | Trivia R | Trivia S | Trivia T | Trivia U | Trivia V | Trivia W | Trivia Y | Trivia Z

Lewer kommentaar

Leave a Reply