P
Trivia A | Trivia B | Trivia C | Trivia D | Trivia E | Trivia F | Trivia G | Trivia H | Trivia I | Trivia J | Trivia K | Trivia L | Trivia M | Trivia N | Trivia O | Trivia P | Trivia R | Trivia S | Trivia T | Trivia U | Trivia V | Trivia W | Trivia Y | Trivia Z
Pacman
Die name van die spoke in Pacman is Blinky, Pinky, Inky en Clyde.
Die hoogste telling wat jy in PacMan kan behaal is 3 333 360.
Pad
Suid-Afrika se paaie is in totaal gelykstaande aan 754 600 km. (2004)
Paddas
Paddas haal asem en “drink” water deur hulle vel. Paddas drink dus nie deur hul monde nie.
Pandas
Alle pandas bly die eiendom van China en word slegs aan ander lande verhuur.
Papier
Geen stuk papier kan meer as sewe keer in die helfte gevou word nie.
Papiergeld
Papiergeld is die eerste keer in die tiende eeu gedruk.
Parfuum
Ou dame is in die hysbak oppad 23ste vloer toe, daar klim twee jong dametjies ook in. Die ou dame ruik so en eerste jong dametjie sê: “Red Door – R599. Ou dame ruik weer so en tweede” jong dametjie sê: “Pink – R799.” Die hysbak stop op die 23ste vloer, die ou dame gee so lekker harde poep en altwee die jong dames trek hulle neuse op van die reuk, die ou dame loop en sê: “KOO Beans – R2.99!”
Parys
Daar is meer honde is Parys as mense.
Peking Duck Restaurant
Beijing se bekende Peking Duck Restaurant word, nou al vir vir vyf generasies, deur dieselfde familie bedryf. Die restaurant het sitplek vir 9 000 mense. ‘n Tafel hier is nooit vir meer as ‘n paar minute leeg nie.
Pen
Ongeveer 100 mense sterf elke jaar omdat hulle aan hul penne verstik het.
Perde
Perde kan nie braak nie.
Pêrel
Pêrels smelt in asyn.
Peter Pan
Die naam Wendy is opgemaak vir die boek Peter Pan. Die naam het nie voor dit bestaan nie.
Picasso
Picasso kon teken voor hy hy kon stap.
Picasso se eerste woord was “potlood”.
Picasso is gedoop as Pablo Diego José Francisco de Paula Juan Nepomuceno María de los Remedios Cipriano de la Santísima Trinidad Martyr Patricio Clito Ruíz y Picasso.
Met sy geboorte het die vroedvrou gedink Picasso is doodgebore en het sy hom op ‘n tafel gelos, terwyl sy na sy moeder omsien. Sy oom, dokter Don Salvador, het hom opgetel en sigaarrook in sy gesig geblaas. Met die het baba Picasso begin skree.
In 2006 het die magnaat Steve Wynn ingestem om sy skildery van Pablo Picasso, Le Rêve, te verkoop vir $136 miljoen (ongeveer R1 biljoen). ‘n Dag voor die koop afgehandel moes word het Wynn per ongeluk sy arm deur die skildery gedruk.
Piesangs
Piesangs is radioaktief.
Pinocchio
Pinocchio is Italiaans vir denne kop.
Pizza
Die Skewe Toring van Pizza leun in ´n suidelike rigting!
Plante
Suid-Afrika het sowat 10% van alle plante ter wêreld, 20 000 verskillende soorte.
Die Kaapse Blommeryk, vanaf Nieuwoudtville in die noorde tot by Kaapstad in die suide en oos tot by Grahamstad, het die hoogste konsentrasie plantspesies (9 600) in die wêreld: 1 300 per 10 000 km&sub2;. 70% van die plantspesies kom nerens anders voor nie.
Die Kaapse Skiereiland het 2 285 plantspesies, meer as die hele Brittanje. Op Tafelberg alleen is daar 1 470 spesie, in die hele Brittanje 1 492.
Pluto
Teen die spoed van lig sal dit jou ses ure neem vanaf hier tot by die planeet Pluto.
Poep
Die rekordtyd vir een poep is 2 minute en 45 sekondes.
Indien jy aaneen sou poep vir 6 jaar en 9 maande sou jy genoeg gas kon produseer met energie gelykstaande aan die van ´n kernbom.
Die hardste wat iemand nog gepoep het was 118,1 desibel – so hard soos ‘n vliegtuig wat opstyg.
Die gemiddelde persoon poep 15 keer per dag.
Wanneer ’n poep ontstaan is die temperatuur daarvan omtrent 37ºC.
Polokwane
Polokwane se vorige naam was Pietersburg.
Pornografie
90% van alle pornografiese films word in die San Fernando Vallei in Kalifornië vervaardig.
3% van alle Internet gebruikers kyk af en toe na pornografie. ‘n Derde is vrouens. Die persone spandeer gemiddeld 15 minute aan pornografie op ‘n slag.
’n Vroulike pornografiester verdien gemiddeld tussen R700 000 en R2 miljoen per jaar. ’n Manlike ster sowat R300 000.
35 % van alle “downloads” op die Internet is pornografie.
Port Elizabeth
Port Elizabeth se vorige naam was Fort Frederick.
Posbus
Susamibaai in Japan het ‘n onderwaterposbus. Die posbus is 10 meter onder water en word sedert 1999 deur duikers gebruik. Die plaaslike poskantoor haal elke dag die briewe uit.
Potlood
Standaard potlode skryf ongeveer 250 000 woorde op ‘n 56 km lange lyn.
Praat
Jy praat gemiddeld 5000 woorde per dag – waarvan amper 80% met jouself is!
Die gemiddelde persoon gebruik sowat 150 woorde per minuut wanneer hulle praat.
Pretoria
Pretoria het al verskeie ander name gehad. Dit was eers bekend as Philadelphia, Pretorium en Pretoriusdorp.
Proefbuis
Die wêreld se eerste proefbuisbaba was Louise Brown en sy is in 1978 in Engeland gebore.
Pulp Fiction
Al die horlosies in die film Pulp Fiction staan op 04h20.
Puma
Die uitvinders van die adidas en Puma handelsmerke was broers.
Trivia A | Trivia B | Trivia C | Trivia D | Trivia E | Trivia F | Trivia G | Trivia H | Trivia I | Trivia J | Trivia K | Trivia L | Trivia M | Trivia N | Trivia O | Trivia P | Trivia R | Trivia S | Trivia T | Trivia U | Trivia V | Trivia W | Trivia Y | Trivia Z