B
Trivia A | Trivia B | Trivia C | Trivia D | Trivia E | Trivia F | Trivia G | Trivia H | Trivia I | Trivia J | Trivia K | Trivia L | Trivia M | Trivia N | Trivia O | Trivia P | Trivia R | Trivia S | Trivia T | Trivia U | Trivia V | Trivia W | Trivia Y | Trivia Z
Baard
Daar is gemiddeld tussen 7 000 en 15 000 hare in ‘n man se baard.
Baba
Daar word elke dag gemiddeld 12 babatjies aan verkeerde ouers gegee by hospitale.
Meer seuns as meisies word bedags gebore; meer meisies word snags gebore.
Bankkaart
Suid-Afrika was die eerste land ter wêreld waar kliënte met ´n bankkaart van een bank by ´n ander bank se OTM kon geld trek.
Barbie
As Barbie regtig gelewe het sou haar mates 39-23-33 gewees het. Sy sou 2,3 meter lank gewees het en haar nek sou 2-keer so lank soos ´n gewone persoon s´n gewees het.
Barbie se volle name is Barbara Millicent Roberts.
Beatles
Aan die einde van die Beatles se liedjie “A Day in the Life” is daar ‘n ultrasoniese fluit wat net deur honde gehoor kan word. Dit is deur Paul McCartney opgeneem vir sy Shetland-skaaphond.
Sgt. Pepper’s Lonely Hearts Club Band was die eerste musiekalbum wat al die lirieke op die omslag gehad het.
Beaufort-Wes
Beaufort-Wes het die oudste munisipaliteit in Suid-Afrika.
Beethoven
Beethoven het sy kop onder koue water gedruk net voor hy gekomponeer het.
Bela-Bela
Bela-Bela se vorige name was Warmbad, Hartingsburg en Badplaas
Ben Hur
Tydens die strydwa-ren in die film Ben Hur kan jy ´n klein rooi motortjie in die verte sien.
Bene
Een kwart van die bene in jou liggaam is in jou voete.
Berge
Vanweë die aarde se swaartekrag kan berge nie hoër as 15 000 m wees nie.
Suidelike Afrika se hoogste berg is Thabana Ntlenyana (3 482 m) in Lesotho. Die naam beteken Oulike klein berg.
Suid-Afrika se hoogste piek is Mafadi (3 446 meter) wat deel is van die Drakensberge.
Die hoogste berg in Afika is Kilimandjaro in Tanzanië. Die piek van die uitgewerkte vulkaan is 5 892 m bo seevlak.
Die hoogste berg in ons sonnestelsel is Olimpus Mons op Mars. Die is hoër as 25 000 m.
Bergklim
Die Suid-Afrikaner Cathy O´Dowd het in 1999 die eerste vrou in die wêreld geword wat Everest van die suide en noorde bestyg het.
Die Suid-Afrikaner Sibusiso Vilane het in Junie 2005 die enigste swart persoon van Afrika geword om die berg Everest twee keer te bestyg met twee verskillende roetes.
Bert & Ernie
Sesame Street se Bert & Ernie is vernoem na onderskeidelik die polisieman en taxiryer in Frank Capra se film It’s a Wonderful Life.
Besparing
American Airlines het $40,000 in 1987 bespaar deur een olyf uit elke slaai wat in eerste klas bedien word te verwyder.
Bethulie
Bethulie se vorige naam was Heidelberg.
Bevolking
Indien China se bevolking in ´n ry, die een na die ander, verby jou stap sal jy nooit die einde van die ry sien nie as gevolg van die tempo waarteen daar geboorte geskenk word in die land.
“Van elke 100 persone wat die wêreldbevolking gaan bykry die volgende dekade gaan 97 uit die ontwikkelende lande kom” Hania Zlotnik (2005)
Bier
‘n Biervloed het Londen in 1814 getref toe ‘n reuse biervat gebars het. Meer as ‘n miljoen liter bier het weggespoel. Nege mense is dood in die vloed – een weens alkoholvergiftiging.
