S
Trivia A | Trivia B | Trivia C | Trivia D | Trivia E | Trivia F | Trivia G | Trivia H | Trivia I | Trivia J | Trivia K | Trivia L | Trivia M | Trivia N | Trivia O | Trivia P | Trivia R | Trivia S | Trivia T | Trivia U | Trivia V | Trivia W | Trivia Y | Trivia Z
SA ekonomie
Suid-Afrika se ekonomie is die grootste in Afrika.
SA produk
Die enigste Suid-Afrikaanse produk wat al op die maan was is Pratley Putty. Dit het dele van die Apollo 11 aanmekaar gehou in 1969.
SAB
SAB, die Suid-Afrikaanse vervaardiger van Castle Lager, Black Label en vele ander biere, is die tweede grootste bierbrouer ter wêreld.
Sahara-woestyn
Dit het gesneeu in die Sahara-woestyn in 1979.
Sakrekenaar
Die sakrekenaar is in 1642 uitgevind.
Saldanha
Oorspronklik is die naam in sy Portugese vorm Agoada de Saldanha, aan die huidige Tafelbaai gegee. Dit beteken “waterplek van Saldanha” en is vernoem na admiraal Antonio de Saldanha, wat in 1503 daar deur die Khoi verwond is terwyl hy besig was om water te skep. In 1601 het Joris van Spilbergen by die huidige Saldanhabaai verbygevaar en omdat hy aanvaar het dat hy toe Agoada de Saldanha bereik het, hierdie plek so genoem het. Op dié wyse het die naam verskuif na die huidige plek. (Liebenberg, H. 2007. Cabo de Goede Hoop : Van Plekke en Mense. Maiores 2007, nr. 2)
SALT
Die SALT (Southern Africa Large Telescope) by Sutherland is die grootste teleskoop in die Suidelike Halfrond.
Sasol
Sasol sorg vir 40% van Suid-Afrika se brandstof.
Sasol is die wêreld se eerste en grootste raffinadery wat olie uit steenkool maak.
Saturnus
Teen 121 km/h sou dit jou 258 dae neem om om een van Saturnus se ringe te ry.
Die planeet Saturnus sal dryf as jy dit in water plaas.
Scooby Doo
Die karakter Scooby Doo se volle naam is Scoobert Doo.
Seekat
Die pupil van ‘n seekat se oog is reghoekig.
Seekoei
Seekoeisweet is ´n natuurlike sonbrandmiddel met antibiotiese eienskappe.
Die dier wat die meeste mense dood in Afrika is die seekoei.
Seekoeimelk is pienk.
Seester
´n Seester het nie ´n brein nie.
Seinfeld
In elke episode van Seinfeld is daar ´n Superman iewers.
Seks
´n Persoon sal gemiddeld 3000 keer seks hê in ´n leeftyd.
In Lebanon is seks met ´n vroulike dier wettig, maar nie met ´n manlike een nie.
Mense, ape en dolfyne is al soogdiere wat seks vir plesier het.
“Sex” en “Porn” is onder die top vyf soekterme op Google vir kinders jonger as 18 jaar.
Selfmoord
Elke 40 sekondes pleeg daar iemand selfmoord.
Jy kan nie selfmoord pleeg deur jou asem op te hou nie.
Selfoon
24% van alle Suid-Afrikaners besit ´n selfoon.
Selle
Daar is ongeveer 75 triljoen selle in die menslike liggaam.
Sesdag-oorlog
Tydens die Sesdag-oorlog in 1967 was 14 skepe en hul bemanning gestrand in die Suez-kanaal. Daar was hulle gestrand vir 8 jaar. Die vloot het later hul eie poskode gekry. Hulle het bekend gestaan as die Geel vloot as gevolg van die hoeveelheid sand wat op die skepe versamel het.
Shakespeare
“Knock, Knock, Who’s There?” is ’n skepping van William Shakespeare.
Sid Vicious
Sid Vicious, baskitaarspeler van die Sex Pistols wie se regte naam John Simon Ritchie was, is vernoem na groeplid Johnny Rotten se hamster. Die dier het almal glo probeer byt.
Die hamster is vernoem na Syd Barrett van Pink Floyd.
Siener van Rensburg
Dit wat Siener van Rensburg beskou het as “visioene” wat na hom toe kom was niks meer as epilepsieaanvalle nie.
Sigaretaansteker
Die sigaretaansteker is uitgevind voor vuurhoutjies.
The Simpsons
Dit neem ses maande om een episode van The Simpsons te vervaardig.
Singing in the Rain
Die “reën” wat hulle in die film Singing in the Rain gebruik het, was melk.
Sjampanjekurk
Die kanse is groter dat jy deur ´n sjampanjekurk gedood kan word as deur ´n giftige spinnekop.
Sjokolade
Die gemiddelde sjokoladestafie het 8 insek-bene in.
Die Switsers eet die meeste sjokolade, ongeveer 9 kg per persoon per jaar.
Die Sweedse lekkergoedvervaardiger Roland Ohisson, is begrawe in ’n kis gemaak van sjokolade.
54% van Suid-Afrikaanse vroue het die afgelope week sjokolade geëet.
Sjokolade melk dateer uit die laat 18de eeu en is eerste in Jamaika gedrink.
Skaak
Daar is 169 518 829 100 544 000 000 000 000 000 verskillende maniere om die eerste 10 skuiwe uit te voer in skaak.
Skaakmat kom van die Persiese shah mat wat beteken die koning is dood.
skeepswrak
Daar is meer as 2 000 skeepswrakke aan die Suid-Afrikaanse kus ouer as 500 jaar.
Skeer
Die gemiddelde man skeer 145 dae in sy leeftyd.
