Trivia K

K

Trivia A | Trivia B | Trivia C | Trivia D | Trivia E | Trivia F | Trivia G | Trivia H | Trivia I | Trivia J | Trivia K | Trivia L | Trivia M | Trivia N | Trivia O | Trivia P | Trivia R | Trivia S | Trivia T | Trivia U | Trivia V | Trivia W | Trivia Y | Trivia Z

Kaarte

Elke koning in ´n stel speelkaarte verteenwoordig ´n groot koning uit die geskiedenis: Skoppens – Koning Dawid; Hartens – Karel die Grote; Klawer – Aleksander die Grote; en Ruitens – Julius Caesar.

Kakkerlak

´n Kakkerlak kan nege dae sonder ´n kop leef voordat dit sterf … van honger.

Kalkoen

´n Kalkoen kan verdrink as dit opkyk in die reën.

Kameel

‘n Kameel stoor nie water in sy boggel nie, maar vet.

Kameelperd

´n Kameelperd kan sy ore met sy tong skoonmaak.

Indien jy ‘n kameelperd irriteer sal hy op jou spoeg.

‘n Baba-kameelperd is sowat 1,8 m lank wanneer dit gebore word.

Kameelperde kan nie hoes nie.

Kameelperde het nie stembande nie.

Kameelperde is die hoogste soogdiere. Mannetjies is sowat 5,7 meter hoog terwyl wyfies 1 meter korter is.

Kameelperde slaap gemiddeld tussen 10 minute en 2 ure per dag.

Kameelperde het swart tonge.

Kangaroo

Die woord “kangaroo” beteken “ons verstaan jou nie”.

’n Pasgebore kangaroo is klein genoeg om in ’n teelepel te pas.

Kat

Katte kan nie soet proe nie.

´n Kat het 32 spiere in 1 oor.

Katte beskik oor 110 vokale klanke en honde oor 10.

´n Kat se urine gloei onder ´n swart lig.

Katvis

´n Katvis het 27 000 smaakknoppies.

Kermit

Kermit die padda se kraag het elf punte.

Kersfees

Vader Kersfees se pak klere was oorspronklik groen.

Kewer

Die renosterkewer kan 850 keer sy eie gewig dra.

Kimberley

Kimberley se vorige name was Colesberg Kopje, De Beer’s New Rush en Vooruitzicht.

Kirstenbosch

Die botaniese tuin in Kirstenbosch, Kaapstad, is in 1913 begin om Suid-Afrika se inheemse plantegroei te beskerm en was die eerste botaniese tuin ter wêreld wat die weg gevolg het.

Kitaar

Kitaarsnare is oorspronklik gemaak van die ingewande van ‘n kat.

Kitskoffie

Kitskoffie is ’n uitvindsel van ’n Belg met die naam van George Washington wat in Guatemala gewoon het. Hy het dit in 1906 ontdek.

Klankgrens

Chuck Yeager was die eerste mens om deur die klankgrens te breek. Dit was met sy vliegtuig by die Edwards Air Force Base in 1947.

Klere

Kakiekleurige militêre drag is in Suid-Afrika ontwerp.

Klimtol

In die sestiende eeu is klimtolle as wapens gebruik in die Filippyne.

Knie

´n Baba word gebore sonder knieskywe. Dit onwikkel tussen die ouderdomme van 2 en 6.

Knysna

Knysna het Suid-Afrika se grootste Rastafariese gemeenskap.

Koalabeer

’n Koalabeer slaap tot 22 uur per dag.

Koei

Jy kan ‘n koei trappe laat klim, maar nie laat afklim nie.

Koeie het nie boonste voortande nie. Nietemin kan hulle 8 uur lank per dag wei en in die proses 45 kg voer en ‘n bad vol water verorber.

‘n Koei kan 150 liter spoeg per dag produseer.

Koeie wat name gegee word produseer meer melk.

Koeie het ook beste vriende.

Koffie

Die oes van een koffieboom lewer 500 g koffie.

Net olie word wêreldwyd meer verhandel as koffie.

Koffie is aanvanklik geëet. Stamme in Afrika het dit gemeng met vet en balle daarvan gemaak wat hulle geëet het vir energie.

Alle koffie op die planeet word verbou tussen die Steenbok- en Kreef-keerkring. (2010)

Kokosneute

Die vloeistof in jong kokosneute is ‘n substituut vir bloedplasma.

Kommunikasiesatelliet

Kommunikasiesatelliete moet in ‘n wentelbaan ten minste 35 786 kilometer weg van die aarde wees en moet in dieselfde rigting beweeg as wat die aarde draai.

kondome

Kondome is vir die eerste keer in die 16de eeu gebruik, hoewel daar rekords is van Egiptenare wat dieremembrane vir die doel aangewend het. Die massaproduksie van kondome het na die eerste patentering in 1844 begin.

konyne

Konyne kan nie opgooi nie.

Kop

Die mens se kop bestaan uit 22 bene.

Kopstamp

Deur jou kop aanhoudend teen die muur te stamp sal jy sowat 150 kalorieë per uur verbrand.

Kougom

Die wêreld se oudste stukkie kougom is 9 000 jaar oud.

Jy mag nie kougom kou in Singapoer nie.

Kredietkaart

Suid-Afrika was die eerste ontwikkelende land wat kredietkaarte bekendgestel het.

Kreepy Krauly

Die Kreepy Krauly is in 1974 deur ´n Suid-Afrikaner, Ferdinand Chauvier, in sy motorhuis in Springs ontwerp.

Krieket

Die eerste internasionale krieketwedstryd in Suid-Afrika is in Matjiesfontein gespeel.

Krokodil

´n Krokodil kan nie sy tong uitsteek nie.

‘n Krokodil kan in ‘n leeftyd tot 40 stelle tande kry.

Die grootste reptiel is die soutwater-krokodil wat 5 m lank word.

Kus

Kanada het die meeste kuslyn, 202 080 km.

Trivia A | Trivia B | Trivia C | Trivia D | Trivia E | Trivia F | Trivia G | Trivia H | Trivia I | Trivia J | Trivia K | Trivia L | Trivia M | Trivia N | Trivia O | Trivia P | Trivia R | Trivia S | Trivia T | Trivia U | Trivia V | Trivia W | Trivia Y | Trivia Z

Lewer kommentaar

Leave a Reply