Big Mac
Daar is gemiddeld 178 sesame sade op McDonalds se Big Mac.
Bliksemstraal
‘n Bliksemstraal raak omtrent 30 000°C.
bloed
Die hoeveelheid bloed wat elke drie minute deur die menslike brein vloei is gelykstaande aan omtrent drie blikkies koeldrank.
Een druppel bloed bevat omtrent 250 miljoen bloedselle.
Dit neem jou niere net 4 minute om al die bloed in jou liggaam te filtreer.
Bloemfontein
Bloemfontein is in 1846 gestig. Die stad het sy naam te danke aan blomme wat by ‘n fontein gegroei het.
Blom
Suid-Afrika se nasionale blom is die Koningsprotea.
Blouwalvis
‘n Blouwalvis se hart is so groot soos ‘n klein motortjie.
Boeing
Die vlerkspan van ´n Boeing 747 is langer as die Wright-broers se eerste vlug.
Boek
Die duurste boek is Leonardo da Vinci se Codex wat in 1994 deur Bill Gates aangekoop is vir $30,8 miljoen. (2007)
Boetebessie
Die woord boetebessie het sy ontstaan gehad toe die ‘n joernalis, Frank Burger, besluit het dat Suid-Afrika se eerste vroulike verkeerskonstabel ‘n bynaam moes kry. Haar naam was Bessie Liebenberg. Hy het na haar verwys as Boetebessie en die naam word vandag nog gebruik vir vroulike verkeersbeamptes wat boetes uitskryf.
Boom
Johannesburg is die stad met die meeste bome ter wêreld.
Suid-Afrika se nasionale boom is die Geelhout.
Die Segola-kremetart (Adansonia digitata) by Pafuri is Suid-Afrika se grootste boom met ‘n kroonwydte van 38,2 meter, ‘n stamomtrek van 32,8 meter en ‘n hoogte van 22 meter. Die boom is sowat 2 000 jaar oud.
Johannesburg het 6 miljoen bome. (2007)
borste
Die vroulike bors swel ook op soos die penis wanneer dit gestimuleer word.
Een vroulike bors weeg gemiddeld sowat 499 g en bevat gewoonlik 4 – 5% van ‘n vrou se liggaamsvet.
Sheyla Hershey het tans die wêreld se grootste borsinplantings, 9,84 liter. Haar bra is ’n 38KKK. (2010)
Braai
Die eerste keer wat melding gemaak is van ‘n sosiale braaivleis was in ‘n koerantberig oor ‘n braai wat in 1942 georganiseer is om oorlogfondse in te samel. (A Dictionary of South African English)
Braak
Rotte en perde kan nie braak nie.
Bredasdorp
Bredasdorp se vorige naam was Lange Fontein.
Brein
* Jou brein is ongeveer so groot soos jou twee vuiste saam.
* Jou brein bestaan 60% uit vet.
* Die menslike brein is 80% water.
Brood
Otto Frederick Rohwedder het eerste die idee gehad om klaar gesnyde brood te verkoop. Die publiek was aanvanklik maar skepties oor die nuwe produk in 1928. Dit is as vreemd en sinneloos bestempel.
Brood en Melk
Daar is nie ´n dorp in Suid-Afrika waar jy nie vars brood, melk, groente en vrugte kan koop nie.
Brein
Die brein is die mees komplekse masjien in die heelal – dit het meer as 100 biljoen senupunte, elk met tot 150 000 aansluitings.
Budgie
’n Budgie kak gemiddeld elke 15 minute.
Buig
In die afgelope vyf jaar is 24 inwoners van Tokio dood as gevolg van ‘n ongeluk toe hulle na mekaar gebuig het.
Bulle
Bulle kan nie rooi sien nie, hulle is kleurblind.
Bye
Bye moet die nektar van 2 000 blomme versamel om een teelepel heuning te maak.
Onlangse kommentaar