Trivia O

O

Trivia A | Trivia B | Trivia C | Trivia D | Trivia E | Trivia F | Trivia G | Trivia H | Trivia I | Trivia J | Trivia K | Trivia L | Trivia M | Trivia N | Trivia O | Trivia P | Trivia R | Trivia S | Trivia T | Trivia U | Trivia V | Trivia W | Trivia Y | Trivia Z

Oefening

Indien jy na musiek luister terwyl jy oefen is die kanse goed dat jy meer sal oefen.

19% van alle Suid-Afrikaanse volwassenes neem deel aan een of ander oefening op ’n maandelikse basis.

Olie

Die gemiddelde Amerikaanse burger verbruik 25 balies olie per jaar.

Olifant

Olifante is werklik bang vir muise.

Olifante kan hulself in spieëls herken.

Alle soogdiere kan spring, behalwe olifante.

‘n Olifant is die enigste soogdier met 4 knieë.

Olifante kry ses stelle tande in ‘n leeftyd.

Deur sy ore te flap kan ‘n olifant sy liggaamstemperatuur met 3 grade afbring.

Die grootste landsoogdier is die Afrika-olifant wat 3,5 meter hoog word en tot 6 ton kan weeg.

Olifante is vir twee jaar lank swanger.

Omelet

Howard Helmer van die VSA hou die rekord vir die vinnigste omeletmaker. In 1990 het hy 427 omelette gemaak in net 30 minute. (2005)

Die wêreld se grootste omelet is gemaak deur sjef Carlos Fernandez in Madrid, Spanje. Hy het 5 000 eiers gebruik en die omelet het 600 kg geweeg. (2006)

Oog

Die reuse inkvis het die grootste oë op die planeet aarde.

Die grootte van die mens se oë verander nooit na geboorte nie.

Vrouens knip hul oë gemiddeld twee maal meer as mans.

Die gemiddelde mens knip 15 keer per minuut oog.

Jou pupille vergroot met 45% indien jy na iets kyk waarvan jy baie hou.

Oor

‘n Mens kan ‘n ballon met jou oor opblaas.

Oorfone

Die dra van oorfone vir 1 uur vermeerder die bakterieë in jou oor met 700 keer.

Oorgewig

Een uit elke ses persone op die planeet is oorgewig.

Oorlog

Die kortste oorlog tot op datum was tussen Zanzibar en Engeland in 1896. Zanzibar het na 38 minute oorgegee.

Oos-Londen

Oos-Londen se vorige naam was Port Rex.

Oppervlak

Suid-Afrika is 1 219 090 vk. km groot.

Optimis

‘n Optimis se kans om aan siekte dood te gaan is 55 persent kleiner as die van ‘n pessimis.

Oranjerivier

Die Oranjerivier in Suid-Afrika is vernoem na die Nederlandse koninklike Huis van Oranje.

Orkaan

´n Orkaan stel meer energie vry in 10 minute as al die kernbomme in die wêreld saam.

Oseane

Oseane beslaan 71% van die aarde se oppervlakte. (2007)

OTM

* Die eerste masjien waarby mens kontant kon kry is gebou deur ene Luther George Simjian en in 1939 in New York in gebruik geneem. Dit is ses maande later uit diens onttrek, omdat die publiek dit nie wou gebruik nie.

* 85% van globale kontanttransaksies word deur OTM’s hanteer.

* Daar word daagliks 239 OTM’s werelwyd geïnstalleer.

Oud

Slegs een uit elke 2 biljoen mense word 116 jaar of ouer.

Van al die mense in die wereld wat 65 jaar oud geword het, leef die helfte nog steeds (2010).

Sover bekend is die oudste lewende dier ’n gapermossel van 406 jaar. (2011)

Daar is twee keer meer vrouens as mans ouer as 70 jaar in Suid-Afrika;  1,21 miljoen vs 618 000. (2015)

Ouers

Die wêreld se jongste ouers was 8 en 9 en het in China ouers geraak in 1910.

Oxford

In 1355 het ‘n geveg uitgebreek in die dorpie Oxford in Engeland. Studente aan die universiteit en plaaslike inwoners het stry gekry oor die kwaliteit van die wyn by ‘n plaaslike kroeg. Amper 100 mense het in die geveg gesterf.

Trivia A | Trivia B | Trivia C | Trivia D | Trivia E | Trivia F | Trivia G | Trivia H | Trivia I | Trivia J | Trivia K | Trivia L | Trivia M | Trivia N | Trivia O | Trivia P | Trivia R | Trivia S | Trivia T | Trivia U | Trivia V | Trivia W | Trivia Y | Trivia Z

Lewer kommentaar

Leave a Reply