F
Trivia A | Trivia B | Trivia C | Trivia D | Trivia E | Trivia F | Trivia G | Trivia H | Trivia I | Trivia J | Trivia K | Trivia L | Trivia M | Trivia N | Trivia O | Trivia P | Trivia R | Trivia S | Trivia T | Trivia U | Trivia V | Trivia W | Trivia Y | Trivia Z
Daar is nie eenstemmigheid van hoeveel gebruikers Facebook werklik het nie, maar dit is beslis meer as 100 miljoen, party meen binnekort meer as 200 miljoen. Ongeveer 1 uit elke 40 persone het ‘n Facebook-profiel. Indien Facebook ‘n land was sou dit een van die grootstes wees, omtrent so groot soos Brasilië. Die land sou beslis meer as 11 amptelike landstale gehad het.
Fietsry
Wetenskaplikes beweer Lance Armstrong verbrand min of meer 1 000 kalorieë per uur wanneer hy deelneem aan die Tour de France.
Film
Die eerste filmvertoning in Suid-Afrika was op 9 Mei 1896 by die Empire Theatre of Varieties in Johannesburg. Dit was ‘n film van RW Paul.
Die eerste film wat in Suid-Afrika vervaardig is was ‘n kort film wat aan die voorkant van ‘n trem opgeneem in Johannesburg in 1896.
Die eerste vollengte, Suid-Afrikaanse speelfilm langer as 1 uur was De Voortrekkers in 1916.
Die eerste Suid-Afrikaanse rolprent met ‘n klankbaan was Moedertjie in 1931.
Daar is meer as 1 000 geregistreerde filmmakers in Suid-Afrika.
Fespaco is die grootste filmfees op die Afrikakontinent. Dit vind tweejaarliks plaas in Ouagadougou in Burkina-Faso.
Daar was meer as 300 000 byspelers in die film Gandhi.
Ford
Die eerste Model-T Ford het in 1910 in Suid-Afrika aangekom.
Fossiele
Die NG Moedergemeente in Senekal, Oos Vrystaat se hele ringmuur is gebou met versteende boomstompe.
40% van al die fossiele van die mens se voorouers wat al gevind is kom uit die Wieg van die Mensdom, ‘n gebied in die Sterkfonteinvallei, 50 km wes van Johannesburg.
Frank Oz
Frank Oz was oorspronklik die stem van Yoda van Star Wars en Miss Piggy van die Muppets.
Frankryk
Franse bruide breek ‘n eier op die drumpel van hul nuwe tuiste voor hulle binne gaan. Dit sorg vir geluk en gesonde baba’s.
Franz Kafka
Die Duitse skrywer Franz Kafka se werke is eers na sy dood gepubliseer.
Fynbos
Die totale wêreldreeks van party spesies fynbos kom soms voor in ‘n gebied kleiner as die helfte van ‘n rugbyveld.
Trivia A | Trivia B | Trivia C | Trivia D | Trivia E | Trivia F | Trivia G | Trivia H | Trivia I | Trivia J | Trivia K | Trivia L | Trivia M | Trivia N | Trivia O | Trivia P | Trivia R | Trivia S | Trivia T | Trivia U | Trivia V | Trivia W | Trivia Y | Trivia Z