V
Trivia A | Trivia B | Trivia C | Trivia D | Trivia E | Trivia F | Trivia G | Trivia H | Trivia I | Trivia J | Trivia K | Trivia L | Trivia M | Trivia N | Trivia O | Trivia P | Trivia R | Trivia S | Trivia T | Trivia U | Trivia V | Trivia W | Trivia Y | Trivia Z
Vark
´n Vark se orgasme hou vir 30 minute aan.
Varke kan nie in die lug op kyk nie.
Varke sweet nie.
Varke kan sonbrand.
Vaselien
Die uitvinder van Vaselien het dit geëet.
Vel
Die vel van die mens kan tot 24 uur lank bly groei na die dood.
Venus
Een dag op die planeet Venus is ongeveer 243 Aard-dae lank.
Verkleurmannetjie
Die verkleurmannetjie se tong is een en ‘n halwe keer die lengte van sy lyf.
Vet
Mense wat maklik kwaad word eet meer as ander.
Die Verenigde State van Amerika spog met die grootste persentasie vet mense, gevolg deur Brittanje en Duitsland.
Daar is genoeg vet in die gemiddelde menslike liggaam om sewe koekies seep mee te maak.
Vetplante
Suid-Afrika het een derde van die wêreld se vetplantspesies.
Vikings
Vikings het nooit horings gedra nie.
Vis
Suid-Afrika se nasionale vis is die galjoen.
Viskenner Maurice Kottelat van Switserland, Tan Heok Hui van die Raffles Museum of Biodiversity Research in Singapore en Kai-Erik Witte van die Max Planck Instituut in Duitsland het die planeet se kleinste vis ontdek in ‘n moeras in Indonesië.
Paedocypris progenetica, verwant aan die karp, is 7.9 millimeter lank en deurskynend.
Die grootste vis is die walvishaai wat 12,65 meter lank word en tot 21 ton kan weeg.
Vlassaad
Vlassaad het die hoogste persentasie omega-3 vetsure van alle graansoorte.
Vlermuis
Die vlermuis is die enigste soogdier wat kan vlieg.
vlieërs
Ongeveer 12 mense sterf jaarliks in ongelukke met vlieërs.
Vlieg
‘n Vlieg lewe net 14 dae.
Vlieë is doof
Vliegtuig
Die Amerikaanse vliegdekskip die USS Theodore Roosevelt dra meer vliegtuie aan boord as wat die Suid-Afrikaanse Lugmag besit.
Vlooi
´n Vlooi kan 350 keer sy eie liggaamslengte spring.
Voedsel
Die eerste mensgemaakte voedsel was margarine wat in 1869 deur ‘n Franse apteker gepatenteer is.
Voëls
Suid-Afrika het die swaarste vlieënde voël, die gompou.
Suid-Afrika het die grootste voël, die volstruis.
Suid-Afrika se nasionale voë is die bloukraanvoël.
Die vinnigste voël is die swerfvalk wat tot 380 km/h kan vlieg.
Die grootmalmok het die grootste vlerkspan van enige voël, 3,63 meter.
Die volopste voëlsoort is die rooibekkwelea. Daar is sowat 1,5 miljard van hulle.
Suid-Afrika het meer as 900 verskillende voëlsoorte.
Voete
’n Volwassene se voete produseer ’n kwart koppie sweet per dag.
Volkspele
Die eerste Afrikaanse volkspele word op 28 Ferbuarie 1914 uitgevoer. Dit was bloot ‘n vertaling van vier Sweedse danse.
vonkelwyn
Daar is omtrent 700 miljoen borrels in ‘n bottel vonkelwyn.
VHS
Die eerste VHS-videomasjien is in 1975 deur JVC bekend gestel.
vlooi
‘n Vlooi trek 50 keer vinniger weg as een van NASA se pendeltuie.
Volkslied
Die volkslied van Griekeland het 158 verse.
Volstruis
´n Volstruis se oog is groter as sy brein.
‘n Volstruis kan soos vinnig as 70 km/h hardloop.
Die volstruis is die grootste voël en word 2,40 meter hoog.
Vrou
Vrouens kry meer nagmerries as mans.
Vrouens knip hulle oë omtrent twee keer meer as mans.
Vrugte
Suid-Afrika is die tweede grootste uitvoerder van vrugte in die wêreld.
Vrydag
Maande wat op ‘n Sondag begin sal altyd ‘n Vrydag die 13de hê.
Vulkaan
Berg Etna in Sicilië is Europa se grootste vulkaan.
vullis
Die grootste mensgemaakte struktuur in die wêreld is ‘n vullishoop in New York.
Trivia A | Trivia B | Trivia C | Trivia D | Trivia E | Trivia F | Trivia G | Trivia H | Trivia I | Trivia J | Trivia K | Trivia L | Trivia M | Trivia N | Trivia O | Trivia P | Trivia R | Trivia S | Trivia T | Trivia U | Trivia V | Trivia W | Trivia Y | Trivia Z