L
Trivia A | Trivia B | Trivia C | Trivia D | Trivia E | Trivia F | Trivia G | Trivia H | Trivia I | Trivia J | Trivia K | Trivia L | Trivia M | Trivia N | Trivia O | Trivia P | Trivia R | Trivia S | Trivia T | Trivia U | Trivia V | Trivia W | Trivia Y | Trivia Z
Ladysmith
Ladysmith se vorige name was Windsor en Juanasburg.
Lag
In 1962 het ‘n groep skoolmeisies in ‘n dorp in Tanzanië onophoudelik begin lag. Hierdie lagbui het later ‘n epidemie geword. Die hele gemeenskap het later gelag. Omringende dorpe se inwoners het aangesteek voor die owerhede ingegryp het en skole in die area gesluit het. Die lagepidemie het ses maande geduur.
Vroue glimlag meer as mans.
Lande
Die Vatikaan Stad is die kleinste land ter wêreld met ´n bevolking van sowat 1000.
Lara Croft
Lara Croft, die karakter in die rekenaarspeletjie Tomb Raider, se abnormale grootte borste is geskep toe die speletjieontwerper Toby Gard die verstelling vir haar borste met 150% vergroot het en almal wat aan die speletjie gewerk het eenparig besluit het dat die nuwe borste moet bly. Die karakter se naam is ook verander, dit sou oorspronklik Laura Cruz wees.
Laser
Die woord laser is die letterwoord vir Light Amplification by Stimulated Emission of Radiation.
Leeftyd
Regshandiges leef gemiddeld 9 jaar langer as linkshandiges.
Lees
Die gemiddelde persoon lees 250 woorde per minuut.
Leeu
´n Leeu kan tot 50 keer op ´n dag paar.
’n Leeu se brul kan tot 8 km vêr gehoor word.
Leonardo Da Vinci
Leonardo Da Vinci kon met sy een hand skryf, terwyl hy met sy ander hand teken.
Leonardo Da Vinci het die sker uitgevind.
Leuens
´n Mens lieg gemiddeld twee keer per dag.
Mense is meer geneig om leuens te vertel tydens sosiale interaksie, 25% van die tyd.
Leeukop
Leeukop by Kaapstad is so genoem omdat dit aan die kop van ‘n leeu herinner. Reeds in 1642 het die Duitser Schmallkalden ‘n kaart geteken waarop die naam Löwen Bergh verskyn. Die vertaling van hierdie Duitse pleknaam kom voor in die aanhaling : ” … verbij ‘t fort na achter den Leeuwenbergh” . (Liebenberg, H. 2007. Cabo de Goede Hoop : Van Plekke en Mense. Maiores 2007, nr. 2)
Lewe
Van die oudste tekens van lewe op aarde is al gevind in die oostelike deel van Suid-Afrika. Dit is blou-groen alge wat sowat 3 500 miljoen jaar oud is.
Lig
Wat is die spoed van lig? Ongeveer 300 000 kilometer per sekonde.
Links
Jou linkerhand doen normaalweg 56% van die tikwerk op jou sleutelbord.
Lippe
Die mens is die enigste dier met ‘n liplyn wat die lippe onderskei van die res van die vel.
Lipstiffie
Die meeste soorte lipstiffie bevat visskubbe.
‘n Vrou sluk gemiddeld 2,5 kg lipstiffie in haar leef.tyd.
Lokomotief
Suid-Afrika het 2400 werkende lokomotiewe.
Londen
Jou gewone glas kraanwater in Londen is gemiddeld al sewe keer vantevore gedrink.
Longe
James D. Hardy het die eerste longoorplanting gedoen op 11 Junie 1963 in Jackson, Mississippi in die VSA.
Lugspieëling
Die bedrieglike weerspieëling van landskappe word veroorsaak deur sterk temperatuurverskille in luglae naby die aardoppervlakte wat straalkromming tot gevolg het.
Trivia A | Trivia B | Trivia C | Trivia D | Trivia E | Trivia F | Trivia G | Trivia H | Trivia I | Trivia J | Trivia K | Trivia L | Trivia M | Trivia N | Trivia O | Trivia P | Trivia R | Trivia S | Trivia T | Trivia U | Trivia V | Trivia W | Trivia Y | Trivia Z