Kieslys

Close


*/

D

Trivia A | Trivia B | Trivia C | Trivia D | Trivia E | Trivia F | Trivia G | Trivia H | Trivia I | Trivia J | Trivia K | Trivia L | Trivia M | Trivia N | Trivia O | Trivia P | Trivia R | Trivia S | Trivia T | Trivia U | Trivia V | Trivia W | Trivia Y | Trivia Z

Das

Die das is in Kroasië uitgevind.

Diamant

Die Cullinan-diamant is die grootste diamant wat nog uit die aarde gehaal is. Dit was ´n diamant van 3 106 karaat en het 620 g geweeg.

Die wêreld se rykste diamantmyn is Jwaneng in Botswana.

‘n Diamant sal smelt by 3 527 grade Celsius.

‘n Diamant sal breek as jy dit met ‘n hamer kap.

Dier

Suid-Afrika se nasionale dier is die Springbok.

Geen nuwe diere is die afgelope 4 000 jaar tot huisdier gemaak nie.

1 miljoen diere word elke uur geëet in die VSA.

Dinamiet
Grondboontjies maak deel uit van die samestelling van dinamiet.

Alfred Nobel, vader van die Nobel-prys, het sy geld gemaak met dinamiet. Hy het dit in 1866 uitgevind.

Dinosourusse

Die eerste dinosourusse het, sowat 225 miljoen jaar gelede, op twee bene geloop.

DNA

1 gram DNA bevat genoeg data om 1 triljoen CD’s te vul.

Dobbelsteen

Indien jy die teenoorgestelde kante van ‘n dobbelsteen bymekaartel is die antwoord altyd sewe.

Dolfyne

Sommige dolfynspesies slaap met een oog oop!

Dolosse

Dolosse, die sementstrukture wat hawemure teen golwe beskerm, is in Suid-Afrika ontwerp en vir die eerste keer by Oos-Londen se hawe gebruik in 1963. Dit word vandag wêreldwyd gebruik.

Donald Duck

Strokiesprente met Donald Duck word verbied in Finland, omdat Donald nie ´n broek dra nie.

Donald Duck se tweede naam is Fauntleroy.

Donkies

Meer mense word jaarliks deur donkies doodgemaak as wat daar in vliegtuigongelukke sterf.

Dr. Seuss

Dr. Seuss was ’n bietjie bang vir kinders.

Droom

‘n Mens droom gemiddeld 1 460 keer per jaar.

Duif

Duiwe kan nie poep nie.

Duik

Suid-Afrika se Verna van Schaik hou die wêreldrekord vir die diepste duik vir ´n vrou. Die 221 m duik is in die Boesmansgrot uitgevoer.

Skubaduikers kan nie onder 10 meter poep nie.

Duits

In Duits is daar dertig woorde wat na soen verwys.

Duiwelspiek

Volgens Kolbe was Windberg die amptelike naam vir Duiwelspiek, maar dit is Duiwelsberg genoem “door het gemeene scheepsvolk en de inwoners alhier zelf”, met ander woorde dit was ‘n soort bynaam. Albei name was volgens hom egter te danke aan die geloof “dat deze berg de ware en eigentlijke oorzaak van den stormachtigen, schadelyken zuidoosten wind was”. Dit is eintlik ‘n suidwestewind wat waai, maar sodra die wind om hierdie berg kom, verander dit van koers en word die Suidooster, wat baie skade in die Tafelvallei kan aanrig. Sowaar ‘n “duivelse” berg!
Die naam Duyvelsberg kom die eerste keer in 1669 voor (Theal: History I: 11). In sy Latynse werk oor die Kaap noem Ten Rhijne dit in 1686 “de flamen diabolicus” en lê dit uit in ‘n voetnota as Duyvelsberg (Schoeman, 2001: 153). Hieruit ontstaan ‘n Afrikaanse sprokie wat bekend is as dié van Kaptein van Hunks en die Duiwel, waarin vertel word hoe Windberg die naam Duiwelsberg gekry het. Vroeg in die 19e eeu word dit reeds Devil’s Peak genoem. As gevolg van ‘n direkte vertaling hiervan in Afrikaans, is die Afrikaanse benaming tans verkeerdelik Duiwelspiek. (Dieselfde ongewenstheid het gebeur met Sandbaai (tans bykans onbekend in Afrikaans) by Houtbaai wat Sandy Bay geword het, Groot baai by Melkbosch is nou Big Bay, en Blouwaterbaai verskyn in as Blue water bay (Die Burger, 27 April 2002)).(Liebenberg, H. 2007. Cabo de Goede Hoop : Van Plekke en Mense. Maiores 2007, nr. 2)

Durban

Die vorige name van Durban was Rio de Natal en Port Natal.

Trivia A | Trivia B | Trivia C | Trivia D | Trivia E | Trivia F | Trivia G | Trivia H | Trivia I | Trivia J | Trivia K | Trivia L | Trivia M | Trivia N | Trivia O | Trivia P | Trivia R | Trivia S | Trivia T | Trivia U | Trivia V | Trivia W | Trivia Y | Trivia Z

Advertensie

Instagram

Volg ons op Instagram

Gewilde onderwerpe

Gereeld gelees

11 Julie 2010
Aardig
Verklarende Afrikaanse Woordeboek
Die Verklarende Afrikaanse Woordeboek (waarvan die eerste uitgawe reeds 70 jaar gelede verskyn het) is die handwoordeboek waarin die grootste versameling trefwoorde in Afrikaans verklaar word.
08 November 2012
Aardig
Kort grappe
Jou ma is so kort, mens ...
27 November 2010
Aardig
Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte
Die vierde, uitgebreide uitgawe van Die Mooiste Afrikaanse Liefdesgedigte is nou chronologies georden, sodat lesers kan sien hoe die Afrikaanse liefdesgedig oor die afgelope eeu ontwikkel het.
07 Januarie 2009
Aardig
Gedigte van Anell de Beer
Wat 'n groot voorreg om deel te kan wees, en immers ek is bevrees. Ons is almal oud genoeg, om in die more te wroeg.
24 Mei 2012
Aardig
Kort grappies
Wat is die verskil tussen ’n voël en 'n vlieg?

Onlangse kommentaar

Die Alternatiewe Verklarende Afrikaanse Woordeboek: komplot | Roekeloos
2018-12-09 20:26:41
[…] Roekelose Woordeboek […]...
Inskrywings is oop vir LAPA se 2019 jeugromankompetisie | Roekeloos
2018-12-05 08:59:45
[…] gewilde kompetisie het al groot name getrek, soos Fanie Viljoen (Afkop), Marita van der Vy...
Milla Jovovich naak in Purple | Roekeloos
2018-11-30 14:40:17
[…] is die tweede bekende aktrise wat vanjaar naak in ‘n Franse tydskrif verskyn. Eers w...

Advertensie

Hou jy van ons hulpbronne? Oorweeg asseblief 'n donasie in Bitcoin: 179nZqSyFmYPcvu4ZU733PgXBKUYXcy9DD