Skêr
Leonardo da Vinci het die skêr uitgevind.
Skilpad
Skilpaaie kan deur hulle agterente asem haal.
Skip
Suid-Afrika se grootste vraghouerskip is die Nomazwe. Indien jy al die vraghouers op die skip op mekaar stapel sal hulle agt keer hoër as Tafelberg staan.
Skoene
Voor 1800 was skoene vir die linker- en regtervoete dieselfde.
Skoenlappers
Skoenlappers proe met hul voete.
skool
Pieter van der Stael het die eerste skool gestig in Suid-Afrika in Kaapstad op 17 April 1658. Die leerlinge het as aansporing ‘n sopie brandewyn en tabak gekry.
Slaap
´n Mens eet gemiddeld 8 spinnekoppe in jou slaap in ´n leeftyd.
Die gemiddelde persoon raak binne 7 minute aan die slaap.
Perde verkies om te staan en slaap, so ook olifante.
Slak
´n Slak kan tot 3 jaar lank slaap.
‘n Slak het ongeveer 25 000 tande.
Slange
‘n Sekere slangsoort, Rhabdophis tigrinus, op die eiland Ishima in Japan, eet giftige paddas en stoor die paddas se gif vir hul eie verdediging.
Snor
‘n Polisieman in Indië kry ‘n beter salaris indien hy ‘n snor kweek.
Snot
1 uit elke 70 mense eet hulle eie snot.
Soek
Internet soekgidse word sowat 550 miljoen keer per dag gebruik. (ietwat verouderde statistiek)
Soen
‘n Persoon sal gemiddeld 2 weke lank soen in ´n leeftyd.
Die soen wat algemeen bekend is as ‘n “French kiss”, is in Frankryk bekend as ‘n “English kiss”.
Deur vir 1 minuut lank te soen verbrand jy 26 kalorieë.
Soen kan tandbederf veroorsaak.
Om te soen is gesonder as om hand te skud.
sokker
Suid-Afrika was die eerste land in Afrika wat die sokker-wêreldbeker aangebied het.
Somerset-Oos
Somerset-Oos se vorige naam was Boschberg.
Somme
111 111 111 x 111 111 111 = 12345678987654321
Son
Indien die son skielik ophou skyn sal dit ag minute neem voor ons dit agterkom.
Soogdier
Suid-Afrika het die vinnigste landsoogdier, die jagluiperd.
Suid-Afrika het die langste soogdier, die kameelperd.
Suid-Afrika het die grootste land-soogdier, die Afrika-olifant.
Soogdier
Suid-Afrika het die kleinste soogdier, die dwergsjroe (´ soort muis).
Sout
As jy al die sout in die see bymekaarmaak sal dit ’n laag van 2 meter dik oor die aarde se oppervlak vorm.
speeksel
Mans produseer dubbel soveel speeksel as vrouens.
speelgoed
McDonalds is die grootste speelgoedverpreider ter wêreld.
sperm
’n Enkele spermsel dra 37,5 MB DNA inligting. Dit beteken dat ’n normale ejakulering gemiddeld 1 587,5 TB data oordra.
Spier
Die sterkste spier op die planeet aarde is die tong van ‘n reuse salamander in Sentraal Amerika (Bolitoglossa dofleini). Die tong hou 18 000 watt per kilogram spiere.
Spinnekop
Die mens vrees normaalweg spinnekoppe meer as die dood.
Spysverteringstelsel
Dit neem 12 uur om kos ten volle te verteer.
Jou spysverteringstelsel kan tot 10 meter lank wees indien dit reguit getrek word.
Staal
Daar word elke uur meer staal vervaardig as al die goud wat al ooit geproduseer is. (2007)
Standbeeld
Die wêreld se grootste goue standbeeld is die 15de-eeuse Sukhotai Traimit-standbeeld van Boeddha in Bangkok, Thailand. Dit is 5,4 m hoog en weeg 5,4 ton. (2007)
Stap
In ’n gemiddelde leeftyd sal ’n mens 3 keer om die aarde loop.
Statue of Liberty
Die Statue of Liberty in New York was eers rooi.
Ster
Die oggendster en aandster is in werklikheid nie ‘n ster nie, maar die planeet Venus.
Steven Spielberg
Steven Spielberg se film A.I. is gebaseer op Brian Aldiss se boek Super-Toys Last All Summer Long.
Straat
Kerkstraat in Pretoria is die langste stedelike straat in Suid-Afrika. (2007)
Suid-Afrika
Suid-Afrika is die land met die derde grootste biologiese verskeidenheid in die wêreld.
Daar is 83 000 Suid-Afrikaanse immigrante in die VSA. Hulle gemiddelde bydrae in dié land is die hoogste van alle groepe.
Suidpool
Die laagste temperatuur wat by enige van die stasies op die Suidpool gemeet is was -80.6 grade Celsius.
Sutherland
Sutherland in die Noord-Kaap is nie net dié plek vir sterrekyk nie. Die dorp het ook ’n 66 miljoen jaar oue vulkaan – wat nog nie amptelik uitgedoof is nie.
Suurlemoene
Van alle vrugte, bevat suurlemoene die meeste suiker. Dit proe suur omdat die suiker so gekonsentreer is.
Sweep
Die eerste uitvindsel om deur die klankgrens te breek was die sweep.
Trivia A | Trivia B | Trivia C | Trivia D | Trivia E | Trivia F | Trivia G | Trivia H | Trivia I | Trivia J | Trivia K | Trivia L | Trivia M | Trivia N | Trivia O | Trivia P | Trivia R | Trivia S | Trivia T | Trivia U | Trivia V | Trivia W | Trivia Y | Trivia Z