Trivia T

T

Trivia A | Trivia B | Trivia C | Trivia D | Trivia E | Trivia F | Trivia G | Trivia H | Trivia I | Trivia J | Trivia K | Trivia L | Trivia M | Trivia N | Trivia O | Trivia P | Trivia R | Trivia S | Trivia T | Trivia U | Trivia V | Trivia W | Trivia Y | Trivia Z

Taal

Suid-Afrikaners praat hoofsaaklik die volgende tale: Zoeloe (22%), Xhosa (16,5%), Afrikaans (11%), Noord-Sotho (8%), Engels (7,5%), Tswana (7,5%), Suid-Sotho (7,5%), Tsonga, Swazi, Venda en Ndebele.

Watter taal het die meeste gebruikers?
Chinese Mandaryn, tans sowat 874 miljoen gebruikers.

Tafelberg

Meer as 16 miljoen mense is reeds met die kabelkar teen Tafelberg in Kaapstad op. (2004)

Tafelberg is ‘n vertaling van Taboa do Cabo wat in 1503 deur die Portugese admiraal, Antonio de Saldanha, so genoem is. Dit beteken letterlik Tafel van die Kaap. (Liebenberg, H. 2007. Cabo de Goede Hoop : Van Plekke en Mense. Maiores 2007, nr. 2)

Skepe wat 200 km van die land is kan Tafelberg in Kaapstad sien.

Tamaties

Tamaties is die gewildste vrug ter wêreld.

Tamatiesous

Wanneer tamatiesous ´n bottel verlaat beweeg dit normaalweg teen ´n spoed van ongeveer 25 myl per jaar.

en

Tamatiesous is in die 1930’s as ‘n medisyne verkoop in Brittanje.

Tande

Die wêreld se tandartse gebruik elke jaar meer as 60 ton goud. (2007)

Die gemiddelde roker verloor 2 tande elke 10 jaar.

Tel

Teen ‘n gemaklike pas sal dit jou sowat 32 jaar neem om tot by een biljoen te tel.

Telefoon

Meer as 50% van die wêreld se bevolking het nog nooit ´n telefoonoproep ontvang of gemaak nie.

Teleskoop

Die grootste teleskoop in die Suidelike Halfrond is in Sutherland in Suid-Afrika.

Televisie

Suid-Afrika het op 5 Januarie 1976 televisie gekry.

Temperatuur

Op 13 September 1922 word die hoogste temperatuur in die skadu gemeet by Al’Aziziyah, Libië. 58 grade Celsius. (2007)

Die laagste temperatuur wat nog op aarde aangeteken is was by Vostok, Antartika op 21 Julie 1983 toe die kwik tot -89 grade Celsius gedaal het. (2007)

tepels
Die vroulike tepel is gemiddeld 1 cm lank wanneer dit styf is.

Termiete

Al die termiete op aarde weeg meer as al die mense op die planeet.

Termiete sal jou huis twee maal vinniger opeet as jy harde musiek speel.

The Rescuers
Daar was ‘n foto van ‘n bostuklose vrou in die Disney kinderfliek, The Rescuers, in 1977. Die foto verskyn so vinnig dat die publiek dit nie kon oplet nie. Die foto is eers in 1999 ontdek. Al die weergawes voor 1999 bevat die foto.

The Rescuers and the naked lady
The Rescuers and the naked lady

Thomas Edison

Thomas Edison, uitvinder van die gloeilamp, was bang vir die donker.

Thomas Edison se laaste asem word in ‘n proefbuis in die Henry Ford Museum in Michigan, Amerika, gehou. Ford wou dit gehad het. Tot vandag toe weet niemand wat die rede daarvoor was nie.

Tibet
Sommige Tibettaanse monnike slaap regop.

Tier

´n Tier se vel is ook gestreep, nie net die hare van die pels nie.

‘n Tier is die grootste landdier wie se dieet uitsluitlik uit vleis bestaan.

Tik

Meeste persone tik normaalweg 56% van die tyd met hul linkerhand.

Toerisme

Elke 8 toeriste wat na Suid-Afrika kom skep werk vir 1 Suid-Afrikaner.

Toerisme na Suid-Afrika groei die vinnigste ter wêreld. Dit het met 84% toegeneem sedert 1994.

Toilet

Die eerste toilet op televisie is vertoon in die program Leave it to Beaver.

Daar is gemiddeld 333 velletjies in een rol toiletpapier.

Tomb Raider

Lara Croft, die karakter in die rekenaarspeletjie Tomb Raider, se abnormale grootte borste is geskep toe die speletjieontwerper Toby Gard die verstelling vir haar borste met 150% vergroot het en almal wat aan die speletjie gewerk het eenparig besluit het dat die nuwe borste moet bly. Die karakter se naam is ook verander, dit sou oorspronklik Laura Cruz wees.

Tong

Die sterkste spier in die menslike liggaam is die tong.

Elke mens het ‘n unieke tongafdruk.

Toutrek

Toutrek was ‘n Olimpiese sport in 1920.

Tree

Die gemiddelde persoon gee 216 262 500 treë in ‘n leeftyd.

Trein

Suid-Afrika se eerste elektriese trein is in 1926 in Durban in gebruik geneem.

Tsunami

‘n Tsunami kan ‘n top spoed van tot 1 000 km/h behaal in die diepsee.

TV

In stedelike gebiede in Suid-Afrika besit 85% van alle huishoudings ´n tv-stel.

Tweegeveg

Tweegevegte is wettig in Paraguay solank albei vegters geregistreerde bloedskenkers is.

Tweeling

´n Identiese tweeling het identiese DNA, maar nie identiese vingerafdrukke nie? DNA beheer nie die velpatrone van vingers nie.

Tygerberg

Die Tijgerbergen (C. 29, 13/4/1711), ook onder andere gespel as Tygerberg / Tierberg is die reeks koppies noord van die Kaapse Vlakte, noordoos van Bellville. In 1657 is dit Gevlekte Luipaertsberg genoem. Later word Tijgerberg ook Tierberg genoem. Die naam verwys na die plantegroei wat kol-kol voorkom en lyk soos die kleurpatroon van ‘n roofdier wat vroeër in Afrikaans tier genoem is (vgl. Ndl. tijger). Daar kom nie tiers in Suider-Afrika voor nie, maar by gebrek aan die regte benaming is die woord gebruik om waarskynlik na die jagluiperd te verwys: “Desen nacht hadden de tijgers 6 van onse Hollantse schapen in de stal doot gebeten …, hebbende verscheyden gaten door de soden muyr van de stal … gebroocken, daer se deur gecomen waren” (V. Riebeeck, Dagverh. 1, 473).(Liebenberg, H. 2007. Cabo de Goede Hoop : Van Plekke en Mense. Maiores 2007, nr. 2)

Trivia A | Trivia B | Trivia C | Trivia D | Trivia E | Trivia F | Trivia G | Trivia H | Trivia I | Trivia J | Trivia K | Trivia L | Trivia M | Trivia N | Trivia O | Trivia P | Trivia R | Trivia S | Trivia T | Trivia U | Trivia V | Trivia W | Trivia Y | Trivia Z

Lewer kommentaar

Leave a Reply