Trivia E

E

Trivia A | Trivia B | Trivia C | Trivia D | Trivia E | Trivia F | Trivia G | Trivia H | Trivia I | Trivia J | Trivia K | Trivia L | Trivia M | Trivia N | Trivia O | Trivia P | Trivia R | Trivia S | Trivia T | Trivia U | Trivia V | Trivia W | Trivia Y | Trivia Z

Eend

’n Eend het meer nekbene as ’n kameelperd.

’n Eend se kwaak kan nie eggo nie. Niemand weet hoekom nie.

Eet

’n Fransman het al ’n hele vliegtuig geëet.

Effektebeurs

Die Johannesburgse Effektebeurs is die vyftiende grootste effektebeurs ter wêreld.

Egiptenare

In antieke Egipte het priesters elke haar van hul liggaam verwyder.

Die Ou Egiptenare het juweliersware vir hul krokodille, wat hulle as troeteldiere aangehou het, gekoop.

Die antieke Egiptenare het bobbejane opgelei en gebruik as kelners.

Egoli

Egoli – Plek van goud was die eerste volwaardige Suid-Afrikaanse sepie.

Eiers

‘n Hen het 24 – 26 ure nodig om ‘n eier te produseer. Die rusperiode is normaalweg 30 minute.

Die verste wat ‘n eier al gegooi is sonder om te breek is 98,51 meter in Texas in 1978. (2006)

Eiervrug

Twee derdes van die wêreld se eiervrugte word in New Jersey gekweek.

Eiffeltoring

Die Eiffeltoring in Parys is 15 cm hoër in die somer.

Die Eiffeltoring het 1665 trappe.

Eikebome

Eikebome word meer as enige ander boom deur weerlig getref.

Ekonomie

Suid-Afrika het die 25ste grootste ekonomie in die wêreld.

Elektriese stoel

Die elektriese stoel is deur ´n tandarts ontwerp.

Elgin

Die dorp Elgin in die Wes-Kaap deel sy naam met ‘n dorp in Kanada, ‘n dorp in Australië en sewe dorpe in die VSA.

Elmboog

Dit is onmoontlik om jou elmboog self te lek. Meeste mense probeer wel op een of ander stadium van hul lewe.

Elvis Presley

Elvis het ´n tweeling boetie gehad wat met geboorte gesterf het, sy naam was Jesse Garon Presley. Elvis se volle naam is (let op die spelling) Elvis Aron Presley

Elvis Presley se natuurlike haarkleur was blond.

Elvis Presley het ‘n C gekry vir musiek.

Engelse Kanaal

Feliz Baumgartner het op 31 Julie 2003 op 30 000 voet uit ‘n vliegtuig gespring en oor die Engelse Kanaal gesweef tot in Frankryk en sodoende die eerste persoon geword om die kanaal op die manier oor te steek.

Engelssprekendes

China het meer Engelssprekendes as die VSA.

Erdwurm

Erdwurms het tot ag harte.

Everest

Die Berg Everest word elke jaar 4 mm hoër.

Trivia A | Trivia B | Trivia C | Trivia D | Trivia E | Trivia F | Trivia G | Trivia H | Trivia I | Trivia J | Trivia K | Trivia L | Trivia M | Trivia N | Trivia O | Trivia P | Trivia R | Trivia S | Trivia T | Trivia U | Trivia V | Trivia W | Trivia Y | Trivia Z

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Leave a Reply