H
Trivia A | Trivia B | Trivia C | Trivia D | Trivia E | Trivia F | Trivia G | Trivia H | Trivia I | Trivia J | Trivia K | Trivia L | Trivia M | Trivia N | Trivia O | Trivia P | Trivia R | Trivia S | Trivia T | Trivia U | Trivia V | Trivia W | Trivia Y | Trivia Z
Haai
´n Haai kan een deel bloed in 100 miljoen dele water opspoor.
´n Haai is die enigste vis wat beide oë gelyktydig kan knip.
Die witdoodshaai beweeg van die dag van sy geboorte tot die dag wat hy sterf sonder om te stop.
As haaie te lank onderstebo gaan beland hulle in ‘n koma.
Haaie kom meer kalm voor as jy vir hulle AC/DC speel.
hael
Op 14 April 1986 is 92 mense dood in ‘n haelstorm in Bangladesj. Die grootste haelsteen ooit is hier gekry. Dit het 1 kg geweeg. (2007)
Die ergste haelstrom was op 20 April 1988 in Uttar, Pradesj, Indië toe 246 mense gesterf het. (2007)
Halley se komeet
Halley se komeet neem 76 jaar om sy wentelbaan te voltooi in ons sonnestelsel.
Happy Meals
40% van McDonald’s se wins word verdien deur Happy Meals.
handsak
‘n Vrou sal gemiddeld 111 handsakke in haar lewe besit.
hare
Hare op jou kop groei tussen twee en ses jaar voor dit vervang word.
haring
Haring (dis ‘n soort vis) kommunikeer deur hul poepe.
hart
Die meeste hartaanvalle vind tussen ag en nege in die oggend plaas.
Die gemiddelde mens se hart sal ongeveer 3 000 000 000 keer klop in ’n leeftyd.
Hermanus
Hermanus is die beste plek ter wêreld om na walvisse te kyk.
hiëna
Die hiëna is die mees effektiewe aasdier en kan bene, hoewe en vel verteer.
hoëhakskoene
Hoëhakskoene is oorspronlik vir soldate ontwerp. Dat was om te keer dat hul voete uit die stiebeuels glip wanneer hulle perdry. Dit het gou mode geword in die Franse koningshuise onder mans en vrouens.
hoenders
Daar is meer hoenders as mense in die wêreld.
Die langste wat ’n hoender nog gevlieg het, was 13 sekondes.
Hoenders kan aan depressie ly.
hond
Die wêreld se oudste hond het 29 jaar oud geword. (2011)
honderd
Japan het die meeste honderdjariges, 25 606 (2005).
hoofpyn
Vrouens kry meer hoofpyn as mans.
horlosies
In William Shakespeare se Julius Caesar is daar ‘n verwysing na ‘n horlosie. Daar was nog nie horlosies in die tyd van Julius Caesar nie.
Die grootste horlosie is in die stad Mekka in Saoedi-Arabië. Die gesigplaat het ‘n deursnee van 46 meter (2010).
hottentotsgot
´n Sekere soort hottentotsgot kan net paar wanneer die wyfie die mannetjie se kop afbyt.
Die Hottentotsgot word deur die San beskou as ´n simbool van goddelikheid.
huweliksdrankie
Dit is die gebruik onder mans in seker Afgaanse stamme om ´n drankie met warm bulsperm te drink op hul huweliksnag. Hulle glo dit is ´n geslagsprikkelaar.
Trivia A | Trivia B | Trivia C | Trivia D | Trivia E | Trivia F | Trivia G | Trivia H | Trivia I | Trivia J | Trivia K | Trivia L | Trivia M | Trivia N | Trivia O | Trivia P | Trivia R | Trivia S | Trivia T | Trivia U | Trivia V | Trivia W | Trivia Y | Trivia Z