E
Trivia A | Trivia B | Trivia C | Trivia D | Trivia E | Trivia F | Trivia G | Trivia H | Trivia I | Trivia J | Trivia K | Trivia L | Trivia M | Trivia N | Trivia O | Trivia P | Trivia R | Trivia S | Trivia T | Trivia U | Trivia V | Trivia W | Trivia Y | Trivia Z
Eend
’n Eend se kwaak kan nie eggo nie. Niemand weet hoekom nie.
Effektebeurs
Die Johannesburgse Effektebeurs is die vyftiende grootste effektebeurs ter wêreld.
Egiptenare
In antieke Egipte het priesters elke haar van hul liggaam verwyder.
Die Ou Egiptenare het juweliersware vir hul krokodille, wat hulle as troeteldiere aangehou het, gekoop.
Die antieke Egiptenare het bobbejane opgelei en gebruik as kelners.
Egoli
Egoli – Plek van goud was die eerste volwaardige Suid-Afrikaanse sepie.
Eiers
‘n Hen het 24 – 26 ure nodig om ‘n eier te produseer. Die rusperiode is normaalweg 30 minute.
Die verste wat ‘n eier al gegooi is sonder om te breek is 98,51 meter in Texas in 1978. (2006)
Eiervrug
Twee derdes van die wêreld se eiervrugte word in New Jersey gekweek.
Eiffeltoring
Die Eiffeltoring in Parys is 15 cm hoër in die somer.
Eikebome
Eikebome word meer as enige ander boom deur weerlig getref.
Ekonomie
Suid-Afrika het die 25ste grootste ekonomie in die wêreld.
Elektriese stoel
Die elektriese stoel is deur ´n tandarts ontwerp.
Elmboog
Dit is onmoontlik om jou elmboog self te lek. Meeste mense probeer wel op een of ander stadium van hul lewe.
Elvis
Elvis het ´n tweeling boetie gehad wat met geboorte gesterf het, die se naam was Jesse Garon Presley. Elvis se vol naam is (let op die spelling) Elvis Aron Presley
Elvis Presley se natuurlike haarkleur was blond.
Elvis Presley het ‘n C gekry vir musiek.
Engelse Kanaal
Feliz Baumgartner het op 31 Julie 2003 op 30 000 voet uit ‘n vliegtuig gespring en oor die Engelse Kanaal gesweef tot in Frankryk en sodoende die eerste persoon geword om die kanaal op die manier oor te steek.
Engelssprekendes
China het meer Engelssprekendes as die VSA.
Erdwurm
Erdwurms het tot ag harte.
Everest
Die Berg Everest word elke jaar 4 mm hoër.
Onlangse kommentaar